LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die uitwerking van mentorhulp op kunsonderrig in laerskole

Georina Westraadt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2015-06-22

"Die navorsingsprojek waarop hierdie artikel gebaseer is, ondersoek of die behoeftes van algemeen-opgeleide, onervare en onderopgeleide onderwysers wat dus nie vakspesialiste in kuns is nie, maar wel die vak moet gee in skole, deur mentorhulp bevredig kan word."

Gedeeltelike beskrywing van bakterieë in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiële probiotika

Anneke Postma, Karin Jacobs LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2015-06-18

Perlemoenboerdery is een van Suid-Afrika se belangrikste akwakultuurbedrywe. Van die grootste probleme in hierdie bedryf is die stadige groeitempo van die perlemoen en ekonomiese verliese as gevolg van siektes.  Hierdie studie het die bakterieë in die perlemoen se spysverteringskanaal ondersoek om een te identifiseer wat as probiotikum gebruik kan word.

Die basiese-struktuur-leerstuk: ’n basis vir die toepassing in Suid-Afrika, of ’n skending van die skeiding van magte?

Cecile van Schalkwyk LitNet Akademies (Regte) 2015-06-17

Hierdie artikel oorweeg die potensiële oorname van die basiese-struktuur-leerstuk van Indië in Suid-Afrika. Dié leerstuk bepaal dat, ten spyte daarvan dat die formele en prosedurele vereistes vir wysiging nagekom is, ’n wysiging aan die Grondwet ongrondwetlik sal wees indien dit die basiese struktuur van die Grondwet skend, negeer of vervang.

Eerbied vir die lewe: Albert Schweitzer se etiek as lewensfilosofie

Pieter Botha LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-06-03

"Hoe gebeur dit dat hoe harder ons werk vir vordering en sukses, hoe meer blyk ondergang en vernietiging en sinloosheid na vore te tree?"

Die invloed van elektroniese media en die totstandkoming van ’n nuwe sosiale paradigma in ’n onlangse Afrikaanse jeugroman

Johan Anker LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-05-26

Die artikel ondersoek na die invloed van moderne elektroniese media en die totstandkoming van ’n nuwe sosiale paradigma in Die verdrinking van Josua van Eden deur Carina Diedericks-Hugo.

Vonnisbespreking: Die doodskoot vir of slegs die verwonding van die eis teen die derdeparty-egbreker?

Marita Carnelley LitNet Akademies (Regte) 2015-05-20

"’n Blote aanname dat die Suid-Afrikaanse regstelsel die meerderheid Westerse regsoplossings moet aanvaar, is nie ’n voldoende argument binne ’n Afrikaïese en multikulturele verband nie."

Plek as liggaam en liggaam as plek. Tendense van die nuwe materialisme en interaksie tussen mens en plek in enkele tekste uit Verweerskrif (2006) van Antjie Krog

Susan Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-05-14

In hierdie artikel word die plek as liggaam en liggaam as plek deur middel van ’n ekokritiese en die nuwe-materialisme-benadering verken aan die hand van gekose verse uit Antjie Krog se bundel Verweerskrif (2006).

Suid-Afrikaanse howe se hantering van verlore testamente

James Faber, François du Toit LitNet Akademies (Regte) 2015-05-13

"Hierdie bydrae belig, teen die agtergrond van die Boedelwet 66 van 1965 se voorskrifte rakende die hantering van testamente deur die meester van die hooggeregshof, enkele uitsprake waarin Suid-Afrikaanse howe se toepassing van die gemenereg ten opsigte van verlore testamente vir kritiek vatbaar is."

Totius: die ironie van vergewe en vergeet

Gerrie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-05-07

"Die vraag van hierdie artikel is derhalwe die volgende: Watter waarde kan ’n mens aan Totius se werke heg, sestig jaar na sy afsterwe? Moet dit nie uiteraard, gegewe sy rassisme, te lig bevind word nie? Anders gestel, is dit enigsins moontlik om Totius binne ’n postapartheids­bestel te rehabiliteer?"

Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter)

Adéle Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-04-29

"Binne die konteks van spel in die literêre teks moet die leser bereid wees om, soos die skrywer, die derde ruimte, die tussengebied van die speelwêreld, te betree."

Versoening in aksie. Enkele gedagtes oor die Brief aan Filemon en ons nadenke oor versoening

D. Francois Tolmie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-04-28

Kan Christelike brondokumente ’n sinvolle bydrae tot die soeke na versoening in Suid-Afrika lewer?

Die Kaapse kerk en die Boereoorlog

Vincent Brümmer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-04-22

Wat was die houding van die Kaapse kerk en sy leiers jeens die Boereoorlog?

Die oorlogsherinneringe van P.H. Roux: verontskuldiging of ’n juiste verklaring van die oorgawe in Julie 1900?

Jaco de Bruin, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-04-17

Jaco de Bruin en André Wessels ontleed die oorlogsherinneringe van een van die hoofkarakters in die drama wat in die Brandwaterkom ontvou het met oorgawe van hoofkommandant Marthinus Prinsloo en meer as 4 000 burgers gedurende die Anglo-Boereoorlog.

Vonnisbespreking: Statutêre aandeelhouersbeskerming: die geregtelike beoordeling van onderdrukkende en onredelik benadelende direksiebesluite

Christiaan Swart, Marianne Lombard LitNet Akademies (Regte) 2015-04-16

"Die hof lê die sober beginsel neer dat indien ’n applikant nie kan bewys dat direkteure hul vertrouenspligte verbreek het nie, die applikant se aansoek kragtens artikels 163 selde sal slaag, alhoewel die moontlikheid nooit uitgesluit kan word nie."

Aantekeninge oor regsaspekte van ouervervreemdingsindroom in Suid-Afrika

Chrizell Chürr LitNet Akademies (Regte) 2015-04-08

In die algemeen behoort hofamptenare, gesinsadvokate en enige ander betrokke beamptes bewus gemaak en opgelei te word ten einde ouervervreemding so te hanteer dat daar in die beste belang van die kind opgetree word.

’n Alledaagse andersheid: ’n Ondersoek na Lauren Beukes se Zoo City as voorbeeld van heterotopiese literatuur

Alettie van den Heever LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-04-08

In die lig van ’n ontleding van Zoo City as heterotopiese roman maak Alettie van den Heever ’n gevolgtrekking oor die ideologiese argitektuur van die roman en gee ’n antwoord op die vraag of Beukes se spekulatiewe fiksie in die geval van Zoo City net nog ’n ontvlugtingsopsie is.

Vonnisbespreking: Korrek beslis binne die raamwerk van wesenlik irrelevante reg

Koos Malan LitNet Akademies (Regte) 2015-03-26

Koos Malan bespreek die uitslag in Lourens v Speaker of the National Assembly oor die grondwetlikheid al dan nie daarvan dat alle wetgewing nie in alle amptelike tale gepubliseer word nie.

Van doekvoet na eendvoet: Die vertaling van Afrikaanse romans in Frans

Johanna Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-03-18

Hierdie artikel is ’n ontleding van die verskynsel van abbavertaling en bied ’n kort oorsig oor die vertaling van Afrikaanse romans in Frans.

Verbreking van die psigologiese kontrak tussen werknemer en werkgewer, en gedingsvatbare persoonlikheidskrenking

Johann Neethling, Annette Snyman LitNet Akademies (Regte) 2015-03-06

"Afgesien van die formele, skriftelike dienskontrak tussen werkgewers en werknemers, bestaan daar ook ’n stel ongeskrewe wedersydse verwagtinge tussen hierdie partye: sogenaamde psigologiese kontrak."

’n Arabiese Lente in eietydse Suid-Afrika?

Wynand Greffrath, André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-03-03

"Gegewe die hoë vlakke van sosio-ekonomiese ongelykheid, werkloosheid en armoede in Suid-Afrika, heers daar kommer dat die heersende plaaslike politieke klimaat ook ’n teelaarde vir revolusionêre regimeverandering verteenwoordig."

Top