LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Voortdurende onbekendheid en vreemdheid. Die implikasies van Michael Welker se teologie van die Gees vir ’n teologiese hermeneutiek vir vreemdelinge
2017-06-05"Een van die mees uitdagende faktore in die huidige tydsgewrig is dat Suid-Afrikaners op feitlik elke denkbare manier verdeeld is. Vele verdelende meganismes het mense oor baie jare heen toenemend van mekaar vervreem en uitmekaar gedryf."
’n Vergelykende studie van die standaardisering van die ontwikkeling van skoolleierskap in die VSA en Suid-Afrika
2017-05-30"Daar word dus nie aanbeveel dat die ISLLC-model of enige ander model net so in Suid-Afrika toegepas word nie, maar daar is baie lesse wat uit die internasionale ervaring geleer kan word."
Die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie deur sy betrokkenheid by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal
2017-05-30"Weens die WAT se noue verbintenis met die US is dit nie verbasend dat daar oor die jare ruim geput is uit die kennis van ’n hele aantal departemente en dosente verbonde aan die universiteit nie."
Die juk van askese: Slawe in kloosters en kloosterlike huishoudings in die sendeling Johannes van Efese se Commentarii de beatis orientalibus
2017-05-23"Slawe funksioneer nie soseer as mense uit eie reg nie, maar as naamlose tekens van die rykdom en luukse lewe van die elite. Monnike kon hul eie slawe aanhou, selfs binne ’n klooster."
Vreemdheid as geleentheid. Enkele gedagtes oor die hermeneutiese potensiaal van ’n ongemaklike begrip
2017-05-18"Dit is noodsaaklik om na die self terug te keer – nie ter wille van selfbevestiging nie, maar juis om seker te maak dat die selfgesentreerdheid effektief verander word. Dit is die self wat in die eerste instansie verander moet word."
Skoonlief en die ondier: ’n Ondersoek na die nut van aanlyn bemiddeling in gesinsgeskille in Suid-Afrika
2017-05-18"Tegnologie kan ’n mens se lewe wel makliker maak en ’n mens in kontak bring met persone wat hul andersins nie sou kon bereik nie, maar dit sou ’n wanvoorstelling wees om te beweer dat tegnologie altyd alles verbeter."
Verkennende verbeeldingswêrelde: die ontsluiting van die Willem Boshoff Argief
2017-05-12"Willem Boshoff se argief is ’n unieke voorbeeld van eksperimentele en konseptuele argivering én verbeeldingryke digitale kurering wat, hoewel uiters sistematies van opset, ook alternatief, kreatief, oop, speels, informatief, performatief, kunstig en sensories is."
Rolkonflik by getroude manlike onderwysers vroeg in die 21ste eeu
2017-05-11"Die belewing van beide intrarolkonflik en interrolkonflik het ’n onvermydelike negatiewe uitwerking op die psigiese funksionering van die getroude manlike onderwyser, op sy funksionering as professionele onderwyser, op sy rol as vader en eggenoot, asook op die rol wat hy in die breë samelewing moet vervul."
Riglyne vir die bevordering van die welstand van Suid-Afrikaanse sielkundiges
2017-05-10"Die sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika lei daartoe dat sielkundiges leef en werk in gemeenskappe wat gekenmerk word deur misdaad, armoede, siekte en maatskaplike euwels, wat hierdie riglyne vir die verryking van sielkundiges se welstand ’n noodsaaklikheid maak."
Vonnisbespreking: Die regspraak bevestig die gedingsvatbaarheid van afrokkeling as iniuria
2017-04-27"Alhoewel dit vasstaan dat afrokkeling ’n selfstandige skuldoorsaak uitmaak, het die howe hulle nog selde uitgelaat oor die vraag of dié optrede ’n iniuria daarstel, wat omskryf word as die onregmatige en opsetlike aantasting van ’n persoonlikheidsbelang."
’n Neurowetenskaplike beskouing van die leeshandeling
2017-04-24"Die verwerwing van die leesvaardigheid is ’n holistiese proses wat die mens in sy geheel betrek. Lees impliseer die fisieke, gevoelsmatige, sosiale en kognitiewe betrokkenheid van die leser."
Vonnisbespreking: Swembaddens, visdamme, ander waterpoele en kinderslagoffers – deliktuele aanspreeklikheid
2017-04-20"Desnietemin rus die primêre verantwoordelikheid vir die veiligheid van kinders op hul ouers. Dit is hul plig om toe te sien dat hul kinders nie alleen ronddwaal op persele waar gevare skuil nie, al is dit net vir ’n baie kort tydjie."
’n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag
2017-04-13"Die vernakulêre style soos uitgebeeld in die twee Afrikaanse poniekoerante is nie – soos daar baie keer aangevoer word – slegs ’n verlengstuk van Engels nie, maar het nog die vermoë om met oorspronklike Afrikaanse skeppings vorendag te kom en Afrikaans op dié wyse te voed en te laat groei."
Die aard van kerklike gesag in die kerkregtelike besinning van W.D. Jonker
2017-04-06"Besluite van kerklike vergaderings is volgens Jonker bindend slegs as dit ooreenstem met die Woord van God. Indien nie, is dit nie bindend nie en mág gelowiges daarteen appelleer."
Voldoen Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders?
2017-03-28"Die keuse van geskikte leesmateriaal vir die adolessenteleser, maar ook die geskikte keuse van skoolvoorgeskrewe werke, kan nie genoeg beklemtoon word nie. In die keuse van hierdie leesmateriaal behoort die leesvoorkeure en -behoeftes van die adolessenteleser in ag geneem te word."
Vonnisbespreking: Bemoeiing met ’n uitsluitende kontraktuele verhouding getroef deur vrye mededinging
2017-03-23Johann Neethling en Johan Potgieter bespreek vier sake waarin beweer is dat Masstores ’n delik gepleeg het deur bemoeiing met die uitsluitende ooreenkoms tussen ’n voedselkleinhandelaar (Pick n Pay of Shoprite Checkers) en die eienaar of verhuurder van ’n winkelsentrum ingevolge waarvan die voedselhandelaar die eksklusiewe reg gehad het om voedsel in die sentrum te verkoop.
Praktyke met betrekking tot visuele voorstellings in ’n Afrikaans Huistaal-handboekreeks na apartheid
2017-03-16"Omdat leerders van verskillende kulture dieselfde handboeke gebruik, behoort handboeke van vooroordele gestroop te wees. Dit is die ononderhandelbare, sosiale verantwoordelikheid van alle handboekskrywers, in die besonder in ’n postapartheid Suid-Afrika."
Persoonlike klankversterking vir ’n onderwyser met stemprobleme
2017-03-02"Aangesien baie Suid-Afrikaanse onderwysers in ’n posisie is waar medieseversekeringsfondse nie noodwendig kan vergoed vir verlies aan inkomste as gevolg van ’n stemprobleem nie en klankversterking nie in alle klaskamers voorsien kan word nie, mag ’n persoonlike en bekostigbare klankversterkingsapparaat ’n ideale langtermynoplossing bied."
Die rol van ’n veeltalige selfoonvakwoordeboek in die ontwikkeling van konsepgeletterdheid vir onderwysstudente in die ekonomiese en bestuurswetenskappe
2017-03-02"Vakwoordeboeke word dikwels opgestel met vakkundiges as teikengebruikers en voldoen nie noodwendig in die behoeftes van voorgraadse studente nie."
Herstellende geregtigheid in gevalle van seksuele oortredings en die uitsprake van die hoogste hof van appèl in DPP v Thabethe en Seedat v S
2017-02-17"Ons sien in afwagting uit na die eerste geleentheid waar die hoogste hof van appèl wegbeweeg van sy straf- en gemeenskapsbenadering na ’n ware slagofferbemagtiging en na heling."




