LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Die oorkoming van kontekstuele beperkinge deur leierskap aan toppresterende skole
2018-09-18"Skoolleierskap steun swaar op die onbevange emosionele steun van ouers aan hul kinders in toppresterende skole. Die volle omvang van hierdie emosionele steun en die korrelasie daarvan met ’n verantwoordelike aanspreeklikheid van ouers vir hul kinders se welstand op alle vlakke van menswees by toppresterende skole behoort deur navorsing onthul word."
Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis
2018-09-10"Die gebruik en beskrywing van die foto’s sluit aan by belangrike motiewe in die roman, soos waarheid en leuen, werklikheid en interpretasie, dood en verlies, gesegde en ongesegde dinge tussen mense."
Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina
2018-09-05"Die Bybelse narratief verdoesel die werklike historiese feite en die werklike huidige ontberings wat die Israelse metodes van verowering, onderdrukking en uitdelging teen Palestyne ontketen het."
Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig
2018-08-28"Leer binne ’n komplekse, genetwerkte samelewing verg ’n leeromgewing waar die dosent nie die enigste kenner is nie, en waar mense oop is om idees vernuwend te kombineer sodat vars konsepte vorendag kom danksy nougesette wetenskaplike, kreatiewe en emotiewe denkprosesse."
Ordening en heling in die wordende heelal: die Bybelse interteks van Ina Rousseau se poësie
2018-08-21"Die deurlopende tema in Die verlate tuin is die onvervulde mens se vergeefse verlange na vervulling van sy diepste behoeftes, ’n ongeskonde aarde en ’n vertrouensverhouding met God. Deur aan Bybelse vroue poëtiese gestalte te verleen, gee Rousseau uitdrukking aan spesifiek vroulike onvervuldheid."
Die problematiek van die vertaling van aanspreekvorme in Afrikaans aan die hand van Alan Paton se Cry, the beloved country
2018-08-16"Kumalo ontmoet verskeie mense tydens sy reis, sommige slegs een keer, en met ander raak hy bevriend. Hoe ’n mens in die Afrikaanse vertaling die oorgang van u na jy (of die keuse tussen u en jy) soos bekendheid tussen die karakters toeneem, bewerkstellig, veral wanneer dié aspek nie in die bronteks of -taal voorkom nie, word in hierdie artikel bespreek."
’n Beskouende ondersoek van humorontwikkeling, humorsin en enkele meganismes onderliggend aan humor
2018-08-16"Indien die humorontwikkelingsfases verstaan word, kan humor gebruik word as ’n instrument vir die fasilitering van kommunikasie vir rolspelers soos terapeute, onderwysers en ouers. Hierdie kennis kan dan op ’n meer doeltreffende wyse in terapeutiese kontekste gebruik word."
Ukuthwala – gebruik of misbruik?
2018-08-08"Ukuthwala behels die 'steel' of ontvoering van ’n jong meisie deur ’n man en sy vriende om die vrou se familie as’t ware in huweliksonderhandelinge in te dwing. In die moderne era van menseregte bring ukuthwala ons egter voor ’n netelige paradoks te staan, met die universele individuele regte in die Handves van Regte aan die een kant, en lank-gekoesterde tradisionele gebruike aan die ander kant."
Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees
2018-07-31"Na die 1994-verkiesing is die netwerk van wette wat mense op grond van ras by wyse van spreke in eerste-, tweede- en derderangse landsburgers verdeel het, opgehef. Dit is 24 jaar later, en rasgedrewe sienings en gewoontes veroorsaak steeds rassespanning en polarisering."
Regulering van Nulgradering-Internetdienste in Suid-Afrika: quo vadis?
2018-07-25"Nulgradering word glad nie gereguleer nie, en die gevolg is dat die mark dit uitbuit deur produkte aan te bied wat hul eie mededingende voordeel ten koste van ander rolspelers verhoog."
Wat is fout met Suid-Afrikaanse skole? Geheelbeeld van, en leemte in die navorsing oor skoolleierskap as sleutelfaktor
2018-07-13"Ten spyte daarvan dat skole uitgelewer is aan die werklikhede van die onderwysstelsel en hulle nie die samelewingskonteks kan verander nie, kan die leierskap van skoolhoofde ’n faktor wees in die bepaling van die gehalte van die onderwys wat in ’n bepaalde skool plaasvind."
Die oordrag van leesbegripstrategieë op ander akademiese vakke op universiteitsvlak
2018-07-10"Die doel van die studie was om die aard en mate van oordrag van leesbegripstrategieë vanuit ’n akademiese leesbegripprogram na ’n inhoudsvak/vakinhoude op universiteitsvlak te bepaal. Die bevindinge dui daarop dat positiewe oordrag wel plaasgevind het."
Die modus operandi-profiel van die kontant-in-transito-rower as eksklusiewe misdadiger
2018-07-05"Omdat modus operandi-inligting oor die beplanning van ’n transitorooftog en die rowers se optrede na afloop van die misdaad moeilik bekombaar is, word aanbeveel dat die SAPD die moontlikheid ondersoek om modus operandi-inligting van gevonniste oortreders, veral van eksklusiewe misdadigers of rowers, te bekom."
Die eenpersoondrama as (steeds ontluikende) subgenre: ’n skets van sy ontwikkelingsgang en kenmerke
2018-06-26"Die eietydse teaterlandskap, hetsy plaaslik of internasionaal, bevind sig tans in ’n kommerwekkende posisie weens beperkende ekonomiese toestande en mededingende vorme van vermaak (televisie, internet en so meer). Daarom wend baie dramaturge, produksiespanne en akteurs hulle tot ekonomies meer haalbare formate van teaterskepping, byvoorbeeld die eenpersoondrama."
Ouers van kinders in hulle middelkinderjare met aandagtekort- en hiperaktiwiteitsversteuring se belewing: ’n veerkragtigheidsperspektief
2018-06-19"Alhoewel daar konsensus in die literatuur is oor die sterk genetiese komponent van ATHV, is dit ook duidelik dat die insette van ouers en ander omgewingsfaktore die lewe met hierdie toestand positief kan beïnvloed."
WhatsApp? Die ontwikkeling van ’n positief-interafhanklike e-praktyknetwerk tydens die samestelling van e-portefeuljes in afstandhoëronderwys
2018-06-13"Die afleiding kan gemaak word dat WhatsApp-groepe ’n sleutel tot studentesukses in afstandhoëronderwys bied, mits die dosent of mentor aktief in die aanlynleeromgewing betrokke is om die leerproses koöperatief te struktureer en die ontwikkeling van selfreguleringsvaardighede te fasiliteer."
Kreolisering van die wêreldletterkunde by D.J. Opperman
2018-06-06"Die ontleding toon aan hoe vindingryk Opperman ander tekste gekreoliseer het, maar ook dat hy daardeur, veral in sy later werk, ’n subtiele kritiek teen apartheid en teen kolonialisme vergestalt ten gunste van oopheid en relasionaliteit."
’n Lesing van Michel Houellebecq se poësie tussen die pole van die "abjekte" en die "eteriese"
2018-05-31"Houellebecq is wesenlik ’n liriese digter en die meeste gedigte is deurtrek van melancholie en ’n gevoel van treurigheid oor verlore dinge en tye. Gelees as ’n enkele korpus, loop die verse wel soms die gevaar om in ’n mate van eenselwigheid met betrekking tot veral toonaard en tematiek (en, soms, beelding) te verval."
Skoolhoofde se leierskapspraktyke wat betrekking het op die skep van “fisiese ruimtes” om gesonde leeromgewings by hul skole te vestig
2018-05-29"Leeromgewings speel ’n belangrike rol in leerderprestasies, en skoolhoofde wat oor transformerende leierskapseienskappe besit, is in ’n gunstiger posisie as ander skoolhoofde om deur middel van hul eiesoortige leierskaps- en ruimtelike praktyke produktiewe fisiese leerruimtes of leeromgewings te skep om hul opvoeders en leerders se gemoed en gedrag positief te beïnvloed."
Die manifestasie van mens-masjien-verhoudinge in die Afrikaanse poësie (1990–2012): ’n kwantitatiewe en teksontledende beskouing
2018-05-24"Representasies van 1990 tot 1999 dui op ’n vervaging van grense en onderskeide tussen mens en masjien, maar die totale opheffing van grense is eers in representasies ná 2000 aantoonbaar. In dié opsig word die volledige integrasie tussen mens en masjien nie in alle gevalle positief uitgebeeld nie."




