LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Vonnisbespreking: Arbeidsmakelaars: Enkelwerkgewer, twee kontrakte en talle onbeantwoorde vrae
2018-10-31"Word die kliënt na drie maande die enkelwerkgewer van die agentskapswerker en val die middelman-arbeidsmakelaar weg uit die driehoeksverhouding? Of word daar ’n dubbelwerkgewerverhouding geskep wat tot gevolg het dat beide die arbeidsmakelaar en die kliënt werkgewerstatus behou?"
’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz
2018-10-30"Blou is nie ’n kleur nie is ’n geskenk van Carin Krahtz aan die selfgerigte leser, aangesien die leser met behulp van genoemde leidrade, kontekstuele merkers en leesstrategieë hierdie verhaal kan ontdek en die verskuilde verhaalboodskap kan ontsluit."
Oligomerisasie van langerketting 1-alkene in die teenwoordigheid van Cp2MCl2-metalloseen-, meer komplekse Zr-metalloseen- en tridentaat bis(imino)piridienyster(II)-katalisatorsisteme
2018-10-25"Uit die drie reekse katalisatore wat ondersoek is, is vier geïdentifiseer wat die hoogste aktiwiteit getoon het, en die potensiaal het om vir die dimerisasie van langerketting 1-alkene gebruik te kan word."
Laat die klokke lui …! Is die lui van klokke ’n geraasoorlas of bloot die billike uiting van geloofsoortuigings?
2018-10-23"’n Reg geld slegs met inagneming van ander se regte en belange. Ten aansien van die lui van klokke moet inwoners wat deur die betrokke praktyk geraak word, se reg om hulle eiendom vry van ’n geraasoorlas te geniet, ook in ag geneem word."
Afstanddoening van werksgetrouheid in Richard Taruskin se essay “Setting limits”
2018-10-18"Daar is ruimte vir die 'oorspronklike' werke van komponiste soos Beethoven binne hedendaagse konsertpraktyk, net soveel as wat daar ruimte vir plaaslike vernuwing in ’n opera soos Fidelio is. Hier verlang mens egter soms meer as om slegs daardie oorspronklike werk op Robbeneiland of in die Kasteel de Goede Hoop uit te voer ..."
Bejaardheid en asketisme in die vroeë Christendom: ’n Vergelyking tussen die sienswyses van Johannes Chrusostomos en Filoksenos van Mabboeg
2018-10-17"Die praktyk van asketisme is ook die praktyk van selfverloëning, om die self af te sterf en dood te wees vir sonde en drange. ’n Lyk is ook koud en droog, en bejaardheid word ook gesien as teken van die nadering van die aardse dood."
Gadamer, Von Rad en Kritzinger: om tot verstaan te kom
2018-10-15"Verstaan van die self in verhouding tot die ander is ’n wederkerige proses wat totale oorgawe vereis. Om terug te kyk na die verlede, die hede te evalueer en uit te reik na die toekoms, speel alles ’n rol in die voortdurende proses van tot-verstaan-kom."
Uitdagings van die Antroposeen: onderwys in die era van ’n mensgemaakte wêreld
2018-10-11"Die opvoedkunde beskik oor die potensiaal om maniere te bied waarop die dreigende omgewingskrisisse van die huidige geologiese epog aangespreek kan word. Dit is nodig om aandag te gee aan die vervlegtheid van alle lewensvorme en om toe te sien dat daar ’n radikale strewe ontwikkel na die vervaging van grense tussen die mens en die niemenslike."
Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: ’n praktiese benadering vir generasie Z
2018-10-09"Wie moet dekolonialisering dryf? Hoe moet daar te werk gegaan word? Wat is die einddoel? Is hervorming van die bestaande kurrikulum voldoende, of is ’n totale omwenteling nodig?"
Die oorsprong, ontwikkeling en estetika van die intieme musiekspel, en Fees as ’n Afrikaanse voorbeeld
2018-09-27"Waar die gebrek aan genoegsame befondsing vir grootskaalse musiekspele dikwels ontbreek, is die intieme musiekspel ’n geskikte vorm om kleiner, meer intieme onderwerpe te ondersoek."
Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43–54
2018-09-19"In hierdie studie val die klem op ’n ander interessante saak, naamlik die verskillende maniere waarop die koninklike amptenaar in Johannes 4 met die verloop van die eeue verstaan is. Die doel met hierdie oorsig is om daarmee ons eie verstaan van die amptenaar te verryk."
Die oorkoming van kontekstuele beperkinge deur leierskap aan toppresterende skole
2018-09-18"Skoolleierskap steun swaar op die onbevange emosionele steun van ouers aan hul kinders in toppresterende skole. Die volle omvang van hierdie emosionele steun en die korrelasie daarvan met ’n verantwoordelike aanspreeklikheid van ouers vir hul kinders se welstand op alle vlakke van menswees by toppresterende skole behoort deur navorsing onthul word."
Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis
2018-09-10"Die gebruik en beskrywing van die foto’s sluit aan by belangrike motiewe in die roman, soos waarheid en leuen, werklikheid en interpretasie, dood en verlies, gesegde en ongesegde dinge tussen mense."
Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina
2018-09-05"Die Bybelse narratief verdoesel die werklike historiese feite en die werklike huidige ontberings wat die Israelse metodes van verowering, onderdrukking en uitdelging teen Palestyne ontketen het."
Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig
2018-08-28"Leer binne ’n komplekse, genetwerkte samelewing verg ’n leeromgewing waar die dosent nie die enigste kenner is nie, en waar mense oop is om idees vernuwend te kombineer sodat vars konsepte vorendag kom danksy nougesette wetenskaplike, kreatiewe en emotiewe denkprosesse."
Ordening en heling in die wordende heelal: die Bybelse interteks van Ina Rousseau se poësie
2018-08-21"Die deurlopende tema in Die verlate tuin is die onvervulde mens se vergeefse verlange na vervulling van sy diepste behoeftes, ’n ongeskonde aarde en ’n vertrouensverhouding met God. Deur aan Bybelse vroue poëtiese gestalte te verleen, gee Rousseau uitdrukking aan spesifiek vroulike onvervuldheid."
Die problematiek van die vertaling van aanspreekvorme in Afrikaans aan die hand van Alan Paton se Cry, the beloved country
2018-08-16"Kumalo ontmoet verskeie mense tydens sy reis, sommige slegs een keer, en met ander raak hy bevriend. Hoe ’n mens in die Afrikaanse vertaling die oorgang van u na jy (of die keuse tussen u en jy) soos bekendheid tussen die karakters toeneem, bewerkstellig, veral wanneer dié aspek nie in die bronteks of -taal voorkom nie, word in hierdie artikel bespreek."
’n Beskouende ondersoek van humorontwikkeling, humorsin en enkele meganismes onderliggend aan humor
2018-08-16"Indien die humorontwikkelingsfases verstaan word, kan humor gebruik word as ’n instrument vir die fasilitering van kommunikasie vir rolspelers soos terapeute, onderwysers en ouers. Hierdie kennis kan dan op ’n meer doeltreffende wyse in terapeutiese kontekste gebruik word."
Ukuthwala – gebruik of misbruik?
2018-08-08"Ukuthwala behels die 'steel' of ontvoering van ’n jong meisie deur ’n man en sy vriende om die vrou se familie as’t ware in huweliksonderhandelinge in te dwing. In die moderne era van menseregte bring ukuthwala ons egter voor ’n netelige paradoks te staan, met die universele individuele regte in die Handves van Regte aan die een kant, en lank-gekoesterde tradisionele gebruike aan die ander kant."
Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees
2018-07-31"Na die 1994-verkiesing is die netwerk van wette wat mense op grond van ras by wyse van spreke in eerste-, tweede- en derderangse landsburgers verdeel het, opgehef. Dit is 24 jaar later, en rasgedrewe sienings en gewoontes veroorsaak steeds rassespanning en polarisering."




