LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
’n Ondersoek na differensiële verstedeliking as ’n bydraende determinant in ruimtelikeontwikkelingsraamwerke
2023-08-18"Die effek en omvang van verstedeliking is gelyktydig divers en wesentlik en gryp die verbeelding van beplanners wêreldwyd, maar spesifiek in Afrika, aan (Dodman, Leck, Rusca en Colenbrander 2017:13)."
Teoretiese begronding vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 2 van ’n drieluik)
2023-08-11"Hierdie artikel is die tweede van drie wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel verskaf die navorsingsontwerp vir die studie. Dié artikel behels die uiteensetting van die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die laaste artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."
Agter die skerms: Navorsingsmetodologie vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 1 van ’n drieluik)
2023-08-11"Hierdie artikel is die eerste van ’n drieluik wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Dit sit die navorsingsmetodologie vir die studie uiteen. Die tweede artikel verskaf die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die derde artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."
Lewensomstandighede van slawe in die Boland (Wes-Kaap), 1816 tot 1834: ’n herevaluering van bestaande beskouings aan die hand van die Boland-slawedatabasis
2023-08-04"Volgens die Afrikanerdenkbeelde was die slawe-eienaars aan die Kaap meer besorg oor die wel en wee van hulle slawe omdat dit tot die eienaar se voordeel sou wees as sy slawe nie weens mishandeling sou dros of sterf nie."
Vonnisbespreking: Mediese nalatigheid – vertraging in oorplasing van pasiënt na geskikte sorg; en of nalatigheid oorsaaklik verband hou met amputasie van pasiënt se been
2023-08-01"Die ligging of konteks waar dokter Patel se skade ontstaan het, naamlik Standerton, is ’n plattelandse dorp gekenmerk deur bepaalde tekortkominge wat gesondheidsorg betref, wat ’n direkte invloed gehad het op die reeks gebeure wat gevolg het."
Die geskiedenis, natuur en algemene openbaring in die Christelik-historiese denke van Groen van Prinsterer
2023-08-01"Groen van Prinsterer (1801–1876) se Christelik-historiese beskouing is gekenmerk deur ’n tweeledige waardering vir die Godsopenbaring soos dit neerslag vind in die Skrif aan die een kant en in die geskiedenis aan die ander kant."
Nierversaking en ’n orgaanoorplanting in Met ’n ompad deur Berna Ackerman – ’n regsletterkundige ondersoek
2023-07-21"Nie net lig die roman die onkunde rondom nierskenking uit nie, maar dit plaas ook die regsraamwerk oor orgaanskenking in ’n alledaagse konteks wat met lesers kan resoneer."
’n Ondersoek na die bionomie, morfologie, verspreiding en beheer van die Stilbaaimuggie (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae])
2023-07-12"Die Stilbaaimuggie is endemies aan die Kaapse Fynbos-streek en is reeds waarskynlik vir miljoene jare in hierdie omgewing teenwoordig."
Die noodsaak van die kultuurmens in die tyd van uitsetverknegting
2023-07-07"Anders as die narsistiese terugspieël van prestasie, bring kultuur mens onder ’n diep indruk van die nederigheid wat met die bemeestering van ’n taak gepaard gaan."
Foucault, die "beroepshistorici" en die Middeleeue: Augustinus in Histoire de la sexualité 4 (Les aveux de la chair) as gevallestudie
2023-06-26"Trouens, niemand het die Middeleeue gelees en verstaan soos Foucault nie. Hy het die Middeleeue nie bloot geretoriseer nie, maar ons anders daarna laat kyk – en nie met ’n perverse oog nie."
Hans Blumenberg se filosofiese antropologie
2023-05-31"In ’n enigmatiese siening voer Blumenberg aan dat die kwesbare mens die druk van natuurlike evolusie teengaan met die skep van ’n tweede natuur, ’n ekologie van die gees, wat sy eie evolusiereëls het."
Die neerslag van Russiese propaganda in kommentare op Maroela Media se nuusberigte oor die oorlog in Oekraïne
2023-05-31"Die oorlog in Oekraïne is die eerste grootskaalse konvensionele oorlog in Europa tussen twee sterk moondhede sedert die koms van die internet, en beide kante het aanlyn platforms aangewend om hul posisie te verdedig, terwyl hulle hulle opponent se posisie probeer ondermyn het."
Erotiese digkuns en Soefisme in Rumi se werke
2023-05-26"Die heersende sosiale en kulturele omstandighede van daardie era word verhelder en daar word aangetoon waarom dit in die lig hiervan begryplik is dat Rumi homoërotiese metafore benut het om sy liefde teenoor God uit te druk."
Bejaardheid as interseksionele magsdiskoers: Die konsepte van ouderlinge en bejaarde ouerskap en bejaardesorg in die Nuwe Testament
2023-05-15"Die artikel benader ouderdom as ’n diskoers, een wat nie net fisiek of biologies gekonstrueer is nie, maar ook sosiaal en kultureel bepaal is."
Ouderdoms- en inhoudsadvies vir Afrikaanse boeke vir kinders: resultate van ’n eerste kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoek
2023-04-30"Desnieteenstaande dié institusionele raamwerk, is daar steeds geen geïnstitusionaliseerde Suid-Afrikaanse implementering van ouderdoms- en inhoudsadvies vir boeke (b-OIA’s) nie. Dit sou byvoorbeeld advies oor genres, gepastheid van temas vir bepaalde ouderdomsgroepe, inhoudswaarskuwings oor naaktheid, taalgebruik en geweld, en snellerwaarskuwings vir selfdood en gevalle van mishandeling kon insluit."
Die misbruik van hofprosesse en die erkenning van ’n spesiale pleit wat onbehoorlike litigasiemotiewe ontmoedig
2023-04-20"Advies en hofoptrede namens kliënte behoort nooit te geskied met onbehoorlike motiewe soos om die regsproses te vertraag, om bestaande hofreëls te verdraai en te misbruik, of om die ontduiking van openbare verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid te fasiliteer nie."
Toegang tot geregtigheid in Suid-Afrika: almal se reg; ’n ontoeganklike ideaal vir talle
2023-03-28"Die regbank staar die vooruitsig van ’n steeds groter wordende werkslas in die gesig en ingrypings soos hierdie is nodig om die doeltreffendheid en doelmatigheid van die regbank te bevorder, om hofprestasie te verbeter en om toegang tot howe te verhoog."
Groen urbanisme in agtergeblewe Suid-Afrikaanse nedersettings: ’n ondersoek na groen boublokke en groen netwerke
2023-03-28"Inwoners behoort dus as deel van ’n multidissiplinêre benadering betrek te word by besluitneming- en ontwikkelingsprosesse omdat hul inheemse kennis onder andere kan bydra tot die volhoubaarheid van die voorgestelde oplossings."
Die toepassing van ’n multigeletterdheidsbenadering in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-klaskamer
2023-03-23"Die doel van hierdie studie is om die hoekom, wat en hoe van multigeletterdheid te ontgin om die aanleer van ’n addisionele taal te vergemaklik."
Wat beteken dit om volgens Kolossense 3:10 vernuwe te word "in kennis na die beeld van sy Skepper"?
2023-03-23"Die vernuwing vind ten opsigte van kennis plaas wat as voorbeeld die beeld van sy Skepper het. ... Op grond van die kennis van God weet gelowiges hoe om reg op te tree, en deur reg op te tree brei hulle kennis van God uit."




