LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Fragmentologie, die nuwe manuskripstudie – met verwysing na manuskripfragmente in Suid-Afrika

Carol Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-07-06

"Daar moet navorsing gedoen word oor manuskripfragmente in privaatbesit asook manuskripfragmente wat gebruik is om gedrukte boeke te bind."

Rehabilitasie in die Suid-Afrikaanse verbruikersinsolvensiereg: internasionale tendense en riglyne

Melanie Roestoff LitNet Akademies (Regte) 2016-07-06

"In hierdie artikel word rehabilitasie ingevolge die Suid-Afrikaanse verbruikersinsolvensiereg ondersoek met die doel om dit teen internasionale tendense en riglyne te meet en uiteindelik voorstelle vir regshervorming te maak."

’n “Oorspronklike” Aramese Nuwe Testament? ’n Kritiese evaluasie van die Pesjitta-voorrangsteorie, Die Pad van Waarheid tot die Lewe-vertaling (Afrikaanse Lamsa-Bybel), en die kulturele aanloklikheid van oriëntalisme

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2016-07-01

"Die oogmerk van hierdie artikel is om die aansprake van die vertaling van die Bybel genaamd die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL), oftewel die Afrikaanse Lamsa-Bybel, krities te beoordeel, spesifiek met aandag aan die brontekste en die kwessie van 'oorspronklikheid' en om te kyk hoe dit binne ’n bepaalde ideologie van Bybelvertaling funksioneer."

AuII: Skaars of afgeskeep? ’n Kritiese literatuuroorsig

Helgard Raubenheimer LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2016-06-17

"Die vorming van AuII gedurende nanogoudsintese, ’n rol daarvoor in homogene katalise, sowel as die stabilisering daarvan op verskillende vaste ondersteuningsplatforms, toon dat meer bruikbare toepassings in die toekoms verwag kan word."

"Ses grade van Gerben Kamper": ’n Verkenning van samewerkingsnetwerke in die Afrikaanse toneelbedryf (2010–2015)

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-06-14

Burgert Senekal identifiseer Gerben Kamper en Sandra Prinsloo as die mees sentrale rolspelers in die hedendaagse Afrikaanse toneelbedryf.

Kompleksiteit en die begeerte van die filosofie

Rèné Eloff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-06-03

"Kompleksiteitsteorie hou skynbaar groot belofte in om ons denke en praktyke te verruim op onder meer wetenskaplike, sosiale, politieke, filosofiese en etiese gebiede."

Die rol van geselekteerde motiveringsfaktore en leerstrategieë by akademiese prestasie van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe- (EBW-) onderwysstudente

Louis van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-05-26

"Daar word sterker ondersteuning aanbeveel by die volgende faktore en strategieë: toetsangs, uitbreidingstrategie, kritiese denke, metakognisie en bykomende pogings."

Dronkenskap as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg: ’n Sober benadering?

Rinda Botha, Marina van Rooyen LitNet Akademies (Regte) 2016-05-26

"Hierdie artikel ondersoek of die daargestelde Strafregwysigingswet 1 van 1998, en bepaald artikel 1, na wense geformuleer is en ’n sober strafregtelike benadering tot die dronkenskapverweer bied."

Die fassinerende meganika van hoppende fietswiele

Willem Theron, Milton Maritz LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2016-05-26

"Feitlik al die gepubliseerde numeriese resultate is gegee vir beweging van ’n hoepel op ’n horisontale vlak; in hierdie artikel word ’n wiel wat afrol op ’n skuins vlak beskou."

Paul Kruger, die Uitlanderstemreg en die Engelstalige pers in die ZAR voor 1895

Heinie Heydenrych LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-05-25

"Die basis vir die vervreemding tussen die Uitlanders en die regering is vóór 1895 reeds gelê en daarin het Paul Kruger ’n deurslaggewende rol gespeel."

Nabydood-ervarings: ’n kritiese ontleding van buiteliggaamlike waarnemings tydens hartstilstand

Pieter F Craffert LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2016-05-24

"Die aanspraak dat betroubare waarnemings onafhanklik van enige breinfunksies die aannames van moderne neuronavorsers bevraagteken en tegelyk die tradisionele siening van ’n 'siel' bevestig, berus op beweerde 'feite' en 'bewyse' wat op hierdie stadium nie die toets van kritiek kan deurstaan nie."

Die leerpraktykvorming van hoërskoolleerders op ’n plattelandse werkersklasdorp

Aslam Fataar, Henry Fillies LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-05-17

"Hierdie leerders se leer is gevorm en geïnspireer deur en uit hul weiering om hul huidige omstandighede te aanvaar."

Postapartheid as wondkultuur binne ’n patologiese openbare ruimte: Mark Gevisser se Lost and found in Johannesburg

Leon de Kock LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-05-11

"Hierdie artikel stel voor dat ’n 'wondkultuur' binne ’n 'patologiese openbare ruimte' heelwat aspekte van die postapartheid bestel verklaar."

Intertalige en kruiskulturele verkeer tussen Afrikaans en Nederlands in Marlene van Niekerk se verhaalbundel Die sneeuslaper

Louise Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-05-11

"Die artikel ondersoek die wyse waarop Afrikaans in die verhaal “Die sneeuslaper” geperforeer word deur Nederlands en die wyse waarop ’n Suid-Afrikaanse leefwêreld die Nederlandse verhaalruimte in hierdie verhaal infiltreer."

Die einde van transendensie in Kontinentale godsdiensfilosofie?

Anné Hendrik Verhoef LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2016-05-06

Hierdie artikel ontleed of die begrip transendensie steeds ’n toekoms kan hê, spesifiek in Kontinentale godsdiensfilosofie, aan die hand van drie moontlike toekomsscenario’s, naamlik die Messiaanse, bevryding- en plastisiteitscenario.

Die assessering van huistale in die Suid-Afrikaanse Nasionale Seniorsertifikaateksamen – die strewe na regverdigheid en groter geloofwaardigheid

Colleen du Plessis, Sanet Steyn, Albert Weideman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-04-28

"In soverre die kurrikulum en assesseringstandaarde mag help met klasbeplanning, bied hulle steeds geen waarborg dat dit ’n bydrae sal lewer tot die gehalte van onderrig en assesseringspraktyke, of die versekering van ekwivalensie oor verskillende taaleksamens heen nie."

Die tante uit Nederland as liminale karakter in Etienne van Heerden se Kikoejoe (1996) en 30 nagte in Amsterdam (2008)

Joan-Mari Barendse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-04-25

In hierdie artikel onderneem Joan-Mari Barendse ’n ondersoek na die rol en funksie van die karakters tant Geertruida in Kikoejoe en Tante Zan in 30 nagte in Amsterdam van Etienne van Heerden.

Die hadeda as liminale dier in Kaar van Marlene van Niekerk

Marius Crous LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-04-19

"Hierdie ondersoek geskied vanuit die invalshoek van dierestudies, ’n onderafdeling van die ekokritiek, en dui aan in watter mate Van Niekerk in hierdie bundel die mens desentraliseer."

Die eis om onregmatige lewe: bestaanbaar in die deliktereg of word die gemenereg buite sy perke gestrek?

Marike Rabie LitNet Akademies (Regte) 2016-04-15

"Soms, as gevolg van onder andere nalatige mediese advies, word gesinne gekonfronteer met die realiteite van ’n lewe met gestremdheid. Die eis om onregmatige lewe is ’n eis wat deur ’n kind, verteenwoordig deur sy ouers, teen ’n mediese praktisyn ingestel word."

Die inslag van die Gotiese in die Afrikaanse literatuur: ’n ondersoek na ’n eiesoortige Afrikaanse Gotiek aan die hand van die Faust-motief

Gerda Taljaard-Gilson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-04-05

Hoe vind die Gotiese inslag in die Afrikaanse letterkunde, en kan daar van ’n eiesoortige Afrikaanse Gotiek gepraat word?

Top