LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Die voormoderne en moderne tyd se stryd vir vrygeskepte skone kuns
2014-11-19 Frikkie Potgieter kom in sy artikel tot die gevolgtrekking dat diegene wat vrygeskepte kuns koester vandag die taak het om 'n ruimte vir sulke kuns te beding sonder om hulle tot essensialistiese argumente te wend aangesien sulke argumente betaalwaarde verloor het. Dít is een van die hooftake van die postmodernisme.Strafregtelike struikelblokke in die mishandelde persoon se stryd om geregtigheid
2014-11-17 Hierdie artikel ondersoek die struikelblokke wat mishandelde persone dikwels as beskuldigdes in die soeke na geregtigheid ondervind, met bepaalde klem op noodweer en nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid.Direkte vertaling van die Bybel as antieke teks: net ’n nuwe benaming vir ’n stokkerige woordelikse vertaling?
2014-11-12Christo van der Merwe bied in sy artikel enersyds ’n kritiese blik op die vertaalteoretiese grondslae van die dinamies-ekwivalente 1983-vertaling en, andersyds, die akademiese besinning wat ten grondslag van die nuwe vertaling lê. Sy studie illustreer dat die term direkte vertaling ’n poging verwoord om ’n vernuwende oplossing te bied vir die spanning tussen getrouheid aan die antieke bronteks en verstaanbaarheid daarvan vir Bybellesers vandag.
Vonnisbespreking: Grondwetlike aspekte van die registrasie van huisbouers en die billikheid van private arbitrasiebeslissings
2014-11-11 Ingevolge die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers 95 van 1998 kan aanspraak op vergoeding vir brouwerk deur bouers slegs gemaak word indien die bouer geregistreer is.Taalverskuiwing en taalhandhawing onder Afrikaanse ekspatriate
2014-11-11Hierdie artikel ondersoek die aard van taalverskuiwing en -handhawing wat voorkom onder Afrikaanssprekendes wat oor die wêreld heen geëmigreer het.




