LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Onderwys in die skaduwee van die Antroposeen. Kritiese posthumanistiese eksperimentering

Dirk Postma LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-08-02

"Kritiese posthumanisme wys op die noodsaak daarvan om radikaal anders te bestaan ter wille van die ekologiese houdbaarheid van Gaia. Waar die Antroposeen menslike mag en oorheersing vier, bring Gaia ons (mense) terug Moeder Aarde toe deur ’n teregwysing van hoe ons afhanklik is van al die andere."

Vrouevertalers en -tolke van Khoesan-tale in die Suid-Afrikaanse koloniale geskiedenis: ’n morfogenetiese perspektief

Maricel Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-07-27

"Wat die sosiale rol van vertaling in meer algemene sin betref, bied hierdie navorsing ’n sterk beklemtoning van die motto van die sosiologie van vertaling: dat vertaling geensins bloot ’n neutrale, funksionele aktiwiteit is nie, maar hoogs weerspieëlend van sosiale eienskappe is."

Aantekening: Denkbeeldige insetbelasting op tweedehandse vaste eiendom: Te goed om waar te wees, of nie goed genoeg nie?

Marlene Botes LitNet Akademies (Regte) 2022-07-26

"Aangesien die Belastinghof oortuigend beslis het dat denkbeeldige insetbelasting ook op hereregte bereken kan word, word aanbeveel dat die BTW-wet gewysig word sodat vergoeding nie hereregte insluit nie en sodat ’n BTW-ondernemer die hereregte op die aankoop van vaste eiendom, vir belasbare doeleindes, as ’n aftrekking op sy BTW-opgawe kan eis."

Vonnisbespreking: Die Konstitusionele Hof bevestig die aanspreeklikheid van die polisie weens nalatige ondersoek na verkragting

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2022-07-20

"Na ’n deeglike ondersoek van die feite en getuienis deur al drie howe kom hulle tot verskillende gevolgtrekkings – die verhoorhof en die Konstitusionele Hof bevind dat die polisie grof nalatig was, terwyl die appèlhof beslis dat die polisie redelik opgetree het."

Vonnisbespreking: Privaat vervolgings as meganisme vir die ontwikkeling van ’n grondwetlike regstaat

Wian Spies, Llewelyn Curlewis LitNet Akademies (Regte) 2022-07-20

"Daar kan nuwe privaat vervolgingsorganisasies geskep word wat as hoofdoelwit het om oortreders te vervolg. Suid-Afrika sal definitief daarby kan baat vind indien die entiteite wat vervolgings kan inisieer en dryf, vermeerder word."

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-07-07

"Wit Afrikaanssprekende mans word in die Trompie-boeke as intelligente, hardwerkende gemeenskaps- en internasionale leiers uitgebeeld. Vanuit ’n paternalistiese, meerderwaardige perspektief word klem op die vrou se rol as moeder, versorger en randfiguur in ’n patriargale huisgesin gelê."

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Natuurwetenskappe).

LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe).

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe).

LitNet Akademies (Opvoedkunde): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Opvoedkunde).

LitNet Akademies (Regte): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Regte) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Regte).

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Geesteswetenskappe).

Die Soefi-denkwêreld van Rumi na aanleiding van sy gedig "Die rietfluitlied"

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-06-29

"Hierdie artikel het ten doel om vir die leser iets van die denkwêreld van die gewilde 13de-eeuse Persiese digter en Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, te bied. Deur ’n ontleding en interpretasie van die 18 aanvangsreëls uit sy monumentale werk, die Mathnawí, word sekere kardinale Soefi-leerstellings blootgelê en bespreek."

Telegram, Signal of WhatsApp? Keuse van ’n geskikte toep om mobiele leeromgewings vir Suid-Afrikaanse hoëronderwyskontekste te skep

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-06-23

"[Dit is] sinvol om Telegram bo Signal aan te beveel weens die verskil in bruikbare kernfunksies. Alhoewel Signal die veiligste toep is, is dit nie sinvol om die veiligste toep vir opvoedkundige doeleindes aan te beveel nie, omdat studente ander toeps – wat groot hoeveelhede persoonlike inligting insamel – op ’n daaglikse basis op hulle slimfone gebruik."

Om verby skoolgeweld te kyk – die rol van geïntegreerde helende onderwys in die verandering van skoolkultuur as ’n antwoord op skoolgeweld

Danie Kloppers, Dirk Postma LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-06-21

"Die bespreking het aangedui dat geweld, mag en dissipline van mekaar onderskei moet word; dat skoolgeweld aan verskeie faktore te wyte is; en dat bestaande skoolkulture neig na ’n outoritêre en dissiplinegerigte benadering."

Die historiese ontwikkeling van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste, byeengebring vanuit die mees onlangse literatuur

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-06-15

"Daar sou nie sprake kon wees van die skepping, bewaring en ontwikkeling van ’n Westerse samelewingsorde as dit nie vir die dinamiese ontwikkeling en institusionele teenwoordigheid van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste was nie."

Vonnisbespreking: Waagartieste leer haar heiland ken. Gevestigde regsbeginsels egter tot haar redding

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2022-06-14

"Ons regspraak wemel van uitsprake waarin die volenti-verweer opgewerp is. Veral op die gebied van sportbeserings en benadeling weens mediese behandeling is daar interessante gevalle wat in die lig van die omvang van hierdie bespreking nie onder die loep geneem is nie."

Die evolusie van eietydse intelligensie en die rol van sosiale-media-intelligensie (Socmint)

Ansie Stegen, André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-06-08

Ansie Stegen en André Duvenhage: "Die verskuiwingslyne wat aanpasbaarheid binne die Suid-Afrikaanse intelligensiegemeenskap betref, is duidelik aangetoon deur die staatskapingsage, en nog duideliker tydens die onrus wat in Julie 2021 uitgebreek het. […] Die intelligensiegemeenskap het nie die vermoë (menslike of tegniese hulpbronne) gehad om besluitnemingsinligting aan die staatspresident te verskaf nie."

Misplaaste weldade en griewe van die "Liquorice Allsorts-gesinnetjie": ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-26

"Daar is nie ’n beter manier waarop die boodskap van apartheid se leed en verlies gestel kan word as deur fiksie nie, en Bezuidenhout se roman as deel van postapartheidliteratuur dra by tot ’n ryker regsletterkundige verkenning van die impak van apartheid."

Vonnisbespreking: Die strafregtelike vervolging, skuldigbevinding en kwytskelding van ’n verloskundige en ginekoloog

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-16

"Die KH se uitsluitlike aandag aan die prosesregtelike kwessie van ’n onregverdige verhoor al dan nie laat die vraag ontstaan of regspleging geheel en al tegnies geskei behoort te word van wat in die betrokke omstandighede eties korrek sou wees."

Top