LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Antjie Krog, gemeenskaplikheid en die behoefte aan interverbondenheid in Mede-wete (2014)
2019-04-24"In hierdie artikel sal ek poog om die hantering van die begrip interverbondenheid in Krog se bundel Mede-wete te ondersoek en na te gaan hoe dit by die begrip ubuntu in die Afrika-filosofie aansluit."
Die gebruik van gedigte in die onderrig van Afrikaans as addisionele taal
2019-04-23"Gedigte en die interpretasie daarvan bied geleenthede vir kommunikasie. Lesers vorm hul eie menings en ervarings aan die hand van die gedigte, en die taalverwerwingsklaskamer kan die ideale plek wees om dit te deel."
Migranteliteratuurtemas in Die wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden
2019-04-18"Hierdie artikel ondersoek hoe migranteliteratuurtemas in Die wêreld van Charlie Oeng (Van Heerden 2017) benut word om ’n ooreenkoms te tref tussen die ervaringswêreld van nie-Westerse migrante in Westerse gasheerlande en die inheemse swart bevolking in Suid-Afrika gedurende die apartheidsera."
’n Kritiese betragting van die Gijima-uitsprake
2019-04-03"Die dispuut in die Gijima-sake het onder meer daaroor gegaan of die remedies vir onregmatige administratiewe handelinge net die draers van die reg op administratiewe geregtigheid toekom en of die betrokke bepalings in die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000 wyer uitgelê kan word om staatsorgane in te sluit."
’n Netwerkperspektief op die gebruik koöperatiewe basisgroepe as tegniek om samewerking in afstandhoëronderwys te bevorder
2019-03-27"Hierdie tegniek kan daartoe bydra dat die groot gaping tussen die akademiese prestasie van afstand- en kontak-hoëronderwysstudente gekrimp kan word terwyl die studente vir toetrede tot die werksplek voorberei word."
Hildegard von Bingen (1098–1179) as ’n 12de-eeuse filosoof-teoloog
2019-03-22"Wat ’n merkwaardige Benediktyn, wat ’n merkwaardige filosoof-teoloog, en wat ’n merkwaardige mens: Hildegard von Bingen het die beeld van God, asook die beeld van die mens, op ’n uitnemende, altyd idiosinkratiese, hoewel miskien met oomblikke van diskursiewe eiesinnigheid en ’n mate van vroulike selfkoestering, verruim en verryk."
Aantekening: Kan munisipale wetstoepassingsbeamptes goedsmoeds op die publiek losgelaat word?
2019-03-22"Gesien in die lig van die feit dat die magte en bevoegdhede van munisipale wetstoepassingsbeamptes so drasties uitgebrei is, behoort die Polisiewet gewysig te word om voorsiening daarvoor te maak dat die Nasionale Kommissaris, soos in die geval van munisipale polisiebeamptes, nasionale standaarde vir die opleiding van munisipale wetstoepassingsbeamptes kan vasstel."
’n Ondersoek na Dennis Boks se veerkragtigheidshoedanighede in die konteks van ’n histories benadeelde gemeenskap
2019-03-14"Boks se meesleurende storie is ’n lewende getuienis van wat gedoen kan word as ’n mens bereid is om verby die pyn van swaarkry te kyk en vorentoe te beur na ’n lewe van uitnemendheid en hoër standaarde. Daarom kan hy met reg beskou word as ’n ware en buitengewone rolmodel vir inwoners in histories benadeelde gemeenskappe."
Opvoederwees te midde van die realiteite van landelike geenskoolfondslaerskole
2019-03-07"Opvoeders in landelike geenskoolfondsskole se veerkragtigheid is tekenend van die persoonlike agentskap wat hulle toepas in reaksie op omgewingstressors. Dit stel uiteindelik hierdie individue in staat om psigologies volhoubaar te funksioneer ten spyte van hulle werkstoestande."
Humor in kinderliteratuur: ’n Beskouende ondersoek na enkele soorte humor en die waarde van humor in fiksietekste vir kinders
2019-02-28"Humor kan op ’n individueel-psigologiese vlak sowel as op ’n literêr-sosiologiese vlak ’n heilsame en positiewe invloed hê. Dit is noodsaaklik dat ’n jong leser plesier put uit wat hy lees sodat dit hom of haar motiveer om steeds meer te wil lees."
’n Behoefte aan die integrering van tegnologie in die Afrikaans Huistaal-klaskamer om die ontwikkeling van 21ste-eeuse vaardighede te ondersteun: ’n gevallestudie
2019-02-21"Hierdie artikel ondersoek en evalueer krities die redes waarom ons tegnologie in die onderrig van Afrikaans Huistaal wil integreer. Die bevinding is dat die Afrikaans Huistaal-onderwyser leerders vir die 21ste eeu gereed behoort te maak en daarom behoort tegnologie-integrasie in die klaskamer plaas te vind."
Taalkommunikasiedosente se persepsies en verwagtinge van e-leerondersteuning om dienslewering te verbeter
2019-02-14"Taalkommunikasiedosente in die universiteit het ’n besondere taak om studente in die taal van onderrig voor te berei vir akademiese kommunikasie oor alle vakgebiede heen. Met LBS-gebruik en effektiewe ondersteuning is dit ’n bereikbare mikpunt."
"Ons skryf soos ons praat": Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners
2019-02-07"Taal is voortdurend aan die verander, en een van die kragte wat op taalverandering inwerk, is informalisering, dit is die integrasie van spreektaalvorme in die skryftaal."
Omgewingsregeerkunde, die menslike persoon en die sosiale orde: ’n hervertolking
2019-01-15"Sonder ’n staat wat sterk genoeg is om openbare goedere te voorsien, misluk die geliberaliseerde moderne markorde in vele opsigte om die wêreld se grootste ekologiese en sosiale probleme die hoof te bied. Die populistiese reaksie is ’n gevaarlike pad wat na ander vorme van totalitarisme lei."
Die vertaling van eiename by Deon Meyer: ’n ondersoek na konsekwentheid
2018-12-18"Vertaalbesluite moenie lukraak geneem word nie, aangesien dit die oordrag van die intrinsiek Suid-Afrikaanse elemente, ’n kernelement in Meyer se werk wat onder andere in die eiename tot uitvoering gebring word tot nadeel strek."
Mens-dier-verhoudings in Thomas Mofolo se historiese roman Chaka (1925, 2017)
2018-12-18"Mofolo se roman blyk voorts ’n goeie voorbeeld te wees van De Mello se siening dat aandag aan die rol van diere insigte bied oor die teks self: in hierdie geval die roman se negatiewe oordeel oor Chaka se bewind as strydig met die gees van Afrikahumanisme."
Die Arabiese trajek in die post-Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie
2018-12-13"Mag die artikulering van die Arabiese trajekte in die Karolingiese en post-Karolingiese periodes van Middeleeuse filosofie in hierdie artikel en die voorafgaande hiervan, ’n 21ste-eeuse resepsie van Middeleeuse filosofie verruim en verryk."
Die Arabiese trajek in die Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie
2018-12-13"Middeleeuse filosofie word daarom sowel ensiklopedies as in terme van ’n 21ste-eeuse kulturele verantwoording verryk indien die Arabiese trajek chronologies by die Westerse register ingesluit word – en dus nie tot individuele nisnavorsing en ’n eenkant-rubriek soos "filosofie van Islam" beperk en daarmee effektief uitgesluit word nie."
Selfgerigte leer: Die ervarings en menings van lewenswetenskappe-onderwysstudente tydens die gebruik van werkkaarte in ’n koöperatiewe onderrig-leer-omgewing
2018-12-12"Navorsing toon dat baie onderwysinstellings, soos skole en universiteite, nie studente lewer wat oor voldoende selfgerigte-leer-vaardighede beskik om nasionale sowel as globale probleme op te los nie."
Hibriditeit en outentisiteit as kulturele merkers in Nico Carstens se musiek
2018-12-11"Die vraag waarop daar gefokus word, belig die wyses waarop Carstens as komponis en trekklavierspeler daarin geslaag het om tradisionele boeremusiekidiome deur middel van ’n versmelting van verskillende musikale invloede en style te verryk tot ’n gestileerde, dog hoogs toeganklike en bemarkbare Suid-Afrikaanse populêre-musiek-identiteit."




