LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die nuwe ondernemingsreddingspraktisyn: Geneesheer of begrafnisondernemer? ’n Ondersoek na die kwalifikasies van die reddingspraktisyn.

Lézelle Jacobs 2012-08-02 "In die huidige ekonomiese klimaat, waar al hoe meer maatskappye onder finansiële druk verkeer, is ’n effektiewe besigheidsreddingstelsel van onskatbare waarde."

Gewone lesers aan die Kaap, c. 1680 tot 1850

Archie Dick LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2012-08-01

"Die leeskulture van die slawe, vryswartes en arbeiders in die vroeë Kaap vertel ons nie net waarvan hierdie mense gehou het nie, maar ook wie hulle was en hoe hulle die wêreld verstaan het."

Die politiek van die estetiese in ’n postkoloniale konteks: menswaardigheid en vryheid van uitdrukking in die debat rondom Brett Murray se skildery The Spear

Jaco Barnard-Naudé, Pierre de Vos 2012-07-24 "Behoort die vernedering van ’n politikus aan die hand van ’n kunswerk ooit gevier te word, of moet dit te alle tye verwerp word?"

’n Multiperspektiefbenadering tot die ontwerp van ’n Afrikaanse taakgebaseerde sillabus op universiteitsvlak

Elbie Adendorff 2012-07-19 "Die taakgebaseerde teorie het die afgelope dekade as ’n invloedryke teorie na vore gekom as raamwerk vir navorsing oor die kognitiewe aard van tweedetaalverwerwing en -ontwikkeling binne die konteks van kommunikatiewe taalonderrig."

Begrafnisregte in die konteks van die Afrika-gewoontereg en die rol van die testamentopsteller

Christa Rautenbach, George Pelser 2012-07-13 "In ’n multikulturele land soos Suid-Afrika is konflik in die konteks van begrafnisse soms die reël eerder as die uitsondering."

Faktore wat kan bydra tot die ontwikkeling van ’n kultuurtoepaslike milieu vir Sesotho/Setswana-bejaarde persone in residensiële-sorg-eenhede

Sanet du Toit 2012-07-09 "Die aanbied van en deelname aan toepaslike aktiwiteite is die sleutel tot menswaardigheid, en menswaardigheid vorm deel van sosiale geregtigheid."

Demokrasie en demokratisering in Afrika (Deel 2): Die belangrikste faktore wat substantiewe oorgang belemmer

Chris Nelson 2012-06-28 "Politieke kultuur word deur politieke wetenskaplikes beskryf as die patroon van oriëntasies of ingesteldhede van ’n samelewing jeens politieke objekte soos partye, regerings en die grondwet en uitgedruk in oortuigings, simbole en waardes."

Demokrasie en demokratisering in Afrika (Deel 1): Konsepte, teoretiese benadering, historiese oorsig en huidige stand

Chris Nelson 2012-06-19 "Terwyl die demokratiseringsproses in die meeste wêrelddele met aansienlike sukses geïnisieer en gekonsolideer is, was dit in Afrika nie die geval nie."

Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman

Susan Smith 2012-06-12 "Ekokritiek kan breedweg gesien word as die studie van kultuurprodukte soos kunswerke, skryfwerk en wetenskaplike teorieë wat hulle bemoei met die menslike verhouding met die natuurlike wêreld."

Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling: poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)-nanovesels met silwer-nanopartikels.

Danielle du Plessis, Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks, Thomas Eugene Cloete LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-06-08

"Die doel van hierdie navorsing was om ’n bydrae te lewer tot bestaande kennis in waterfiltrasie en -ontsmetting en die ontwikkeling van nuwe tegnologie wat in die afsienbare toekoms toegepas kan word om verligting te bring aan gemeenskappe en gebiede wat nie toegang tot veilige drinkwater het nie."

Vonnisbespreking: Beskrywing van geskenkte onroerende goed wat met ’n verband beswaar is

Johan Lötz, Chris Nagel 2012-06-07 Hierdie vonnisbespreking handel oor die vraag of die feit dat onroerende goed wat geskenk word met ’n verband beswaar is, ’n wesenlike beding is wat in die skenkingskontrak vervat moet word ten einde aan die geldigheidsvereistes van artikel 5 van die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956 en artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding 68 van 1981 te voldoen.

’n Inligtingstegnologie-gesentreerde gebruikerskoppelvlak vir navorsingsdoeleindes binne die geesteswetenskappe met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde

Burgert A Senekal 2012-06-06 "Inligting is ’n wesenlike probleem in die 21ste eeu – meer so as in vorige tydperke waar relevante, akkurate inligting uit kleiner datastelle ontgin moes word. Bo en behalwe die problematiek rondom die verifiëring van inligting en die impak wat die leser se vooroordele het, word die hedendaagse mens met ’n data-tsoenami gekonfronteer."

Die relatiewe welvaart van die vroeë Kaapse setlaars

Johan Fourie 2012-05-31 "Deur van 2 577 onlangs gedigitaliseerde boedelinventarisse gebruik te maak, toon hierdie artikel dat die gemiddelde Kaapse setlaarshuishouding relatief welaf was aan die begin van die 18de eeu..."

Om ’n deeglike “aanmaning van sterflikheid” te kry: katabasis, relasionaliteit en retrovisie in Die benederyk van Ingrid Winterbach

Adéle Nel 2012-05-25 "My uitgangspunt is dat relasionaliteit op tweërlei wyse in Die benederyk manifesteer: as ’n ontologiese verwantskap op persoonlike vlak tussen mense (hetsy met betrekking tot familie- of vriendskapsbande), en ook as ’n ontologiese verwantskap tussen spesifieke kunstenaars deur die eeue heen."

Aantekeninge: Die reg op kennis van die eie afstamming

Johann Neethling 2012-05-17 "Die belangrikheid van die reg op kennis van die eie afstamming beteken nie dat dié reg absoluut geld nie, aangesien dit in botsing kan kom met byvoorbeeld die reg op privaatheid van die biologiese ouers."

Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing

Alta van Rensburg 2012-05-16 "Die onakkurate vertaling van eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing kan studentesukses benadeel, byvoorbeeld as die vertaling dubbelsinnig is of as onbekende terminologie gebruik word. Een van die metodes om vertalings van hoë gehalte te verseker, is om die konsepvertaling wat deur ’n eerste vertaler geskep is deur ’n tweede vertaler te laat nagaan."

“ek het ? liggaam, daarom is ek”: Outobiografiese elemente in Antjie Krog se Verweerskrif

Marisa Botha 2012-05-10 "Antjie Krog is bekend as grensverskuiwende digter, maar met die publikasie van Verweerskrif (2006) ontlok sy moontlik die hewigste kritiek ooit in haar poëtiese loopbaan. Die kritiek sentreer op die uitdagende omslag, asook op onontginde temas in die Afrikaanse digkuns: menopouse en die ouer vrou se seksualiteit."

Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-05-10

In hierdie artikel enumereer die skrywers verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.

’n Kritiek op ’n normatiewe vergelyking van die 2003- en 2011-weergawes van die South African Languages Bill aan die hand van sosiolinguistiese beginsels van taalwetgewing

Theodorus du Plessis 2012-05-01 Die hersiene weergawe van die South African Languages Bill wat sedert Julie 2011 in omloop is en gedurende Oktober 2011 vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer is, het heelwat negatiewe reaksies ontlok en kritici bevind onder meer dat dit ’n afgewaterde weergawe van sy voorganger (die 2003-weergawe) is. Maar is die 2003-weergawe werklik ’n beter wetsontwerp en sy 2011-opvolger by implikasie dan ’n slegter ontwerp?

’n Wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika: ideaal, wenslik, haalbaar, werklikheid, hersenskim?

Charl Wolhuter 2012-04-19 Hierdie artikel ondersoek Suid-Afrikaanse hoër onderwys met betrekking tot die strewe na die vestiging van wêreldklasuniversiteite, wat in baie lande van die wêreld nagestreef word.
Top