LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
’n Oorsigtelike verkenning van die omvang en fokus van inligting-en-kommunikasie-tegnologie-verwante navorsing in Afrikaans vir die tydperk 2011–2021
2022-10-04"[V]ir die wetenskapskultuur rondom IKT in Afrikaans om te gedy is dit nodig dat publikasie van artikels in Afrikaans binne ’n gesonde groter ekosisteem plaasvind."
Vonnisbespreking: Sintaktiese uitleg van die BTW-wet bepaal wanneer goud teen die nulkoers verkoop mag word. ’n Besinning van ’n positiewe taalkundige benadering
2022-10-04"Hoewel regter Davis ook ’n woordeboek geraadpleeg het, het hy die bron vir grammatikale helderheid aangewend en nie bloot om die denotasie van ’n bepaalde leksikale item te bepaal nie."
’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms
2022-09-26"Digitisering behoort weens die koste, tyd en energie wat daaraan gekoppel is eerder ’n gesamentlike (dus instansiegedrewe) projekgeleentheid te wees as ’n individuele een."
Is ’n Bybelvertaling in Kaaps dalk tog nie vêrgesog nie? ’n Perspektief op taalontwikkeling binne die Afrikaanse variëteitebundel
2022-09-07"Risiko’s is die volhoudende negatiewe gesindhede van die kant van nie-Kaapssprekers, ’n swak taaltrots en ’n trae omhelsing van die konsep van taalontwikkeling van Kaaps deur die eindgebruikers self. Die ongewenste spanning tussen die variëteite kan die implementering van ’n Kaapse oraal-mondelinge of geskrewe Bybel teen ’n klipmuur van interne weerstand laat stuit."
Konflik in Mosambiek – ’n ondersoek na die aard en dinamika van die teeninsurgensie-operasies in Cabo Delgado
2022-08-29"So gesien, kan die rolspelers wat in Mosambiek betrokke is by die insurgensie, wel daarop aanspraak maak dat daar op militêre gebied ’n multinasionale poging aangewend is om die insurgente in bedwang te hou, maar van welslae in ’n omvattende teeninsurgensieverband is daar tot dusver weinig sprake ..."
Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns
2022-08-29"Die inhoudelike skakel tussen Wittgenstein en Schoeman is die bemoeienis met taalkommunikasie en hoedat woorde betekenis kry binne en buite die grense van taal. Albei se lewenswerk het bestaan uit die vormgewing van die sin van taal."
Die impak van die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante: ervaring en persepsies
2022-08-24"Die langtermynoorlewing van gemeenskapskoerante kan egter nie die alleenverantwoordelikheid van individuele redakteurs en joernaliste wees nie. Die sektor as geheel het ’n plan nodig."
Van aktiwiteit na radikale passiwiteit: die ontplooiing van etiese agentskap in Levinas
2022-08-17"Vir Levinas is etiek die neem van verantwoordelikheid vir ’n ander wat my wese betekenis gee. Gegraveer in die kern van my wese is ’n verantwoordelikheid wat die koue, sobere, redelike opweging van opsies deur ’n outonome bewussyn voorafgaan."
"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie
2022-08-02"Die [artikel] toon hoe, in die geval van Temmingh se kunsliedsiklus Met apologie, die toonsetting van ’n gedig die teks nie net musikaal inklee nie, maar ’n addisionele dimensie of interpretasievlak aan die gedig toevoeg."
Onderwys in die skaduwee van die Antroposeen. Kritiese posthumanistiese eksperimentering
2022-08-02"Kritiese posthumanisme wys op die noodsaak daarvan om radikaal anders te bestaan ter wille van die ekologiese houdbaarheid van Gaia. Waar die Antroposeen menslike mag en oorheersing vier, bring Gaia ons (mense) terug Moeder Aarde toe deur ’n teregwysing van hoe ons afhanklik is van al die andere."
Vrouevertalers en -tolke van Khoesan-tale in die Suid-Afrikaanse koloniale geskiedenis: ’n morfogenetiese perspektief
2022-07-27"Wat die sosiale rol van vertaling in meer algemene sin betref, bied hierdie navorsing ’n sterk beklemtoning van die motto van die sosiologie van vertaling: dat vertaling geensins bloot ’n neutrale, funksionele aktiwiteit is nie, maar hoogs weerspieëlend van sosiale eienskappe is."
Aantekening: Denkbeeldige insetbelasting op tweedehandse vaste eiendom: Te goed om waar te wees, of nie goed genoeg nie?
2022-07-26"Aangesien die Belastinghof oortuigend beslis het dat denkbeeldige insetbelasting ook op hereregte bereken kan word, word aanbeveel dat die BTW-wet gewysig word sodat vergoeding nie hereregte insluit nie en sodat ’n BTW-ondernemer die hereregte op die aankoop van vaste eiendom, vir belasbare doeleindes, as ’n aftrekking op sy BTW-opgawe kan eis."
Vonnisbespreking: Die Konstitusionele Hof bevestig die aanspreeklikheid van die polisie weens nalatige ondersoek na verkragting
2022-07-20"Na ’n deeglike ondersoek van die feite en getuienis deur al drie howe kom hulle tot verskillende gevolgtrekkings – die verhoorhof en die Konstitusionele Hof bevind dat die polisie grof nalatig was, terwyl die appèlhof beslis dat die polisie redelik opgetree het."
Vonnisbespreking: Privaat vervolgings as meganisme vir die ontwikkeling van ’n grondwetlike regstaat
2022-07-20"Daar kan nuwe privaat vervolgingsorganisasies geskep word wat as hoofdoelwit het om oortreders te vervolg. Suid-Afrika sal definitief daarby kan baat vind indien die entiteite wat vervolgings kan inisieer en dryf, vermeerder word."
Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke
2022-07-07"Wit Afrikaanssprekende mans word in die Trompie-boeke as intelligente, hardwerkende gemeenskaps- en internasionale leiers uitgebeeld. Vanuit ’n paternalistiese, meerderwaardige perspektief word klem op die vrou se rol as moeder, versorger en randfiguur in ’n patriargale huisgesin gelê."
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe): Stylriglyne
2022-07-01Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Natuurwetenskappe).
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe): Stylriglyne
2022-07-01Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe).
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe): Stylriglyne
2022-07-01Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe).
LitNet Akademies (Opvoedkunde): Stylriglyne
2022-07-01Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Opvoedkunde).
LitNet Akademies (Regte): Stylriglyne
2022-07-01Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Regte).




