LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Onderweg na goeie wetenskap 3: Voorwaardes vir die beste moontlike wetenskap
2011-10-26 Wetenskap beklee ’n uiters belangrike plek in ons wêreld, wat besinning daaroor en pogings om dit te verbeter, verklaar. In hierdie artikel probeer ons rekenskap gee van belangrike aspekte wat in die beste moontlike wetenskap verreken moet word, en wat ...Who Framed Roger Rabbit en die moontlikheid van outentieke wêrelde in fiksie
2011-10-26 Enige soort narratiewe film bied ’n besondere wêreld aan die kyker. Dit is ’n fiktiewe wêreld, op verskillende maniere verwyder van ons onmiddellike wêreld, maar wanneer ’n uitspraak oor ’n film se realisme gemaak word, kan dit slegs gedoen word deur die ...Taalverskuiwing en taalhandhawing in die Afrikaanse gemeenskap: Tendense en toekomsperspektiewe
2011-10-21 Navorsing deur Schlemmer (2010) toon aan dat taalverskuiwing na Engels in ’n redelik groot mate by bruin Afrikaanssprekendes en in ’n geringer mate by wit Afrikaanssprekendes plaasvind. Ook is daar ’n groot toename in taalvermenging onder ...“Spanner in die wat?” – Wopko Jensma en die mineurletterkunde van Deleuze en Guattari
2011-10-19 In 1993 het Gunther Pakendorf ’n artikel in Stilet gepubliseer getitel “Kafka, en die saak vir die ‘klein letterkunde’”, waarin hy aanvoer dat Wopko Jensma (1939–1993?) se poësie miskien die beste Suid-Afrikaanse voorbeeld is van wat Gilles Deleuze en Félix ...Die diagnostiese waarde van ’n Nederlandse woordeskattoets vir Afrikaanssprekende aanleerders
2011-10-13 Binne die konteks van die algemeen aanvaarde stelling dat die woordeskat van die twee naverwante tale Nederlands en Afrikaans vir meer as 90 persent ooreenstem, word daar in hierdie artikel gekyk na ’n Nederlandse woordeskattoets (die Dubbele pregnante ...Die toeval in ’n tentwoning / Die metanarratief van die toeverlaat
2011-10-12 In hierdie artikel word Helena Verbloem, die hoofkarakter in Ingrid Winterbach se Die boek van toeval en toeverlaat (2006), se verstrengeldheid in die taal van die toeverlaat vanuit ’n godsdienssosiologiese perspektief ondersoek. Die sosioloog Peter Berger ...Die wêreldrevolusie in die hoër onderwys en die verrekening daarvan binne die Suid-Afrikaanse konteks
2011-10-05 Hierdie artikel fokus op die revolusie wat reeds sedert 1990 wêreldwyd in die hoër onderwys aan die gang is. Ten eerste is die doel van die artikel die kartering van hierdie internasionale hoëronderwysrevolusie. Tweedens is die doel om die ...Die marginale subjekposisie van die Afrikaanse skrywer - Etienne van Heerden se Asbesmiddag
2011-09-28 In hierdie artikel word teoretiese kwessies rakende die letterkunde, soos die marginale subjekposisie van die romanskrywer/akademikus en van die Afrikaanse letterkunde in die eietydse sosiopolitieke sfeer, binne die fiksionele konteks van die eietydse ...'n Model van faktore wat die sukses van onderrigleer van tegnologiegebaseerde modules beïnvloed
2011-09-23Dit wil voorkom asof daar groepe studente is wat meer probleme ondervind met die bemeestering van tegnologiegebaseerde modules as ander modules. Bestaande navorsing dui op spesifieke faktore wat sterk figureer in die sukses van onderrigleer van tegnologiegebaseerde onderwerpe.
Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld van die gesag- en magstryd in die jeugroman
2011-09-15 Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld van die gesag- en magstryd in die jeugroman Johan Anker, Assistentdekaan: Onderwys, Fakulteit vir Onderwys, Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie (CPUT), Wellington-kampus ...LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011
2011-09-09 LitNet Akademies: Augustus 2011 Jaargang 8(2)Die romansier en die verlede: die skrywer se hantering van historiese materiaal in die skep van die historiese roman Die pad na Skuilhoek
2011-09-08 Hierdie artikel bevat teoretiese aantekeninge oor die skryfpraktyk tydens die skep van my historiese roman Die pad na Skuilhoek (2011). Dit is daarom hoofsaaklik ’n gesprek in die skryfkuns as vakdissipline binne die raamwerk van praktykgebaseerde navorsing.Ontronding in Kharkamsafrikaans?
2011-09-01"Ek doen in hierdie artikel verslag van ’n ondersoek na die moontlike aanwesigheid van ontronding as fonologiese proses in Kharkamsafrikaans, ’n Namakwalandse variëteit van Afrikaans."
Naasbeste benadering met gladstrykers
2011-08-24In hierdie artikel word relevante gevestigde resultate opgesom wat presies dit bewys: alle operatore soos S het Sx tussen twee benaderings ULx en LUx tot x, wat dieselfde beeldversamelings het.
Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over
2011-08-18 Hierdie artikel sal sekere oënskynlik vreemde vertaalkeuses in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over (2009) deskriptief ontleed. Reeds met die eerste oogopslag is dit duidelik dat Breytenbach nie met vertaling in die konvensionele sin van die ...Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over
2011-08-18"Hierdie artikel sal sekere oënskynlik vreemde vertaalkeuses in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over (2009) deskriptief ontleed."
“Binne ’n halfuur het ek wit geword”: Snypunte van gender, ras en klas in Suid-Afrikaanse fiksionele uitbeeldings van voorkoms
2011-08-10"Hierdie artikel ondersoek hoe snypunte van gender, ras en klas die beoordeling van vroue se voorkoms in uitgesoekte Suid-Afrikaanse fiksionele tekste beïnvloed."
Die banale as (rap-) identiteit: Jack Parow se "Cooler as ekke"
2011-08-03As deel van die onlangse neiging om niekanoniese repertoria in musikologiese studies in te sluit, fokus hierdie artikel op die Afrikaanse rapper Jack Parow se liedjie “Cooler as ekke” (2010). My ontleding berus op die rekonstruktiewe daarstelling van...
Die banale as (rap-) identiteit: Jack Parow se "Cooler as ekke"
2011-08-03"My ontleding berus op die rekonstruktiewe daarstelling van ’n spekulatiewe konteks waardeur die liedjie as ’n bepaalde rap-identiteit benader kan word."




