LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Literêre prestige: Die geval Eleanor Baker
2016-02-18Het die vroulike perspektief en tematiek in Eleanor Baker se werk haar plek in die kanon negatief geraak? Marian Human-Nel en Hennie van Coller ondersoek Baker se literêre prestige.
Opgeroepte betekenis in literêre vertaling: Die vertaling van dialek en register in Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert
2016-02-05"In literêre tekste is die wyse waarop inligting oorgedra word dikwels ewe belangrik as die inhoud, aangesien dit onder andere inligting verskaf oor die taalgebruikers en taalgebruikskontekste." Maricel Botha kyk krities na die vertaling van dialek en register in The long journey of Poppie Nongena (Elsa Joubert 1980), die Engelse vertaling van Die swerfjare van Poppie Nongena (1978).
Geregtelike en wetgewende reaksies op seksuele misdade deur en teen kinders in Suid-Afrika en die potensiële gebruik van herstellendegeregtigheidspraktyke
2016-02-02"In hierdie voorlegging word regsprekende en wetgewende reaksies op seksuele misdrywe wat deur en teen kinders gepleeg is, ondersoek. Daar word aangevoer dat tradisionele bestraffende reaksies op verskillende vorme van seksuele misdaad ondoeltreffend is."
Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit
2016-01-29"Erkenning van die akademieskap van onderrig en leer as ’n navorsingsnis het die potensiaal om die gehalte van opleiding by universiteite, skole en ander opleidingsgeriewe te verbeter."
Briewe aan ’n diva: die verswyging van gay-identiteit in Gordon Jephtas se briewe aan May Abrahamse
2016-01-28In die 1980’s was Gordon Jephtas een van New York se mees gesogte répétiteurs, waar hy met operasterre soos Luciano Pavarotti, Joan Sutherland, Leontyne Price en Marilyn Horne gewerk het. Hilde Roos ondersoek die konsepte van die geheimhouding van gay-identiteit, divaverering en die operaqueen in Jephtas se briewe aan May Abrahamse gestalte gekry het.
Paul Kruger en die pers in die ZAR, 1890–1895
2016-01-19"In Mei 1893 is Eugène N. Marais, die redakteur en eienaar van die koerant Land en Volk, egter daarvan aangekla dat hy die President belaster het, en die verloop en uitslag van daardie saak het beslis ’n groot rol gespeel in die regering se besluit om ’n perswet te aanvaar."
Die nugtere mistiek van Andrew Murray
2015-12-28"Hierdie revisionêre herbesinning oor Murray se mistiek onderstreep dat die mistiek, soos Murray geskryf het, ’n wesenlike, selfs natuurlike, kenmerk van godsdienstige ervaring is en daarom ’n noodsaaklike plek in die godsdienstige diskoers het."
Die Belharbelydenis, die Bybel en Jesus van Nasaret
2015-12-23"Hoekom het die bevrydingsteoloë eers in die 20ste eeu ontdek dat die Drie-eenheid aan die kant van armes en onderdruktes staan? [...] Kry ons nie hier met twee weersprekende godsbeskouings te doen nie: (i) die God van die staat en die magtiges, en (ii) die God van die onderdruktes en armes?"
'n Prosesevaluering van 'n verkeersoortrederswerkopdrag
2015-12-21"Dit het dalk tyd geword dat daar in Suid-Afrika se regstelsel meer voorsiening gemaak word vir doeltreffende rehabilitasieprogramme eerder as blote boetes of tronkstraf."
“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van ’n loodsondersoek
2015-12-17In hierdie artikel lewer Nerina Bosman en Annél Otto verslag van ’n kwantitatiewe loodsstudie na die gebruik van u.
Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel
2015-12-15"Adjunkregterpresident Traverso het op 8 Desember 2014 die aansoek om ontslag, na sluiting van die vervolgingsaak teen Shrien Dewani, wat aangekla was van sameswering tot ontvoering, roof en moord van sy vrou, Anni, toegestaan. Hierdie beslissing was vir die oorledene se familie en lede van die publiek in die algemeen ’n skok ..."
Sin van plek, ingeplaastheid en bioregionaliteit in ’n kunstenaarsboek-installasie, Mooirivier: weerspieëling en weerklank
2015-12-14"Hierdie artikel bespreek ʼn praktykgebaseerde navorsingsprojek: ʼn kunstenaarsboek-installasie met die Mooirivier in die Potchefstroom-omgewing as tema."
Protreptiek en paranese: perspektiewe op die wending in boek 10 van Augustinus se Confessiones
2015-12-14"Die openingsparagrawe van boek 10 van die Confessiones word ontleed om aan te toon hoe dit ’n kontras vorm met die voorafgaande nege boeke, waar protreptiese kommunikatiewe doelstellings sterk op die voorgrond is."
’n Kritiese vergelyking tussen Basilius van Sesarea, Johannes Chrysostomus en Ambrosiaster se sienswyses aangaande die behandeling van slawe
2015-12-09"Al drie die skrywers op wie hierdie artikel fokus, het slawerny aanbeveel solank as wat slawe regverdig behandel is en lyfstraf slegs met gematigde geweld toegepas is."
Menseregte, die omgewing en omgewingskonstitusionalisme
2015-12-08"Deurdat omgewingsbewaring toenemend verskans word in grondwette, vernaamlik by wyse van omgewingsmenseregte, word die moontlikheid geskep om omgewingsbelange in ’n juridiese sin te verhef en om geleidelik aan die omgewing groter status te verleen binne die grondwetlik-beskermende domein van regstelsels oor die wêreld heen."
“Akkedisdis eet die visvis”: Orale narratief en persoonlike transformasie in die Karoo – ’n gevallestudie
2015-12-07"De Wee se narratief verwoord haar pogings om haarself en haar sosiale omgewing te transformeer deur die beklemtoning van sekere persoonlike en sosiale kwessies, veral haar stryd met epilepsie en ongeletterdheid, asook die dinamika van politiek, klas, gender en ouderdom."
Aanspreeklikheid weens ’n late: Versoening tussen die tradisionele en nuwe toets vir deliktuele onregmatigheid, of nie?
2015-12-03"Aangesien ons howe ’n konserwatiewe benadering tot die uitbreiding van Aquiliese aanspreeklikheid volg en daar nie voldoende positiewe beleidsoorwegings was wat aanspreeklikheid rugsteun nie, verdien die slotsom dat die late nie onregmatig was nie, instemming. Dan geld die basiese uitgangspunt in ons reg dat skade rus waar dit val (res perit domino)."
Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyke van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp
2015-12-03Henry Fillies en Aslam Fataar fokus in hierdie artikel op die aanpassings wat werkersklasleerders moet maak om hul leerpraktyke te bou. Hulle bied insig in wat dit verg om ’n leerder in ’n landelike werkersklasdorp te wees. Die artikel bied veral begrip van hul produktiewe leeridentiteitspraktyke te midde van diepgewortelde armoede.
Sinskonstruksies kenmerkend van Afrikaanse regstaal
2015-12-02"Lekelesers ondervind gereeld probleme met die taalgebruik in regsdokumente soos parlementswette en in verbruikersdokumente soos koopooreenkomste en testamente."
Die soeke na God in “Groot ode” van N.P. Van Wyk Louw
2015-11-20"Ons weet nie ons weet nie
hoe ver die liefde lê nie
die wat sê die weet nie
die wat weet die sê nie."




