LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Artikel 129(1)(a) van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005: verwarrende verwarring oor voldoening
2012-11-28 "In hierdie artikel word die aard, omvang en doel van die artikel 129(1)(a)-kennisgewing ondersoek ten einde te bepaal wat presies voldoening daaraan behels."Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang en sy model Vladimir Horowitz, die “Laaste Romantikus”
2012-11-28 "Die navorsingsontwerp van hierdie studie kan beskryf word as ’n kwalitatiewe en etnografiese benadering tot ’n kritiese vergelyking tussen die musikaliteit en loopbane van twee individue uit die klassieke klaviertradisie: Vladimir Horowitz en Lang Lang."Asikliese karbeenkomplekse maak eerste opslae in goudstormloop
2012-11-28"Tot onlangs was goud ’n afgeskeepte element onder chemici. Vanweë sy chemiese stabiliteit, en dalk ook sy prys, is min navorsing daarop gedoen, en aan universiteite is die chemie daarvan meestal net in die verbygaan genoem."
LitNet Akademies-resensie-essay: Philida 'n waarskuwing aan die elite
2012-11-27 "Waar mense se wense té lank onderdruk word, het jy min nodig om hulle tot aksie te laat oorgaan. Philida se waarskuwing is gerig aan die nuwe politieke en godsdienstige elite: Die onderdruktes is nie almal onnosel nie. Party van hulle gaan leer om néé te sê."Die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik deur jong vroulike seksoortreders in ’n inwoonsorgsentrum
2012-11-21 "Die doel van hierdie navorsingstudie behels ’n verkennend-beskrywende ondersoek na die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik onder meisies in ’n inwoonsorgsentrum."Die resepsie van Romeinse reg in die Suid-Afrikaanse regstelsel: stare decisis en curia ius novit
2012-11-21 "Die doel van hierdie artikel is om die uitwerking van die stare decisis-leerstuk (Engelse reg) en die curia ius novit-reël (Europese siviele reg) op die Suid-Afrikaanse regsontwikkeling vas te stel."’n Perkroniese herbeskouing van Rembrandt van Rijn: Selfaanbieding binne ’n gebroke-kosmos-raamwerk
2012-11-14 "Die geskilderde selfportret is nie net die vaslegging van ’n spieëlbeeld nie, maar ’n kunsgenre wat aansluit by ’n stelsel van redelik konstante topoi,konvensies en patrone wat die subjektiwiteit van die kunstenaar op die voorgrond kan stel."Faktore en beleidsoorwegings by die bepaling van ? kontraksparty se regsplig teenoor ? derde party: ? kritiese bespreking van Viv’s Tippers (Pty) Ltd v Pha Phama Staff Services (Pty) Ltd t/a Pha Phama
2012-11-14 "Alhoewel die bepalings van ’n kontrak ’n bepalende faktor by die onregmatigheidsvraagstuk is, volg dit nie dat sodanige kontrak ook bindend is ten opsigte van niekontrakterende derde partye nie. In die laaste paragraaf word gekyk na die benaderings wat in ander jurisdiksies oor hierdie netelige kwessie gevolg word."LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe): Bekendstelling
2012-11-14 LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) is oop vir voorleggings.LitNet Akademies-resensie-essay: Mag die jeug oor ontheiliging praat?
2012-11-12 Godsdiensleiers die wêreld oor raak omgekrap as hulle die indruk kry hulle heilige boeke word ondermyn. Isak Burger laat hom só uit oor die boek Die Arkvaarders van Anne Provoost in ’n berig wat in Rapport verskyn het: “[Dit] ontheilig die heilige boek van die Christene. Dis onverantwoordelik om so ’n boek aan skoolkinders voor te skryf.”Die Afrikaanse literêre sisteem: ’n Eksperimentele benadering met behulp van Sosiale-netwerk-analise (SNA)
2012-11-06 "SNA fokus op rolle en posisies, hoe ’n netwerk gestruktureer is, hoe invloed en mag versprei en hoe hulpbronne benut word."Die finansiële krisis in provinsies en munisipaliteite: Verg dit grondwetlike of politieke oplossings?
2012-10-26 "Die finansiële volhoubaarheid van baie munisipaliteite is onder geweldige druk en gebrekkige dienslewering deur munisipaliteite en sommige provinsies plaas ’n demper op volhoubare ontwikkeling en ekonomiese groei in Suid-Afrika."Dae in die lewens van vrywillige werkers: Belewenisse van studente-vrywilligers
2012-10-24 "Die bewustheid dat vrywilligers nie net mense help en hul gemeenskappe dien nie, maar dat die werk wat hulle doen ook gevolge vir hulle self het, het my genoop om kwalitatiewe navorsing hieroor te doen en uit te vind wat ons studente beleef."Die risikoprofiel van Pb en Cr in stedelike padstof
2012-10-24"Omgewingsdeeltjies beïnvloed die mens en die omgewing op verskeie maniere en die omvang daarvan hang van ’n aantal faktore af. Hierdie deeltjies hou ’n risiko in vir mens en dier, omdat dit opgeneem word deur inaseming (hetsy deur die mond of neus) en dus biobeskikbaar kan raak."




