LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Aantekening: Verhuring van ’n huis: Wanneer die SAID met hul BTW-koffers mag kom aanklop
2021-11-22"’n Verhuurder wat in die verlede versuim het om uitsetbelasting te verklaar en nou sy sake in orde wil kry, moet sy transaksies noukeurig ontleed om te bepaal of BTW-registrasie inderdaad nodig is en, indien wel, van wanneer af."
Riglyne om selfgerigte lees van intermediêrefaseleerders te ontwikkel met die koerant as multimodale hulpmiddel
2021-11-19"Hierdie navorsingsartikel behels eerstens die fasilitering van leesstrategieë aan intermediêrefaseleerders aan die hand van multimodale koeranttekste (e-koerante ingesluit) ten einde die leerders tot selfgerigte lesers te ontwikkel, en tweedens die voorstel van riglyne aan taalonderwysers vir hoe om dit te doen."
Om sin te "sien": die eenheid ("in-tensie") tussen lewe (tydsduur) en bewussyn (ruimte) in Henri Bergson se metafisiese fenomenologie
2021-11-16"Aan die een kant vind ons bewussyn in lewe in die gewaarwording as sodanig van (of sensitiwiteit vir) die sensasie van transformasie (of die skeppings-proses) self. Hierdie gewaar-wording van die proses van transformasie verwys na die metafisiese bewussyns-handeling van tydsduur."
Die statutêre persoonlike en die statutêre afgeleide aksie: Is ’n streng onderskeid steeds geregverdig?
2021-11-15"Daar word voorgestel dat artikel 163(2) gewysig word om aan ’n hof bevoegdheid te verleen om aan ’n aandeelhouer of direkteur regshulp toe te staan in die vorm van verlof om namens ’n maatskappy ’n regsgeding aanhangig te maak."
Gefokusde take in die Afrikaans Huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika: ’n eerste verkenning
2021-11-10"Dit is ’n unieke toevoeging tot literatuur oor taakgebaseerde taalonderrig binne die konteks van die Afrikaansklaskamer, aangesien die meerderheid navorsing fokus op die gebruik van take om ’n hele sillabus saam te stel om natuurlike taalverwerwing te bevorder en taakgebaseerde taalonderrig afbaken tot slegs ’n tweede- of vreemdetaalkonteks …"
"... en sy verlossing het nie gekom nie." In Suid-Afrika, Eilande gelees binne ’n resepsie van lyding
2021-11-05"Die lydingsresepsie van Eilande en die 'redding' waarvan daar sprake is, is universeel menslik; terselfdertyd kan dit ook, ten minste in sekere opsigte, gesien word as die persoonlike selfgelding van ’n skrywer."
Graad 10-Lewenswetenskappeleerders se sienings van die aanwending van gevallestudies in Lewenswetenskappeonderwys
2021-10-29"Die leerders se algemene mening oor die gebruik van gevallestudies was positief. Die bevindings vanuit die empiriese ondersoek in hierdie studie het daarop gedui dat leerders hulle eie rol asook die rol van die onderwyser by die aanwending van gevallestudies as positief ervaar het."
Die COVID-19-pandemie en strukturele kwesbaarheid van dagloners in Windhoek, Namibië
2021-10-29"Die langtermyneffek op dagloners in Windhoek kan dus op maatskaplike en ekonomiese terreine verwoesting saai as in ag geneem word dat die meerderheid van die dagloners reeds voor die pandemie onder die broodlyn gelewe het (soos duidelik uit die resultate van hierdie studie blyk)."
“Forgive for you can afford it”: Emily Hobhouse by die onthulling van die Vrouemonument
2021-10-26"Emily Hobhouse se plek onder Afrikaners was so gevestig dat sy saam met Afrikanerleiers by die Vrouemonument begrawe is – ’n groot eer wat Afrikaners aan haar as ’n buitestander wou bewys."
Vermengde leer in die Afrikaans Huistaal-klaskamer: onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie
2021-10-26"Hierdie tydperk van afstandonderrig het ook mettertyd in ’n tydperk van hibriede leer (’n variasie op vermengde leer) verander, want onderwysers het terselfdertyd aangesig tot aangesig en virtueel leerders onderrig."
Die praktiese manifestasie van taalverhoudings in die mashoof van die eerste koloniale koerant in Suid-Afrika (1800–1829)
2021-10-20"Die artikel toon dat Engels vinnig veld kon wen as koeranttaal in die Kaapkolonie ondanks die dominante rol wat Nederlands in die samelewing gespeel het."
Onderwysers as slagoffers van geweld deur leerders in Suid-Afrikaanse skole
2021-09-29"Hierdie studie sou kon dien as ’n argetipe wat gebruik kan word in die soeke na oplossings vir geweld teen onderwysers in skole, en vir geweld in skole in die algemeen."
Ubuntu en tegniekfilosofiese risikobepaling: plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier
2021-09-27"In die diskoers rondom die etiese verantwoording van kernkragvoorsiening neem plaaslike gemeenskappe ’n sentrale plek in op grond van die onbetwisbare feit, enersyds, dat hulle voordeel trek uit die betrokke tegnologie en andersyds omdat hierdie gemeenskappe in die eerste linie geraak word deur die moontlike negatiewe gevolge van die besondere tegnologie."
"Darling, ek is onrondneukbaar": Intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks
2021-09-14"Ferreira verwoord haar ervaring van die bevrydende potensiaal van humor, selfspot en performance, veral in verband met haar aanvanklike lae selfbeeld wat haar genderidentiteit betref – kernelemente van die tematiese gemoeidheid van The shrew."
Nadenke oor plattelandse leerders se belewenis van ’n positiewe onderwysbenadering
2021-09-06"’n Positiewe onderwysbenadering erken leerders vir wie hulle is sodat hulle waardeer voel en ’n samehorigheidsgevoel in die klaskamer ontwikkel. Hierdie samehorigheidsgevoel moedig leerders aan om aan klasaktiwiteite deel te neem."
Die debat om primitivisme: ’n wyer perspektief
2021-08-25"Belangrik in hierdie verband is die feit dat primitivisme nie uitsluitlik ’n Westerse verskynsel is nie. Heelwat van die inheemse mense van die Amerikas en elders wat in die rol van die edele barbaar geplaas is deur Europese ontdekkingsreisigers en geleerdes [...], het self een of ander vorm van ’n primitivistiese mite oor ’n goue tydperk gehad."
Spore van dinamiese intertekstualiteit in Psalm 89
2021-08-23"Al drie stansas van Psalm 89 hoort bymekaar en is sedertdien as selfstandige eenheid gesien en deel gemaak van die koningspsalms in Psalms 73–89. Dit staan ook bekend as die versameling van Asaf- en Koragpsalms ..."
Moeders van ’n hoërisikogemeenskap se fotostemverkenning aangaande gemeenskapsbronne en behoefte aan verandering
2021-08-20"Die implikasie van hierdie navorsingsbevindings beklemtoon die gebruik van teoretiese perspektiewe soos ekologiese raamwerke en ’n makrogemeenskapslens sodat deelnemende-aksie-navorsing en gepaste metodes soos fotostemtegnieke die aktiewe rol van gemeenskapslede kan beklemtoon."
“The good, the bad and the ugly”: ’n Regsletterkundige besinning van Von Meck se Die heelal op my tong
2021-08-17"Die waarde van postapartheid literêre werk is daarin geleë dat dit geleenthede skep om die geskiedenis aan die hand van karakters se ervarings te kan belig, sodat die leser saam met die karakters hul reis na katarsis kan beleef."
Oor skuld en vryheid
2021-08-05"Binne die kontemporêre konteks vind die verwringing van vryheid neerslag in ’n veredeling van adolessensie, wat verwys na ’n toestand wat verantwoordelikheid binne die verband van instellings systap en instellings as sodanig verdag maak."




