LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Vonnisbespreking: Die siviele verbod op haatspraak – “Shoot the Boer” in die gelykheidshof, hoë hof en die uitsaaiklagtetribunaal

Anton Kok, Louis Botha 2014-04-29 Artikel 10 van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie skep ’n eisoorsaak gebaseer op haatspraak. Alhoewel howe verplig is om artikel 10 toe te pas wanneer ’n party beweer dat haatspraak plaasgevind het, gebeur dit nie altyd nie.

Ingrypende ontwikkeling in die oproepingsproses van verbande op onroerende sake

Michelle Fuchs 2014-04-22 Hierdie artikel fokus op ingrypende veranderings wat in die oproepingsproses ten aansien van verbande op onroerende sake as gevolg van die Grondwet deur onlangse regspraak teweeggebring is.

D.J. Opperman se laatwerk

Helize van Vuuren 2014-04-15 Dié navorsing oor D.J. Opperman fokus op Celan, Dolosse van 1963 (spesifiek gefokus op “Vuurbees”), Opperman en N.P. Van Wyk Louw se digterlike mededinging, en op Opperman se twee soorte laatwerk wat nie inpas in enige bekende patroon van laatwerk soos beskryf deur teoretici nie.

Die verrekening van taalvariasie in die prosawerk van Elias P. Nel

Frank Hendricks Academic research 2014-04-11

In hierdie artikel val die soeklig op twee streeksliteratuurbundels van Elias P. Nel, naamlik Iets goeds uit Verneukpan? en Mafoiing en annerlike gelofietjies, wat onderskeidelik in 1998 en 2001 gepubliseer is.

Verwonde en verwarde adolessente – enkele pastorale merkers

Wentzel Coetzer 2014-04-08 In hierdie artikel val die klem op die pastorale begeleiding van adolessente wat worstel met emosionele verwonding wat in talle gevalle reeds in hul vroeë kinderjare voorgekom het.

Ekokritiek en die nuwe materialisme: ’n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2012)

Susan Smith 2014-04-02 Wat is die teoretiese agtergrond van die nuwe materialisme en objekgeoriënteerde ontologie en hoe kan aspekte daarvan as ekokritiese leesstrategieë aangewend word? Susan Smith stel ondersoek in en pas dit toe op gedigte van Johann Lodewyk Marais uit sy bundel In die bloute (2012).

Vonnisbespreking: ’n Oorwinning in die stryd teen straffeloosheid vir die plegers van menseregteskendings

Neels Swanepoel 2014-04-02 Neels Swanepoel bespreek die saak waarin die hoogste hof van appèl se uitspraak ’n beduidende bydrae gelewer tot die eeue oue stryd teen die straffeloosheid wat plegers van wandade voorheen skotvry daarvan laat afkom het.

Populêre filosofie en die Nuwe Testament

Johan Thom LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2014-03-25

Onlangse navorsing het bevestig dat Paulus en ander Nuwe-Testamentiese skrywers van idees en praktyke gebruik gemaak het soortgelyk aan dié wat in tydgenootlike filosofiese tradisies aanwesig was.

Lees hier: Nuwe fooistruktuur vir LitNet Akademies

2014-03-17 Nes altyd, sal geen bladgelde gehef word nie, en word navorsingsgeld direk aan navorsers betaal. Die nuwe reëling wis die ongelykheid tussen afdelings uit, en 'n navorser in byvoorbeeld die regte sal dieselfde bedrag ontvang as byvoorbeeld 'n navorser in die filosofie.

Arbitrêre gronde vir onbillike diskriminasie en die bewyslas in arbeidsgeskille

Dawid de Villiers LitNet Akademies (Regte) 2014-03-17

Hierdie artikel verken in die eerste plek die geskiedenis oor die wyse waarop onbillike diskriminasie ’n selfstandige eisoorsaak geword het. Die aard van die gelyste en sogenaamde arbitrêre gronde en die verskil tussen hulle het heelwat bespreking uitgelok en is die tweede fokus van hierdie ondersoek.

’n Eeu van orde in sakeondernemings in dorpe van die Oos-Kaapse Karoo

Daan Toerien LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-03-13

Vroeëre waarnemings van ’n reglynige verband tussen bevolkingsyfers en die getal sakeondernemings in Suid-Afrikaanse dorpe bied ’n nuwe benadering om sakedinamika in dorpe te ondersoek

Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes

Dirk van der Merwe LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2014-03-05

In hierdie artikel word die eenheidsbegrip, wat die matriks van die Johanneïese spiritualiteit vorm, ondersoek. Vir die skrywer van hierdie Evangelie is die eenheid tussen Jesus en sy dissipels gegrond op die eenheid tussen Jesus en die Vader.

Die onsekerhede aangaande die toepaslike huweliksgoederebedeling(s) in poligame gewoonteregtelike huwelike by nienakoming van artikel 7(6) van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike

Caroline Müller-Van der Westhuizen LitNet Akademies (Regte) 2014-03-04

Hierdie bespreking beoordeel of artikel 7(6) van die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 geïnterpreteer moet word as 'n vereiste vir 'n geldige gebruiklike huwelik, in die lig van die onlangse uitsprake van die Noord-Gauteng Hooggeregshof, die hoogste hof van appèl en die konstitusionele hof, almal ten opsigte van Ngwenyama.

Die opskorting van pasiëntvertroulikheid in aptekerswese: ’n Etiese ontleding

Johann Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-03-03

Dit noodsaak aptekers om bepaalde morele besluite self te neem wat sekere situasies met pasiënte betref. Die artikel se doel is om binne ’n filosofiese raamwerk die agtergrond te ondersoek waarbinne pasiëntvertroulikheid verbreek sou kon word.

Blinde alfabet: ’n Moedswillige Willem Boshoff reken af met meerderwaardigheid – ’n neo-Marxistiese interpretasie

Rita Swanepoel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-02-21

Die gesprek wat tussen siende en blinde mense in Blinde alfabet ontlok word, kan as ’n metafoor dien vir die gesprekke en nuwe vriendskappe wat gevorm kan word in ’n demokratiese Suid-Afrika tussen mense wat binne ’n koloniale en apartheidsbestel kunsmatig verdeeld was en mekaar gevolglik nie op ’n sosiale vlak geken het nie.

Vestiging van versekeringseise teen omgewingskade wat deur hidrobreking aangerig word

Birgit Kuschke LitNet Akademies (Regte) 2014-02-21

Hierdie artikel bespreek die aard van die versekeringsvestigingsfeite en die problematiek van die praktiese toepassing daarvan, en ondersoek moontlike oplossings vir die komplikasies wat deur meervoudige of kumulatiewe kousaliteit en meervoudige dekking veroorsaak word.

Kwessies van mite en moraliteit by G.R. von Wielligh se Boesman-optekeninge

Jean Lombard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-02-11

Von Wielligh noem uitdruklik dat die “onbeskaafde” Boesman oor nie veel meer as bygeloof beskik nie. Uit ’n noukeurige lees van die inleidings word dit egter duidelik dat hy veel meer waardering vir die Boesmans se godsdiensbelewing het as wat hy bewustelik toegee.

Die repudiëring van ’n erfenis deur die insolvente erfgenaam – ’n vervreemding of nie?

Leonie Stander, Juan Redman LitNet Akademies (Regte) 2014-02-11

Die doel van die ondersoek is om onlangse regspraak aan die hand van toepaslike beginsels van die erfreg en insolvensiereg, asook die standpunte van skrywers in hierdie verband, te bespreek en te ontleed.

Vonnisbespreking: ’n Perspektief op die impak van die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002 op voorheen bestaande regte

Elmarie van der Schyff, Nic Olivier LitNet Akademies (Regte) 2014-02-04

Die ontstaan van talle van die land se bestaande sosio-ekonomiese vraagstukke word ook vandag direk verbind aan diskriminerende praktyke soos dit parallel met, en in die konteks van, die land se mynboubedryf ontwikkel het.

Liefde, politieke broederskap en die verbintenisse van verwerking: Alan Paton se Cry, the beloved country

Etienne Viviers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-01-31

Hierdie artikel ondersoek biografiese, intellektuele en geskiedkundige koppelings tussen die roman Cry, the beloved country en twee verbandhoudende verwerkings daarvan in die tydperk onmiddellik ná die roman se publikasie. Aandag word gegee aan die historiese en sosiale kontekste waarin die roman, musiekblyspel (Lost in the stars) en rolprent bekend geword het.

Top