LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Vonnisbespreking: Facebook en persoonlikheidsbeskerming

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2014-01-29

Toegepas op Facebook, beteken dit dat die persoonlike inligting wat ’n gebruiker op Facebook plaas deel van sy of haar privaatheid vorm en dat enige ongemagtigde kennisname deur ’n buitestander van sodanige inligting prima facie onregmatig sou wees.

Woordspeling en die vorming van handelsname in gedrukte advertensiekommunikasie

Angelique van Niekerk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-01-21

 Taal is een van die instrumente wat kopieskrywers gebruik om die teikenmark se aandag in advertensies te trek ... Om werklik funksioneel vir die bemarkingsboodskap te wees, moet die woordspel (aandag gevra) op die produk/diens of handelsnaam gerig wees.

Vonnisbespreking: Dogmatiese verkenning van die reg op privaatheid kry verdere erkenning in die regspraak Greeff v Protection 4U h/a Protect International 2012 6 SA 393 (GNP)

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2014-01-20

Die reg op privaatheid word gemeenregtelik en grondwetlik as ’n selfstandige persoonlikheidsreg erken en beskerm, en riglyne vir die toekomstige ontplooiing van hierdie reg is grootliks uitgestippel...

Regsetiek as deel van die LLB-kurrikulum

Christa van Wyk LitNet Akademies (Regte) 2014-01-15

In hierdie artikel word van die veronderstelling uitgegaan dat die doseer van regsetiek aan universiteite die probleem kan help oplos mits vrees vir straf nie as die grondslag van regsetiek aanvaar word nie.

Riders in the chariot: Die resepsie van ’n ou simbool in ’n moderne letterkundige werk

Maretha Jacobs 2013-12-18 In aansluiting by die huidige klem op resepsiegeskiedenis in die Bybelwetenskappe word in hierdie artikel gekyk hoe ’n Bybelse simbool – die strydwa in Esegiël, en die visioen waarvoor dit staan – in ’n moderne literêre werk, Patrick White se Riders in the chariot, gebruik word.

J.R.L. van Bruggen (Kleinjan) se eenbedryf “Bloedrivier” uit Bakens: Gedramatiseerde mylpale uit die Groot Trek (1938/1939) – ’n terugblik vanuit 2013

Marisa Keuris 2013-12-18 Hierdie artikel fokus op “Bloedrivier” (uit die bundel eenbedrywe Bakens) deur J.R.L. van Bruggen (Kleinjan) in ’n poging om die 175ste herdenking van die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier ook in verband te bring met die dramatiese werk wat daarmee verbind kan word.

Karoo wabi sabi – die omtowering van ’n doodgewone landskap

Mark Ingle 2013-12-10 Die Japannese estetika van wabi sabi word opgeroep en gebruik as ’n lens waardeur onopsigtelike kenmerke van die ingeleefde landskap in die Karoo vanuit verborgenheid herwin kan word en in ’n meer waarderende lig blootgestel kan word.

Klein plattelandse gemeentes as ruimtes om brûe na die hele gemeenskap te bou: ’n Prakties-teologiese ondersoek

Kobus Schoeman, Carin van Schalkwyk 2013-12-09 Die doel van hierdie artikel is om die moontlikhede te verken om brûe tussen die twee “aparte” gemeenskappe te bou deur gebruik te maak van die geestelike en sosiale kapitaal wat binne klein gemeentes op die platteland beskikbaar is.

ATKV/SA Akademieprys 2013 aan LitNet Akademies-navorser

2013-12-09 Helize van Vuuren het 'n ATKV/SA Akademieprys ontvang vir een van haar geesteswetenskappe artikels wat in LitNet Akademies gepubliseer is.

Die fotogedig: ’n Teoretiese onderbou

Hans Pienaar Academic research 2013-12-05

Hierdie artikel begin met ’n outobiografiese inleiding oor die skep van fotogedigte vir verskeie uitstallings. Vervolgens word gekyk na aspekte van die fotografie wat analogiese verbande met die digkuns toon.

Die Suid-Afrikaanse indeks vir maatskaplik verantwoordbare belegging en klimaatsverandering – lesse vir die toekoms?

Adri du Plessis, Anél Strampe 2013-11-27 "Hierdie artikel ondersoek eerstens die begrip geïntegreerde verslagdoening, waarna die ontwikkeling, maatstawwe en werking van die MVB-indeks aan die beurt kom."

Die tegniek as “die lewe geleef deur ander middele as die lewe self”: Bernard Stiegler se tegnoantropologie

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-11-26

"In hierdie artikel word die breë argument van Bernard Stiegler se eerste vername werk, La faute d'Épiméthée, wat band een is van sy La technique et le temps-trilogie (Tegniek en tyd-trilogie) (1994, 1998, 2001), ontleed."

Die benutting van leserskommentaar by die herskryf van ’n verbruikersdokument in gewone Afrikaans

Eleanor Cornelius 2013-11-20 "Hierdie artikel het ten doel om die kommentaar van outentieke lesers op ’n bepaalde tipe verbruikersdokument – ’n kredietkaartaansoekvorm – te ontleed en te gebruik vir die herskryf daarvan in gewone Afrikaans."

Die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe vir die waardebepaling van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse

Tiané Koekemoer, Liesel Ebersöhn, Ina Joubert, Melanie Moen 2013-11-12 "Dié ondersoek het gelei tot die vasstelling van wetenskaplik-begronde maatstawwe aan die hand waarvan onderwysers die waarde van Afrikaanse Grondslagfase-leesreekse kan bepaal."

Om te “preek met die pen” as vorm van die Kartuisertradisie van praedicare manibus (“preek met die hande”) in die lig van Gereformeerde wantroue jeens kontemplatiewe spiritualiteit

Len Hansen 2013-11-11 "Hierdie artikel neem as vertrekpunt die groeiende belangstelling in mistieke of kontemplatiewe spiritualiteit ten spyte van eeue van Gereformeerde wantroue jeens hierdie soort spiritualiteit."

Nahuwelikse onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling stante matrimonio

Neil van Schalkwyk 2013-11-11 "In hierdie aantekening val die fokus op die geldigheid al dan nie van onderhandse/buitegeregtelike verandering van die huweliksgoederebedeling."

Verbetering van die voorspellingsakkuraatheid van regressiemodelle met minimale aannames

Giel Hattingh, Hennie Kruger, Magderie van der Westhuizen LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2013-11-11

"In hierdie artikel word ’n regressiemodel wat op minimale aannames gebaseer is, bestudeer en uitgebrei in ’n poging om voorspellingsakkuraatheid te verbeter."

Die Karoo, sintuiglike verkenning en die terugkeer tot kunsskepping in Die swye van Mario Salviati

Susan Meyer 2013-11-06 "Die doel van hierdie artikel is om vas te stel op watter wyses die primêre fokalisator, Ingi Friedländer, in interaksie tree met die Karoolandskap tydens ’n besoek aan die dorp Tallejare."

Privaatregtelike perspektief op onwaardigheid om te erf – die uitwerking van gesinsmoorde

Linda Schoeman-Malan 2013-10-30 "Die onwaardigheidsbeginsel bekend as die 'bloedige hand' wat ’n wandader verhoed om te erf, en die oorhoofse gemeenregtelike onwaardigheidsbeginsel wat behels dat geeneen voordeel mag trek uit sy eie onregmatige optrede nie, word bespreek met verwysing na die grondslag van hierdie beginsels."

“Wie sal ons onthou?”: Die gehoorlid se ongemaklike posisie in Deon Opperman se “Tree aan!”

Lida Krüger 2013-10-29 Deon Opperman se musiekblyspel oor die Grensoorlog, “Tree aan!: Dit was die dae toe ons troepies was” is vanuit die staanspoor ’n politieke gebeurtenis.
Top