LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Op pad van ’n verdeelde na ’n gedeelde toekoms in die Afrikaanse taalgemeenskap: Die rol van die Afrikaanse Taalraad in die proses van versoening

Wannie Carstens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-03-15

"In hierdie artikel kom die toekoms van Afrikaans ook ter sprake [...] vanuit [...] hoe die taal se toekoms verseker kan word deur die inklusiewe Afrikaanse gemeenskap hierby te betrek. In watter mate die Afrikaanse Taalraad (ATR) hierdie rol kan vervul, en die werk wat hierdie liggaam sedert 2003 gedoen het, word hier bespreek."

’n Verkennende ondersoek na die ervaring van Suid-Afrikaanse universiteitstudente as lesers van Rut 2 aan die hand van Ignatiaanse meditasie

Helen Efthimiadis-Keith , Graham Lindegger 2013-03-13 "Hierdie artikel beskryf ’n verkennende ondersoek na die belewenis van ’n groep teologiese studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) by die lees van Rut 2 aan die hand van Ignatius van Lojola se meditatiewe tegnieke."

’n Persoonlike waardering van Michelangelo Merisi da Caravaggio (1571-1610)

Jannie Pretorius 2013-03-12 "In hierdie studie benut die navorser die 5D-siklus van Waarderende Ondersoek om ’n persoonlike waardering van die lewe en werk van Michelangelo Merisi da Caravaggio, Italiaanse meesterskilder, te doen."

Die herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël en die verdere ontwikkeling van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg

Thino Bekker 2013-03-06 "Die navolging van die Romeins-Hollandse reg sal dan ook meebring dat die ekstrinsieke-getuienis-reël wel afgeskaf word en dat die getuienis wat voorheen as irrelevant beskou is weens die werking van die reël, deur die howe as hoogs relevant beskou kan word."

Die uitbeelding van gay manlikheid in die werk van drie debuutdigters

Marius Crous Academic research 2013-02-26

"Manlikheidstudies fokus nie soseer op die man se biologiese manlikheid nie, maar eerder op die histories-spesifieke sosiaal-gekonstrueerde opvattings oor manlikheid. Mans is geneig om volgens Pronger man-wees met manlikheid te verwar."

Leerbestuurstelsels teenoor sosialenetwerk-omgewings: die ontwikkeling van ’n geïntegreerde tegnologiese onderrig-leer-model

Imelda Smit, Linda du Plessis 2013-02-20 "Deur die navorsing wat tot die artikel gelei het, is ondersoek hoe studente se persepsies van gesamentlike leer, sosiale teenwoordigheid en vlakke van leer mekaar beïnvloed."

Die invloed van ’n werkgewer se likwidasie en/of boedelsekwestrasie op die diensverhouding met die werknemer, met die oog op ondernemingsredding as moontlike alternatief

Denine Smit, Veruschka Vergottini 2013-02-19 "Hierdie artikel stel eerstens ondersoek in na werknemers se regte met die likwidasie/sekwestrasie van hul werkgewer soos dit tans in die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 en die Wet op Insolvensie 24 van 1936 vervat is."

’n Ondersoek na die bevoegdhede en aanspreeklikheid van die ondernemingsreddingspraktisyn as maatskappydokter

Lézelle Jacobs 2013-02-12 "Die ondernemingsreddingspraktisyn is die sleutelfiguur in die reddingsverrigtinge en derhalwe is dit noodsaaklik om ondersoek na die werksaamhede van hierdie belangrike rolspeler in te stel."

’n Ondersoek na die waarde van historiese fiksie: drie geskiedkundige romans in oënskou geneem

Gerda Taljaard-Gilson 2013-02-12 "Skrywers herwin nie die verlede net om sekere gebeurtenisse in herinnering te roep nie, en lesers lees nie geskiedkundige romans net om vermaak en ingelig te word nie."

Rapport se beriggewing oor skoolgeweld 1994–2011: ’n multidimensionele sosiale probleem

Corene de Wet Academic research 2013-02-05

 "Berigte oor skoolgeweld wat in Rapport verskyn het, toon ’n redelik volledige beeld van skoolgeweld in Suid-Afrika"

Wat oor is, is die Self: verblyf in ’n boomholte in Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-01-28

"Die kremetartekspedisie bied op unieke wyse literêre uitdaging aan die Westerse instrumentele (diensbaarheid-) beskouing van die natuur."

“Transnasionale konteks” in die regspraak van die konstitusionele hof in Suid-Afrika: ’n variasie op die tema van grondwetsvertolking

Lourens du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2013-01-23

"Hoe geredelik is transnasionale wysheid tot dusver toegelaat om parogiale oorwegings in nasionale grondwetsvertolking in Suid-Afrika te verruim of selfs te troef?"

Selfuitbeelding en Facebook: ’n estetika van verdwyning?

Amanda du Preez 2013-01-21 "Die selfportret beleef tans ’n oplewing aanlyn en word deur sommiges selfs as die volkskuns van die digitale era bestempel."

Motorfietskultuur in Suid-Afrika: Van leefwyse tot leefstyl

Danie Jordaan 2013-01-16 "Die vryskutjoernalis Hunter S. Thompson se opspraakwekkende boek Hell’s Angels: A strange and terrible saga (1967) is waarskynlik die wêreld se eerste omvattende beskrywing van motorfietskultuur."

Joernaaluitgawe: Jaargang 9(3) – Desember 2012

2012-12-14 Die volledige joernaaluitgawe van LitNet Akademies Jaargang 9(3) is nou in PDF-formaat beskikbaar.

Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk

Susan Smith 2012-12-12 "’n Ondersoek na die verwantskap tussen die twee dele in die woord ekopoësie het tot gevolg dat ekokritici indringend selfondersoek moet instel, nie net na die wat nie, maar ook na die hoe en waar van plek in ekokritiek en ekopoësie."

Eiendomsverlies deur verkrygende verjaring: Onteiening sonder vergoeding – of nie?

AJ van der Walt, EJ Marais Academic research 2012-12-11

"Hierdie artikel fokus spesifiek op die onteieningsvraagstuk, naamlik of verjaring ’n onteiening van regte ingevolge artikel 25(2) meebring."

“Net domastrant vir spite”: Grepe uit die lewensgeskiedenis van S.V. Petersen

Steward van Wyk 2012-12-11 "Die konvensionele biografie behels gewoonlik die beskrywing van ’n lewe, in spreekwoordelike terme, van die wieg tot die graf en kry beslag in ’n narratief van ’n gesentreerde subjek."

Die omskakeling van werklikewêreld-take na pedagogiese take ten einde ’n taakgebaseerde sillabus te ontwerp

Elbie Adendorff 2012-12-10 "Die beginpunt by taakgebaseerde sillabusontwerp en die plek van taakkompleksiteit daarin omsluit twee vrae: Watter rol moet die take in die sillabus inneem? Hoe kan hierdie take georden word ten einde die kompleksiteitsvlak daarvan te verander om optimale leer van die tweede taal te verseker? "

Om die Skrif tot stilte te bring: Gewaarwordinge oor Afrikaanse Bybelse spiritualiteit

Christo Lombaard 2012-12-10 "’n Negatiewe opvatting van stilte as onderdeel van die spiritualiteit van Afrikaanssprekendes is eintlik te verwagte."
Top