LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

’n Ontleding van Hertzogpryswenners se uitgeweryprofiele in terme van die Afrikaanse literêre netwerk en met behulp van Sosiale-netwerk-analise (SNA)

Burgert A Senekal 2013-10-09 "In hierdie artikel word die netwerkteorie aangewend om ondersoek in te stel na watter uitgewerye die meeste betrokke is by die publikasie van werke wat uiteindelik met die Hertzogprys bekroon word."

Die skep van ruimte in ’n roman, met verwysing na die drie koepelromans van Hans du Plessis

Hans du Plessis 2013-10-08 "Die doel van hierdie artikel is om die toepassing van ruimte as skeppingselement in drie romans met dieselfde narratiewe ruimte te ondersoek."

Vonnisbespreking: Hoe om ’n komparant se brouwerk reg te maak

Johan Lötz 2013-10-01 In hierdie vonnisbespreking word die verskeie moontlikhede om ’n komparant (aktevervaardiger) of aktekantoor se registrasiefoute reg te stel, onder die loep geneem.

Depressie en die wêreld van werk – ’n arbeidsregtelike perspektief

Denine Smit, Laetitia Fourie 2013-09-25 "Hierdie navorsing dui daarop dat die Suid-Afrikaanse statute en instrumente gebrekkig is wat betref die mate van beskerming wat dit aan sowel werknemers met depressie as hul werkgewers verleen."

Akoestiese ontleding van die vokale van bruin en wit jong, vroulike sprekers van Afrikaans

Daan Wissing Academic research 2013-09-20

"In hierdie artikel word ’n akoestiese ontleding gegee van die variasiepatrone van die vokaalsisteme van twee groepe – een wit en een bruin – vroulike Afrikaanssprekendes van ongeveer twintig jaar oud."

Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?

Ernest van Eck, Ralph Barnard LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2013-09-18

"Hierdie artikel, in oorwegend toegepaste vorm, poog om die debat oor die sewe tekste in die Bybel wat met “homoseksualiteit” verbind word, so toeganklik moontlik aan nieteoloë bekend te stel. Sodoende kan ’n meer verantwoordelike omgang met die teks van die Bybel moontlik bevorder word."

Die heldereis as model vir karakterontwikkeling in dramadraaiboeke

Francois Human 2013-09-11 "Hierdie artikel evalueer die voorstel dat die heldereis as model vir karakterontwikkeling deur draaiboekskrywers aangewend kan word."

Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma

Helena van Coller 2013-09-11 "Die kwessie van homoseksuele predikante, gay-huwelike en gay-legitimasie is van die enkele komplekse juridiese en morele vraagstukke wat die pluralistiese Suid-Afrikaanse samelewing konfronteer."

Tweede jaarlikse Taalmuseum-lesing ter viering van Erfenisdag

2013-09-06 Jy word vriendelik uitgenooi na die tweede jaarlikse Taalmuseum-lesing ter viering van Erfenisdag.

Die miskruier, hoop en die verlede – Miskruier (2005) deur Jaco Botha as kritiese distopiese roman

Joan-Mari Barendse 2013-09-04 "In hierdie artikel word daar geargumenteer dat Miskruier (2005) deur Jaco Botha hoofsaaklik as ’n kritiese distopie beskou kan word as gevolg van die wyse waarop die verlede hanteer word in die roman."

Oneindigheid as religie-relativerende en -insluitende horison

Kobus Krüger LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2013-09-03

"Die slotsom is dat dié model ’n belowende metafisies-mistieke horison bied om die groot verskeidenheid historiese religieë positief met mekaar in verband te bring, krities te relativeer en bevestigend saam in te sluit."

Teoretisering van die selfkonsep van studente wat hakkel

Karlien Conradie, Estelle Swart 2013-08-26 "Hierdie artikel rapporteer die bevindinge van ’n kwalitatiewe studie wat ten doel gehad het om ondersoek in te stel na die selfkonsep van studente tussen die ouderdom van 18 en 22 jaar wat hakkel."

J.M. Coetzee se Summertime (2009) as laatwerk

Helize van Vuuren 2013-08-13 "Min toegewings word aan die leser gemaak, tipies van ouer skrywers in die laatwerkperiode, wat meer konsentreer op laaste werke waarmee hulle hul eie vermoëns uitdaag en minder op die kommunikatiewe aspek van werke."

Die problematiek verbonde aan die identifikasie van Taenia spp. in honde (Canis familiaris), jakkalse (Canis mesomelas) en rooikatte (Caracal caracal) in Suid-Afrika

Dionne Crafford, Dawie Kok LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2013-08-06

"Die lintwurm Taenia solium, met sy feitlik wêreldwye verspreiding, is inderdaad seker die bekendste parasiet wat mense besmet. Reeds so vroeg as 1550 v.C. is verwysings gevind na lintwurmbesmetting in mense."

Praktiese wysheid (fronesis) in ’n verdeelde samelewing

Pieter Duvenage 2013-07-31 "In hierdie bydrae word die begrip praktiese wysheid (“fronesis”) ondersoek en krities verken. Die begrip het sy wortels in Aristoteles se werk."

Afrikaners is nostalgierig: Afri-Frans as vertaling van identiteit

Jaco Alant 2013-07-24 "Afri-Frans word as deel van die nostalgie-genre in die Afrikaansgesinde musiekbedryf gesien, en die vertaalkundige dimensie van Afri-Frans, wat die vertaling van ’n aantal liedjies van Afrikaans na Frans behels, word binne hierdie “nostalgie” geïnterpreteer as wisselwerking, deur middel van vertaling, van taal en verskeie aspekte van identiteit."

“Ek kan eintlik net hartseer musiek skryf …” – Die selektiewe kanonisering van Arnold van Wyk (1916–1983) se werke

Suzanne Strauss 2013-07-17 "Elegiese konnotasies word aan talle van Arnold van Wyk se werke geheg, veral aan dié werke waarvan die titels beelde van eensaamheid of weemoed oproep. Hierdie elegiese beeld van Van Wyk het gaandeweg die karakter van ’n mite aangeneem."

Die media, demokrasie en burgerlike deelname: ’n Etiek van luister

Herman Wasserman 2013-07-09 "As deel van demokratisering het die Suid-Afrikaanse media betekenisvolle veranderinge in eienaarskap en regulering ondergaan, en die media moes hulself heroriënteer ten opsigte van ’n nuwe demokratiese omgewing."

Die mate van konsekwentheid in SMS-Afrikaans

Jako Olivier LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-07-03

"In hierdie artikel word ’n oorsig gebied oor die sosiolinguistiese agtergrond waarin SMS-taal funksioneer aan die hand van relevante literatuur."

Wagneriaanse vergestaltings in Etienne Leroux se 18-44

Paula Fourie 2013-06-26 "Vanuit ’n musiekwetenskaplike perspektief is die talle verwysings na die musiekdramas van Wagner in 18-44 opvallend. Hierdie artikel neem as vertrekpunt ’n lesing van 18-44 as ’n teks tussen tekste, spesifiek met betrekking tot Richard Wagner se Der Ring des Nibelungen."
Top