LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens 'n late: onregmatigheid en nalatigheid

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2016-03-29

Hierdie bespreking neem die kernkwessies onregmatigheid en nalatigheid onder die loep om moontlike verwarring uit die weg te ruim en duidelikheid oor die toekomstige toepassing van die twee delikselemente te probeer bring.

Uitverkiesing en evangeliese spiritualiteit

Vincent Brümmer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2016-03-29

"Ten spyte van sporadiese protes was die neiging in die Kerk oor die algemeen om die evangeliese spiritualiteit uit te leef en terselfdertyd die uitverkiesingsleer as ortodoks Gereformeerd formeel te onderskryf sonder om die konsekwensies daarvan te aanvaar. Dat hier ’n teenstrydigheid bestaan het, is gewoon aanvaar sonder om dit te probeer oplos."

(On-)Verantwoordelike rolprentvervaardiging: Die voorstelling van plaasmoorde in Darrell Roodt se Treurgrond (2015)

Dian Weys LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-03-22

"Die teenwoordigheid van AfriForum, TLU en Steve Hofmeyr, tesame met die aanwending van die spanningsrillergenre, die skouspelagtigheid, die klassieke Hollywoodstruktuur en die voorsiening van 'n slotsom in die finale tonele, manipuleer die gehoor tot 'n oorvereenvoudigde persepsie van plaasmoorde."

Groeperings in nominale relatiewe konstruksies in die Griekse Nuwe Testament

Herman du Toit LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2016-03-17

"Die anaforiese verbande tussen sodanige opgestapelde relatiewe bysinne en hul antesedent(e) stem ooreen met dié in verskeie moderne tale, asook die volgorde van beperkende en bystellende relatiewe bysinne, in gevalle waar hulle saam opstapel."

Vonnisbespreking: Die magtiging wat vereis word vir strukturele verandering aan ’n deel en die aangrensende gemeenskaplike eiendom in ’n deeltitelskema

C.G. van der Merwe LitNet Akademies (Regte) 2016-03-08

"Die nuutheid van die regsvraag in hierdie saak was dat die Wet op Deeltitels en die voorgeskrewe bestuurs- en gedragsreëls nie die veranderinge binne woonstelle en aan die gemeenskaplike mure wat die woonstel omring, behoorlik reguleer nie."

Van opera tot “politopera”? Nuwe strominge in Suid-Afrikaanse operakomposisie en -resepsie

Mareli Stolp LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-03-07

Operakomposisie in Suid-Afrika het veral sedert 2010 opvallend toegeneem en dit is opmerklik dat die temas van nuutskeppings in die operagenre toenemend resoneer met onderwerpe en inhoud wat vir Suid-Afrika ter sake is. Hierdie artikel het ten doel om bondige oorsigte van agt operas wat sedert 2010 gekomponeer is, aan te bied, tesame met ’n kritiese beskouing van sekere aspekte van die werke.

Die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staatkundige bestel – ’n tendensbepaling

André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-03-01

"Die plaaslike verkiesing van 2016 en hoe veiligheidsinstellings aangewend word, kan ’n belangrike rigtingwyser wees vir die manier waarop die staat in die toekoms veiligheidsinstellings gaan plaas en aanwend."

Volwasse studente in hoëronderwysinstellings: Die portefeulje-ontwikkelingskursus as ’n voorbereidingsmeganisme vir akademiese sukses

Faith Langeveldt, Liezel Frick LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-02-23

"Hoëronderwysinstellings moet toenemend aanpas by uiteenlopende, nietradisionele studentegemeenskappe, insluitend ouer volwasse studente. Die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, het bepaal hoe die erkenning-van-voorafleer- (EVL-) proses by een so ’n instelling die volwasse student voorberei om suksesvol te wees."

Literêre prestige: Die geval Eleanor Baker

Marian Human-Nel, Hennie van Coller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-02-18

Het die vroulike perspektief en tematiek in Eleanor Baker se werk haar plek in die kanon negatief geraak? Marian Human-Nel en Hennie van Coller ondersoek Baker se literêre prestige.

Opgeroepte betekenis in literêre vertaling: Die vertaling van dialek en register in Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

Maricel Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-02-05

"In literêre tekste is die wyse waarop inligting oorgedra word dikwels ewe belangrik as die inhoud, aangesien dit onder andere inligting verskaf oor die taalgebruikers en taalgebruikskontekste." Maricel Botha kyk krities na die vertaling van dialek en register in The long journey of Poppie Nongena (Elsa Joubert 1980), die Engelse vertaling van Die swerfjare van Poppie Nongena (1978).

Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke

Rushiella Songca, Michelle Gail Karels LitNet Akademies (Regte) 2016-02-02

"In hierdie voorlegging word regsprekende en wetgewende reaksies op seksuele misdrywe wat deur en teen kinders gepleeg is, ondersoek. Daar word aangevoer dat tradisionele bestraffende reaksies op verskillende vorme van seksuele misdaad ondoeltreffend is."

Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit

Linda du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2016-01-29

"Erkenning van die akademieskap van onderrig en leer as ’n navorsingsnis het die potensiaal om die gehalte van opleiding by universiteite, skole en ander opleidingsgeriewe te verbeter."

Briewe aan ’n diva: die verswyging van gay-identiteit in Gordon Jephtas se briewe aan May Abrahamse

Hilde Roos LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-01-28

In die 1980’s was Gordon Jephtas een van New York se mees gesogte répétiteurs, waar hy met operasterre soos Luciano Pavarotti, Joan Sutherland, Leontyne Price en Marilyn Horne gewerk het. Hilde Roos ondersoek die konsepte van die geheimhouding van gay-identiteit, divaverering en die operaqueen in Jephtas se briewe aan May Abrahamse gestalte gekry het.

Paul Kruger en die pers in die ZAR, 1890–1895

Heinie Heydenrych LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-01-19

"In Mei 1893 is Eugène N. Marais, die redakteur en eienaar van die koerant Land en Volk, egter daarvan aangekla dat hy die President belaster het, en die verloop en uitslag van daardie saak het beslis ’n groot rol gespeel in die regering se besluit om ’n perswet te aanvaar."

Die nugtere mistiek van Andrew Murray

Pieter GR de Villiers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-12-28

"Hierdie revisionêre herbesinning oor Murray se mistiek onderstreep dat die mistiek, soos Murray geskryf het, ’n wesenlike, selfs natuurlike, kenmerk van godsdienstige ervaring is en daarom ’n noodsaaklike plek in die godsdienstige diskoers het."

Die Belharbelydenis, die Bybel en Jesus van Nasaret

Sakkie Spangenberg LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-12-23

"Hoekom het die bevrydingsteoloë eers in die 20ste eeu ontdek dat die Drie-eenheid aan die kant van armes en onderdruktes staan? [...] Kry ons nie hier met twee weersprekende godsbeskouings te doen nie: (i) die God van die staat en die magtiges, en (ii) die God van die onderdruktes en armes?"

'n Prosesevaluering van 'n verkeersoortrederswerkopdrag

Carel van Wyk, Mariëtte Joubert LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-21

"Dit het dalk tyd geword dat daar in Suid-Afrika se regstelsel meer voorsiening gemaak word vir doeltreffende rehabilitasieprogramme eerder as blote boetes of tronkstraf."

“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van ’n loodsondersoek

Nerina Bosman, Annél Otto LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-17

In hierdie artikel lewer Nerina Bosman en Annél Otto verslag van ’n kwantitatiewe loodsstudie na die gebruik van u.

Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel

Deon Erasmus LitNet Akademies (Regte) 2015-12-15

"Adjunkregterpresident Traverso het op 8 Desember 2014 die aansoek om ontslag, na sluiting van die vervolgingsaak teen Shrien Dewani, wat aangekla was van sameswering tot ontvoering, roof en moord van sy vrou, Anni, toegestaan. Hierdie beslissing was vir die oorledene se familie en lede van die publiek in die algemeen ’n skok ..."

Sin van plek, ingeplaastheid en bioregionaliteit in ’n kunstenaarsboek-installasie, Mooirivier: weerspieëling en weerklank

Franci Greyling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-14

"Hierdie artikel bespreek ʼn praktykgebaseerde navorsingsprojek: ʼn kunstenaarsboek-installasie met die Mooirivier in die Potchefstroom-omgewing as tema."

Top