LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk
2012-12-12 "’n Ondersoek na die verwantskap tussen die twee dele in die woord ekopoësie het tot gevolg dat ekokritici indringend selfondersoek moet instel, nie net na die wat nie, maar ook na die hoe en waar van plek in ekokritiek en ekopoësie."Eiendomsverlies deur verkrygende verjaring: Onteiening sonder vergoeding – of nie?
2012-12-11"Hierdie artikel fokus spesifiek op die onteieningsvraagstuk, naamlik of verjaring ’n onteiening van regte ingevolge artikel 25(2) meebring."
“Net domastrant vir spite”: Grepe uit die lewensgeskiedenis van S.V. Petersen
2012-12-11 "Die konvensionele biografie behels gewoonlik die beskrywing van ’n lewe, in spreekwoordelike terme, van die wieg tot die graf en kry beslag in ’n narratief van ’n gesentreerde subjek."Die omskakeling van werklikewêreld-take na pedagogiese take ten einde ’n taakgebaseerde sillabus te ontwerp
2012-12-10 "Die beginpunt by taakgebaseerde sillabusontwerp en die plek van taakkompleksiteit daarin omsluit twee vrae: Watter rol moet die take in die sillabus inneem? Hoe kan hierdie take georden word ten einde die kompleksiteitsvlak daarvan te verander om optimale leer van die tweede taal te verseker? "Om die Skrif tot stilte te bring: Gewaarwordinge oor Afrikaanse Bybelse spiritualiteit
2012-12-10 "’n Negatiewe opvatting van stilte as onderdeel van die spiritualiteit van Afrikaanssprekendes is eintlik te verwagte."Gemeenskap vandag. Ontologie, abstraksie en plek
2012-12-05 "Ten grondslag van die klem op die keusevryheid van die individu lê ’n herdefiniëring van wat dit beteken om mens te wees. Mense is nie meer per definisie aan die lotgevalle van hulle onderskeie gemeenskappe (families, dorpe, streke, etnisiteite, state, ens.) verbonde nie."David Beresford Pratt: die mens agter die sluipmoordpoging
2012-12-04 "As regsgeleerde is mens seker altyd geïnteresseerd in sulke beroemde gevalle. As mens hedendaagse berigte lees oor die sluipmoorde van Pratt en Tsafendas, is dit opvallend hoeveel daar in die dade geprojekteer word deur die beriggewende protagoniste vanuit hulle eie heilsperspektief."Artikel 129(1)(a) van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005: verwarrende verwarring oor voldoening
2012-11-28 "In hierdie artikel word die aard, omvang en doel van die artikel 129(1)(a)-kennisgewing ondersoek ten einde te bepaal wat presies voldoening daaraan behels."Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang en sy model Vladimir Horowitz, die “Laaste Romantikus”
2012-11-28 "Die navorsingsontwerp van hierdie studie kan beskryf word as ’n kwalitatiewe en etnografiese benadering tot ’n kritiese vergelyking tussen die musikaliteit en loopbane van twee individue uit die klassieke klaviertradisie: Vladimir Horowitz en Lang Lang."Asikliese karbeenkomplekse maak eerste opslae in goudstormloop
2012-11-28"Tot onlangs was goud ’n afgeskeepte element onder chemici. Vanweë sy chemiese stabiliteit, en dalk ook sy prys, is min navorsing daarop gedoen, en aan universiteite is die chemie daarvan meestal net in die verbygaan genoem."




