LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
“Navorsing voed my siel”: Die verkenning van passie en produktiwiteit in die vertellings van erkende navorsers
2015-11-18"Akademiese gesprekke oor die persoonlike en emosionele betekenis van navorsing, soos passie, in die openbaar is grootliks taboe."
Bernard Stiegler se esteteologie en die nuwe otium van die volk
2015-11-11Johann Rossouw ontleed Bernard Stiegler se politieke ideaal, die nuwe otium van die volk.
Christus ongedaan – 'n evaluering van die betekenisverlies van die term gesalfde
2015-11-11Waar kom die naam Christus vandaan? In hierdie artikel herwin Pieter van Staden die aanvanklike kragtige inhoud van die woord.
’n Kwantifisering van kleinwêreldsheid in Afrikaanse kultuurnetwerke in vergelyking met ander komplekse netwerke
2015-11-05"Hierdie artikel stel ondersoek in na die kleinwêreldverskynsel in Afrikaanse kultuurnetwerke met spesifieke verwysing na die Afrikaanse filmbedryf en die Afrikaanse literêre sisteem."
Outeuridentifikasie: ’n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal
2015-10-29"Die doel van die huidige navorsing was om te bepaal tot watter mate dit moontlik is om vas te stel of ’n spesifieke individu die outeur van ’n spesifieke, beperkte stel (Afrikaanse) SMS’e is."
Wanneer jou kantoorgebou herbou word terwyl jy werk: ’n Studie oor die invloed van epistemologiese, politieke en nasionale veranderinge op onderwysersopleiding in afstandsonderrig
2015-10-26"Die doel van die artikel is om van die kennis en ervaring wat oor die jare opgedoen is, beskikbaar te stel vir nuwelinge in die veld van onderwysersopleiding."
Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer
2015-10-21"Die kognitiewe en taalontwikkelingsvlak eie aan die peuterontwikkelingsfase maak forensiese assessering van die peuter ingewikkeld en dikwels selfs onmoontlik, en peuters kan nie ʼn onderskeid tussen fantasie en realiteit tref nie."
Herinnering op die verhoog: performatiwiteit in David Kramer en Taliep Petersen se Kat and the Kings
2015-10-15"Vanweë die verweefdheid van wat agter die skerms gebeur en wat op die verhoog gebeur, word Kat and the Kings in hierdie artikel bespreek as ’n uitvoering en opvoering van die uitvoering en opvoering van herinnering."
Hans Huyssen se Little Portrait of the World: Allegorical Wind Quintet with Narration (1993)
2015-10-08Martina Viljoen en Nicol Viljoen ondersoek die mate waartoe programmatiese en simboliese elemente van storievertelling in Little Portrait meewerk om die komponis se verbintenis tot kwessies van ’n eksistensiële aard te belig.
Liefde vir die vreemdeling in Levitikus 19: uiteenlopende sienings oor vreemdelinge in die Heiligheidswetgewing
2015-10-01"Die voorkoms van vreemdelinge in ’n samelewing met die vrees en haat wat dikwels daarmee gepaardgaan is nie ’n moderne verskynsel nie. Ou Nabye Oosterse tekste soos die Ou Testament het ook met hierdie probleem geworstel."
Vonnisbespreking: Die toepassing van die gemeenregtelike in duplum-reël tydens gedingvoering, grondwetlike proporsionaliteit en die skeiding van magte
2015-09-22"Wanneer daar selfs op so ’n hoë vlak meningsverskille tussen regters bestaan sonder dat feite aangebied word om die standpunte te staaf, word aanbeveel dat die standpunt van appèlregter Willis in die hoogste hof van appèl in die Paulsen-saak gevolg word, naamlik dat die hof ’n diskresie behoort te hê om die in duplum-reël in gepaste omstandighede gedurende gedingvoering te laat geld of nie te laat geld nie."
Huisies aan die Rand: Ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond
2015-09-22Sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond word aan die hand van verskillende vertakkings van ekokritiek bespreek.
Tyd in ons tyd: Oor teologie en toekomsgeoriënteerde herinnering
2015-09-09"In hierdie artikel word daar na die moontlike kontoere en belofte van ’n teologie van toekomsgeoriënteerde herinnering gevra, as deel van die soeke na ’n verantwoordelike en konstruktiewe omgang met die verlede."
Leerspraak in mentorinteraksies – ’n ondersoek na die interaksionele aard van leer
2015-09-09"Die diepgaande ontleding van twee leerinteraksies in hierdie studie demonstreer die perspektiewe op die interaksionele aard van leer wat deur gespreksontledingsmetodes oopgemaak word."
Wat die drome nie genees nie: kan toestemming tot benadeling steeds aanspreeklikheid weens sportbeserings uitsluit?
2015-09-09"Sportfederasies behoort meer te doen om die veiligheid van spelers te bevorder, sodat hulle latere eise van oudspelers kan vermy."
Gebrokenheid en geweld: enkele voorbeelde van hedendaagse Suid-Afrikaanse kuns
2015-09-03Die artikel ondersoek op maniere waarop voorstellings van ’n radikale menslike gebrokenheid verhoudings tussen kuns en godsdiens kan verdiep en verryk. Daar word gefokus op die werk van sommige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat beduidend beïnvloed is deur die huidige gewelddadige klimaat in Suid-Afrika.
’n Verskuiwing na ’n oper en meer “pragmatiese” lees van Romeine 13:1–7?
2015-08-26"Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer."
Paul Ricoeur se begrip van transendensie met betrekking tot tyd en narratief
2015-08-25"Paul Ricoeur se verstaan van die narratiewe struktuur van menslike “tydlikheid” bevat ’n dialektiese begrip van die transendensie van tyd, ’n begrip wat meer inhou as die gebruiklike tweedeligheid van transendensie en immanensie."
Die nuwe bekostigbaarheidsassessering-regulasies ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 van naderby beskou
2015-08-25"Regulasie 23A word met maatreëls in verband met die kredietgewer se verpligting om die verbruiker se skuldterugbetalingsgeskiedenis ingevolge kredietooreenkomste in ag te neem, asook bepalings ter regulering van diverse aangeleenthede afgesluit. Die doel van hierdie bespreking is om regulasie 23A en die definisies wat daarmee verband hou, onder die loep te neem en oor die moontlike gevolge daarvan te besin."
“Rubriekmaak” à la ryk, ryker, Rykie – Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers
2015-08-19Kan ’n nuwe generasie (blog)rubriekskrywers baat vind by die stylkenmerke van Rykie van Reenen se rubrieke? Lizette Rabe ondersoek Van Reenen se “rubriekmaak”.




