LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van ’n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord?
2016-10-28"Die feit is egter dat die moontlikheid nou geskep is vir veel groter misbruik deurdat direkteure met die proses kan begin om voordeel trek uit die gevolge wat outomaties intree, maar vir ’n onbepaalde tydperk geen kennis aan geaffekteerde persone gee nie, en ook nie ’n ondernemingsreddingspraktisyn aanstel wat hul magte en bevoegdheid sal beperk nie."
Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990
2016-10-27"Die wyse waarop die universiteit uit pas was met sosiopolitieke ontwikkelings in die land kan veral gesien word in die onvermoë om geleenthede te benut wat deur al die ander universiteite gebruik is om veranderings in hulle bestuur van inwoning op kampusse aan te bring."
Vonnisbespreking: Die aksie van afhanklikes weens die dood van hul broodwinner: Veel lawaai en weinig wol?
2016-10-25"Die afleiding dat die ontwikkelde Tswanareg gelykstaande is aan die inheemse Afrika-gewoontereg in die algemeen kom daarop neer dat ’n besondere stamregstelsel algemeen op swart landgenote toepassing vind. Sal ’n mens werklik hierdie as ’n presedent kan voorhou waar die litigante byvoorbeeld Xhosas of Vendas is? Na my mening sal dit nie geregverdig wees nie."
Uitverkiesing en evangelikaalse spiritualiteit: die “Bekommerd”-debat
2016-10-24"In die dertigerjare van die vorige eeu was daar in Suid-Afrika ’n sterk oplewing van Kuyperiaanse neocalvinisme. Die neocalviniste het hulle begin organiseer in ’n beweging met die doel om die neocalvinistiese ideologie van Abraham Kuyper op alle terreine van die Suid-Afrikaanse samelewing te versprei."
Die opvoedkundige waarde van ekoliterêre tekste: ’n Toepassing van Adrian Rainbow se sienings op ’n Afrikaanse jeugverhaal, ’n oorgangsroman en ’n prenteboek vir kinders
2016-10-21"Hoe suksesvol kan fiksietekste aangewend word om jong lesers ekologies op te voed en hulle meer sensitief ten opsigte van die natuurlike omgewing en die mens se verhouding met die natuur te stem?"
Eensaamheid as verskynsel in Arnold Schoenberg se Erwartung, op. 17
2016-10-19Hierdie ondersoek voeg eensaamheid toe tot die diskoers oor psigoanalise en musiek deur te fokus op hierdie spesifieke menslike ervaring en die uitbeelding daarvan in Erwartung.
Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika
2016-10-17"Die doel van hierdie ontleding is om te beoordeel of die voorgenome koolstofbelasting (soos in die wetsontwerp beskryf) die potensiaal het om daadwerklik klimaatsverandering deur fiskale hervorming te kan teenwerk."
F.V. Engelenburg tydens die Anglo-Boereoorlog: ’n oorsig
2016-10-13"Hoewel hy nie gedurende die oorlog prominent op die voorgrond was nie, het hy, eie aan sy teruggetrokke geaardheid, die Boere en die Republiek se saak op ’n besondere wyse bevorder."
Estetiese illusie en die wyses waarop kykerbetrokkenheid in ’n film geskep kan word, met verwysing na Eternal sunshine of the spotless mind (2004)
2016-10-03"Op watter wyses word kykerbetrokkenheid geskep en wat is die funksie van estetiese illusie in die film Eternal sunshine of the spotless mind (2004)?"
Die religieusiteit van J.C. Smuts met verwysing na Holism and evolution
2016-09-28"Hy het sy holisme gevoer tot op die punt waar hy eie bevryding en verligting in homself gevind het as die toppunt van sy eie kreatiewe evolusie. Holisme was vir hom die sleutel tot die verstaan van die heelal, die wêreld waarin hy geleef het, persoonlikhede en die Bybel."
Die sorgsame ondernemingsreddingspraktisyn: ’n ondersoek na die gepaste maatstaf
2016-09-26"Dit staan vas dat die ondernemingsreddingspraktisyn ’n regsplig het om met die nodige sorg en vaardigheid met die sake van die maatskappy in nood om te gaan."
Vonnisbespreking: Teenmaatreëls vir die uitvoerende gesag se kaping van wetgewende kontrolefunksies in ’n parlementêre uitvoerende stelsel
2016-09-22"Die uitspraak in die EFF-saak is ’n illustrasie van hoe die howe met hul vertolking en toepassing van die Grondwet daaroor kontrole uitoefen."
Huisgenoot as tydgenoot: ’n mediageskiedkundige kroniek van ’n tydskrif as “skrif” van sy tyd
2016-09-15"Hierdie artikel gebruik ’n mediageskiedkundige vertrekpunt om die ontwikkeling van Huisgenoot van 1916 tot 2016 met sy idealisties-ideologiese en markgedrewe ideale as “skrif” van sy tyd te boekstaaf."
Die rol van die fasiliteerder in die leerproses om ’n positiewe gesindheid te bewerkstellig teenoor indiensopleiding vir die vak wiskundige geletterdheid
2016-09-15"Die doel van hierdie studie is om ’n deelnemende strategie vir die indiensopleiding van onderwysers te ontwikkel ... Om hierdie doel te bereik is ’n model ontwerp wat die indiensopleidingsingreep vir die vak wiskundige geletterdheid bespreek."
Stereotipering van rotsklimmers: Ware helde of soekers na rampspoedige roem?
2016-09-07Waarom is sekere individue bereid om die bykans onmoontlike te waag, of om die uiterste grense van risiko’s te toets?
’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling en die Afrikaanse Standaard Vertaling van die Nuwe Testament
2016-09-05"Ofskoon ’n verstaan van die Gees en die vlees as twee heilshistoriese en eskatologiese bestaanswyses staan teenoor die interpretasie om die Gees en vlees te sien as ’n voortdurende stryd tussen die “sondige aard/natuur” van die mens wat ’n stryd voer met die inwonende Gees, hoef die eskatologiese verstaan nie ook te lei tot triomfalisme nie."
Die nuwe artikel 145(9) van die Wet op Arbeidsverhoudinge – uniek, maar welkom
2016-09-05"Werkgewers sal nie meer daarby baat om die hersiening uit te rek nie. Inteendeel, dit kan die monetêre remedie wat ’n werknemer uiteindelik kan kry, drasties vergroot."
Vonnisbespreking: Implementering van die internasionale strafhof se lasbriewe vir die inhegtenisname van die Soedannese president Omar Hassan Ahmad al-Bashir
2016-08-26"Op internasionale vlak het Suid-Afrika se versuim die internasionale strafhof met die situasie gekonfronteer oor hoe om teen ’n lidstaat op te tree wat nie sy verpligtinge uit hoofde van die Statuut van Rome nakom in ’n saak wat deur die Veiligheidsraad na die hof verwys is nie."
Die “grense van menswees” en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015)
2016-08-23"My gevolgtrekking is dat Samsa-masjien, ’n verhaal wat uiteindelik oor mense gaan, wel die grens tussen mens en dier afbreek. Die oorskryding van grense strek selfs verder deurdat die skeiding tussen mens, dier en masjien opgehef word."
’n Ondersoek na die verwerwing van klanke deur middel van musiek deur vreemdetaalstudente van Afrikaans
2016-08-18"Die studie toon dat studente wat na Afrikaanse musiek luister, tipiese klanke wat in Afrikaans voorkom en moontlik nie in ander tale nie, of wat problematies is ten opsigte van uitspraak, makliker en vinniger verwerf en duideliker uitspreek."




