LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

’n Deleuze-Guattariaanse ondersoek na territoriumskepping en taalstottering in Gilbert Gibson se Vry– (2015)

Natasha Harmse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-02-07

"In hierdie artikel is daar gefokus op die wyse waarop Gilbert Gibson se vyfde digbundel, Vry– (2015), aansluit by Deleuze en Guattari se poststrukturalistiese benadering tot taal."

MK as kultuurverskynsel: ’n Dokumentering en tematiese ontleding van die kanaal se opkoms en invloed op die ontwikkeling van marginale Afrikaner-identiteite, 2005–2013

Magdalize Carstens, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-31

"Ons literatuur, onderhoude, asook argiefondersoek het die lied/video 'De la Rey' en Die Antwoord as sosiale verskynsel as twee van die mees invloedryke identiteite wat met MK vereenselwig is, na vore gebring. Deur MK se bemiddeling het beide verskynsels kultusstatus bereik."

Trompie, Talaq en Trump: Inleidende gedagtes oor die beslissings in Women’s Legal Centre v President, RSA en Dobbs v Jackson Women’s Health Organization

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2023-01-23

"Om hierdie bespreking te rig, maak ons gebruik van ’n proses van kritiese ontleding wat ons die Trompie-reël noem: om nie ander se menings, of die twee beslissings wat oorweeg word, met vooropgestelde idees te lees nie, maar om hul oorwoë denke en sosiale realiteite in ag te neem en daarteen te waak dat jou eie agtergrond die bespreking oorskadu."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid vir beserings veroorsaak deur ’n gevange wilde beer

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2023-01-19

"R2 het toe ’n perske gaan haal en H versoek om die perske in haar hand te hou en dit aan die beer te gee. Dit het sy gedoen sonder om haar hand deur die heining te druk en die beer het die perske met sy bek gevat en gevreet ..."

Die gebruik van mise-en-abyme as refleksiewe element in die migranteliteratuurroman Die mooiste meisie van Genua (2019) deur Ilja Leonard Pfeijffer

Marietjie Lambrechts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-04

"In mise-en-abyme, soos in die geval van ’n dubbele spieël, word dié wat waarneem uiteindelik die waargeneemde, die indraai van die teks op homself as’t ware."

Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer

Jaco Prins LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-22

"Die speaker laat gereeld ministers wegkom met onvolledige en ontwykende antwoorde op vrae en die ontduiking of ignorering van vrae, en beskerm ministers wat die proses ondermyn of totaal sinnelose antwoorde gee. Daar is ook geen geleentheid om vrae gedurende reses of kiesafdelingtyd in te handig nie."

Impliseer die wettiging van beëindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie?

Malcolm de Roubaix LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-20

"En om die vraag, wat in die opskrif van hierdie artikel gevra word, te beantwoord: nee, die wettiging van BVS op aanvraag impliseer nie dat voorgeboortelike lewe geen morele waarde inhou nie. Wat wel waar is, is dat hierdie waarde nie noodwendig ’n 'reg op lewe' regverdig nie ..."

Die toekoms van Taiwan: strategiese realiteite en die kernwapenopsie

Eben Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-19

"Teen die agtergrond van ’n uiters benarde buitelandse omgewing, en om die redes breedvoerig hier aangevoer, sal dit ’n omsigtige Taiwan baat om die kernwapenpad te oorweeg."

Verskeie Afrikaanse taalgedenkstrukture en een Afrikaanse Taalmuseum

Jannie Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-14

"Terwyl die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wyd bekend is, het ander Afrikaanse taalgedenkstrukture in Suid-Afrika vergete geraak. Sekere van hierdie taalgedenkstrukture het in verwaarlosing verval."

Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

Bernard Lategan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-12-14

"Verbeelding ly aan dieselfde 'swak selfbeeld' as moontlikheid, naamlik dat dit met ’n ontkoppeling van die werklikheid geassosieer word. Vir baie beteken verbeelding ’n ontvlugting van die hede in die vorm van dagdrome of die bou van lugkastele."

Doeltreffendheid van gesamentlike ervaringsleertake tydens opleiding van dosente in afstandhoëronderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-14

"Die doel van die ondersoek was om die doeltreffendheid van die gesamentlike ervaringsleertake tydens die opleiding van dosente in ’n afstandhoëronderwyskonteks te ondersoek om te verstaan hoe ek my eie praktyk kan verbeter."

Wat ons van fok weet (en nie weet nie)

Gerhard van Huyssteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-13

"Die oorhoofse doel van hierdie artikel is om ’n opsomming te gee van die bestaande taalkundige beskrywings en leksikografiese bewerkings van hedendaagse fok en ander vormlik verwante woorde (soos befok, fokken, fokkol en opfok)."

Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun

Lynette van Tonder, Joyce West, Melanie Moen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-09

"Die RR-leesassesseringstrategie het die potensiaal om leerders se leesgedrag te identifiseer sodat onderwysers die uitkoms van RR-aantekeninge kan gebruik om hul leesonderrig te lei. Die strategie is geldig, betroubaar en bestendig in die identifisering van leesgedrag en leesfoute."

Sosiofonetiese aspekte van die Afrikaans van bruin Suider-Afrikaanse sprekers

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-05

"Bruinafrikaans is dus kennelik ’n baie stabiele variant, waarin min verskille gevind word in vokaalkwaliteit betreffende die sosiolinguistiese faktore geografiese ligging, ouderdom en geslag in die ander genoemde faktor etnisiteit."

Enkele onderskeidende stylkenmerke van, en die totstandkoming van sosiale betekenis in, Generasie X se SMS-Afrikaans

Johan Ferreira, Elvis Saal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-11-29

"Daar is gevolglik betreklik min oor die taalgebruik van ’n generasie bekend wat oënskynlik gedy as die skeppers, ontwikkelaars en gebruikers van al die inligting- en kommunikasietegnologie waarmee 'digitale aangeborenes' grootword."

’n Bespreking van sekere teïsties-mistieke kenmerke na aanleiding van uitgesoekte gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg deur I.L. de Villiers

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-11-24

"Daar word tot die slotsom gekom dat De Villiers ’n onprotestantse aanvoeling vir die mistieke gehad het, en eie aan mistici ’n afkeer van dogma ervaar het."

Die toekoms van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika: die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030

Lize-Mari de Lange, Jacqui-Lyn McIntyre LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2022-11-24

"Die antwoord op die navorsingsvraag van hierdie artikel, is dat deur slegs die huidige benadering te versterk nie genoegsaam sal wees om die doelwitte teen 2030 te bereik nie, omdat Suid-Afrika nie die multi-agentskapbenadering van die begin af effektief geïmplementeer het nie."

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale

Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-23

"Die doelstelling van hierdie artikel is om uitvoerbare en praktiese aanbevelings aan Afrikaans Huistaal-onderwysers te verskaf wat hulle kan bemagtig om jeugverhale selfgerig voor te berei."

Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman

Gerda Taljaard-Gilson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-11-23

"Deur ’n Hart is so groot soos ’n vuis psigokrities te ontleed, is die waarde van die literatuurpsigologie as ’n sleutel tot teksinterpretasie (her)bevestig, veral wat die psigoanalitiese ontleding van bildungsromans betref."

Wiskunde-ondersteuning vir isiXhosasprekende leerders in die grondslagfase

Tanja Kotzé-Coetzer, Candice Livingston, Elna Barnard LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-22

"Hierdie artikel spreek die onderrig- en leerstrategieë aan wat gebruik word om isiXhosasprekende leerders se begrip van wiskunde in Engelse graad 1-klaskamers te verbeter."

Top