LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Sal die Suid-Afrikaanse konstitusionele demokrasie die huidige krisis wat die bestel in die gesig staar oorleef?

André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-03-20

"In ’n omgewing van institusionele en politieke verval van die staat is die tot niet gaan van die regstaatidee en samehangende demokratiese praktyke ’n werklikheid, en ’n scenario wat nie geïgnoreer kan word nie."

Logos as logika: Die epistemologie van die Calvinistiese filosoof Gordon Clark (1902–1985)

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-03-16

"[Dit is] interessant hoe Clark se Presbiteriaanse agtergrond en sy gepaardgaande streng aanhang van die Westminster Geloofsbelydenis van 1647 ’n deurslaggewende rol in terme van sy beskouing van die rol van Logos as epistemologiese begrip gespeel het."

Dekolonialisering van die gees: ’n opvoedingsfilosofiese perspektief

Hannes van der Walt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-16

"Hierdie ondersoek toon dat die voortgaande kolonialisering van die gees / kolonialiteit van die voorheen gekoloniseerdes en van die voormalige koloniseerders ’n ingewikkelde vraagstuk is, en dat dit nie maklik teengewerk kan word nie."

Suid-Afrikaanse universiteite in die internasionale wedloop op universiteitsranglere, deel 2: Die Suid-Afrikaanse geval

Charl Wolhuter LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-15

"Een van die redes wat aangevoer word vir die afskaling en uitrangeer van Afrikaans as medium van onderrig aan Suid-Afrikaanse universiteite is dat dit nie ’n internasionale taal is nie en dat Engels die internasionale lingua franca van die akademie is ..."

Suid-Afrikaanse universiteite in die internasionale wedloop op universiteitsranglere, deel 1: Die opkoms en beoordeling van die verskynsel van internasionale universiteitsranglere

Charl Wolhuter LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-15

"Wanneer universiteite se pogings om op internasionale ranglere te presteer ondersoek en beoordeel word, moet ook nasionale kontekstuele eise en werklikhede in ag geneem word."

’n Ondersoek na sekere ruimtelike elemente in die "Ierse dagboeke" van Karel Schoeman, met die boek Reise met Schoeman deur Ria Winters as agtergrond

Mercia Coetzee, Henning Pieterse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-03-01

"Schoeman se ervaring van Killarney, die geboue en die omgewing is moontlik beïnvloed deur sy geestelike reis as leerling-monnik en sy ontdekking van die geskiedenis van Ierland. Winters se soeke was na Schoeman en nie na die land en sy geskiedenis nie."

Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2023-02-21

"Die voorgestelde definisie van wildmisdaad dui verder aan dat sodanige misdaad met ander ernstige verwante misdade soos dokumentbedrog, geldwassery, belastingontduiking en korrupsie verband hou. Met die eerste oogopslag lyk dit of dié interpretasie nie deel uitmaak van die konsep van wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse konteks nie."

Die ontwikkeling van globale vaardighede in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-handboek vir graad 12-leerders

Cornelia van der Berg, Alta Engelbrecht LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-02-15

"In hierdie artikel poog ons om eerstens vas te stel wat die KABV ten opsigte van die ontwikkeling van globale vaardighede vereis en hoe dit vervolgens in die vraestelle en ’n goedgekeurde KABV-handboek van Afrikaans EAT neerslag vind."

"Ons gaan weer nuut begin": Kraak en Snak (2018) deur Rouxnette Meiring as ekodistopiese jeugverhale

Henriëtte Loubser LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-02-13

"In Kraak en Snak word ’n wêreld verbeel wat vreesaanjaender is as ooit voorheen. Verlies aan persoonlike vryheid word uitgebeeld, asook ’n stryd om oorlewing in ongekend vreemde omstandighede."

’n Deleuze-Guattariaanse ondersoek na territoriumskepping en taalstottering in Gilbert Gibson se Vry– (2015)

Natasha Harmse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-02-07

"In hierdie artikel is daar gefokus op die wyse waarop Gilbert Gibson se vyfde digbundel, Vry– (2015), aansluit by Deleuze en Guattari se poststrukturalistiese benadering tot taal."

MK as kultuurverskynsel: ’n Dokumentering en tematiese ontleding van die kanaal se opkoms en invloed op die ontwikkeling van marginale Afrikaner-identiteite, 2005–2013

Magdalize Carstens, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-31

"Ons literatuur, onderhoude, asook argiefondersoek het die lied/video 'De la Rey' en Die Antwoord as sosiale verskynsel as twee van die mees invloedryke identiteite wat met MK vereenselwig is, na vore gebring. Deur MK se bemiddeling het beide verskynsels kultusstatus bereik."

Trompie, Talaq en Trump: Inleidende gedagtes oor die beslissings in Women’s Legal Centre v President, RSA en Dobbs v Jackson Women’s Health Organization

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2023-01-23

"Om hierdie bespreking te rig, maak ons gebruik van ’n proses van kritiese ontleding wat ons die Trompie-reël noem: om nie ander se menings, of die twee beslissings wat oorweeg word, met vooropgestelde idees te lees nie, maar om hul oorwoë denke en sosiale realiteite in ag te neem en daarteen te waak dat jou eie agtergrond die bespreking oorskadu."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid vir beserings veroorsaak deur ’n gevange wilde beer

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2023-01-19

"R2 het toe ’n perske gaan haal en H versoek om die perske in haar hand te hou en dit aan die beer te gee. Dit het sy gedoen sonder om haar hand deur die heining te druk en die beer het die perske met sy bek gevat en gevreet ..."

Die gebruik van mise-en-abyme as refleksiewe element in die migranteliteratuurroman Die mooiste meisie van Genua (2019) deur Ilja Leonard Pfeijffer

Marietjie Lambrechts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-04

"In mise-en-abyme, soos in die geval van ’n dubbele spieël, word dié wat waarneem uiteindelik die waargeneemde, die indraai van die teks op homself as’t ware."

Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer

Jaco Prins LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-22

"Die speaker laat gereeld ministers wegkom met onvolledige en ontwykende antwoorde op vrae en die ontduiking of ignorering van vrae, en beskerm ministers wat die proses ondermyn of totaal sinnelose antwoorde gee. Daar is ook geen geleentheid om vrae gedurende reses of kiesafdelingtyd in te handig nie."

Impliseer die wettiging van beëindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie?

Malcolm de Roubaix LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-20

"En om die vraag, wat in die opskrif van hierdie artikel gevra word, te beantwoord: nee, die wettiging van BVS op aanvraag impliseer nie dat voorgeboortelike lewe geen morele waarde inhou nie. Wat wel waar is, is dat hierdie waarde nie noodwendig ’n 'reg op lewe' regverdig nie ..."

Die toekoms van Taiwan: strategiese realiteite en die kernwapenopsie

Eben Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-19

"Teen die agtergrond van ’n uiters benarde buitelandse omgewing, en om die redes breedvoerig hier aangevoer, sal dit ’n omsigtige Taiwan baat om die kernwapenpad te oorweeg."

Verskeie Afrikaanse taalgedenkstrukture en een Afrikaanse Taalmuseum

Jannie Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-12-14

"Terwyl die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wyd bekend is, het ander Afrikaanse taalgedenkstrukture in Suid-Afrika vergete geraak. Sekere van hierdie taalgedenkstrukture het in verwaarlosing verval."

Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

Bernard Lategan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-12-14

"Verbeelding ly aan dieselfde 'swak selfbeeld' as moontlikheid, naamlik dat dit met ’n ontkoppeling van die werklikheid geassosieer word. Vir baie beteken verbeelding ’n ontvlugting van die hede in die vorm van dagdrome of die bou van lugkastele."

Doeltreffendheid van gesamentlike ervaringsleertake tydens opleiding van dosente in afstandhoëronderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-12-14

"Die doel van die ondersoek was om die doeltreffendheid van die gesamentlike ervaringsleertake tydens die opleiding van dosente in ’n afstandhoëronderwyskonteks te ondersoek om te verstaan hoe ek my eie praktyk kan verbeter."

Top