LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die sing van “Vlaglied” in sommige wit Afrikaanse skole in die 1980’s

Carol Steyn 2013-05-14 "Ek het ook bevind dat die "Vlaglied" geskik was vir indoktrinasie in die apartheidsideologie. Musiek kon kulturele werk doen waar die politiek nie langer kon bykom nie."

Aantekening: Weerlegging van die vermoede van vaderskap en die beskerming van “beoogde” gesinslewe binne konteks van die ongetroude biologiese vader se reg op kontak met sy kind

Anton van der Linde 2013-05-08 "In die lig van die besondere feite van die sake onder bespreking word die regsposisie in Suid-Afrika wat die betwisting en erkenning van vaderskap betref, ook onder die loep geneem en met Europese tendense vergelyk."

Die tradisionele Christelike godsdiens en teologie in die greep van ’n verouderde paradigma: diagnose en prognose

Sakkie Spangenberg 2013-05-07 "Sondeval-Verlossing-Eindoordeel. Hierdie paradigma het geloof en wetenskap in die Westerse wêreld vir meer as vyftien eeue oorheers. Wetenskaplike ontdekkings sedert die 16de eeu het dit egter begin ondermyn en ’n kloof tussen wetenskap en geloof geskep."

Die narratief van verlies: Die Bloubaardnarratief as interteks in Die burg van hertog Bloubaard deur H.J. Pieterse

Ihette Senekal 2013-05-06 " Daar word aangevoer dat die verwerking van verlies ’n inkeer tot die innerlike inhou, en daarmee saam ’n poging tot die verwoording daarvan, tot die skep van ’n nuwe narratief in poëtiese vorm."

Verteerbare patriargie? Angus Buchan, die Mighty Men en manlikheid

Kobus du Pisani 2013-05-01 "Die belangrikste teoretiese vraag is of die feministiese kritiek teen Buchan geregverdig is, naamlik dat sy soort “sagte patriargie” gevaarlik is omdat dit ’n subtiele manier is om patriargale magsverhoudings in die samelewing in stand te hou, wat huishoudelike geweld eerder sal bevorder as verminder."

Vonnisbespreking: Rasionaliteit – die president se eie administratiefreg?

IM Rautenbach 2013-04-30 "Dit is duidelik dat die howe besig is om ’n parallelle administratiefreg vir die president te ontwikkel. Dit is ’n proses wat sy loop neem soos wat howe die een na die ander geval oorweeg waarin optrede van die president ter sprake is."

Metakognitiewe bewustheid as vereiste vir die effektiewe onderrig van leesbegripstrategieë

Betsie Klopper 2013-04-29 "Hierdie studie het [...] sonder twyfel getoon dat die eksplisiete onderrig van leesbegripstrategieë ’n werkbare oplossing vir die probleme rakende geletterdheid wat tans binne die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ondervind word, bied."

Vonnisbespreking: Steeds meningsverskil oor die deliktuele-nalatigheid-toets vir onderwysers

Johan Potgieter 2013-04-17 "Selfs vandag nog bestaan daar in die hoogste hof van appèl nie eenstemmigheid oor die formulering (en selfs toepassing) van die deliktuele-nalatigheid-toets vir onderwysers nie."

Eensaamheid, alleenheid, vryheid: Joseph Joachim se F-A-E-lewensmotto (“Frei aber einsam”) en Karel Schoeman se roman Hierdie lewe

Heinrich van der Mescht LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-04-17

"Volgens Dahlberg (2007) kan eensaamheid beteken om sonder ander mense te wees, of alleen te voel tussen ander mense, maar ook om rustig en kreatief te voel binne jou eie eensaamheid. Laasgenoemde kan alleenheid (solitude) genoem word."

Vonnisbespreking: Aanspreeklikheid van die staat vir tuberkulose in die gevangenis

Johan Potgieter, Johann Neethling 2013-04-10 "’n Toepassing van die geykte but for-toets, selfs in sy soepele gedaante, kan in bepaalde gevalle (soos in Fairchild, die Romeinsregtelike slaaf en die drie jagters) daartoe lei dat aanspreeklikheid ontken word weens die afwesigheid van ’n feitelike kousale verband omdat dit meer waarskynlik is dat die verweerder(s) nie die gewraakte gevolg veroorsaak het nie as omgekeerd."

Versoening met God in 30 Nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden

Pieter Verster 2013-04-10 "In hierdie artikel word gepoog om die uitgangspunte van Etienne van Heerden in die roman 30 Nagte in Amsterdam rakende die versoening met God te oorweeg."

Voorstelle rondom ’n multimodale diensleweringsmodel ter bevordering van geestesgesondheid in Suid-Afrika

Henry Steel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-04-09

"Hierdie artikel voer aan dat die model van individuele psigoterapie en ander verwante vorme van tradisionele dienslewering op geestesgesondheidsgebied in Suid-Afrika uitgebrei behoort te word tot ’n multimodale model waarin andersoortige metodes ook benut word."

Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan

Geo Quinot Academic research 2013-03-29

"Die doel met hierdie artikel is om te fokus op die regsreëls wat spesifiek gemik is daarop om korrupsie in staatskontraktering te beveg en deur ’n ontleding van daardie reëls probleme te identifiseer wat sodanige oogmerk ondermyn."

Die spies van die nasie: Die demokratiese rol van die populêre media en avant-garde kuns in Suid-Afrika

Gawie Botma 2013-03-26 "Die polemiek en oproer in 2012 rondom die kunstenaar Brett Murray se uitdagende kunswerk The Spear – wat Jacob Zuma satiries as korrupte diktator met ’n ontblote penis uitgebeeld het – het verskillende vlakke van spanning en verskil in die Suid-Afrikaanse samelewing blootgelê."

Perspektiewe op die Noagitiese wette by Paulus, en die belang daarvan vir Joods-Christelike dialoog

Philip du Toit 2013-03-26 "Enige aanspraak op die onderhouding van Noagitiese wette as voorwaarde om as “God se mense” gekenmerk te word, skep juis probleme in die Joods-Christelike dialoog in dié opsig dat dit Joodse meerderwaardigheid laat voortduur."

Aantekening: Om globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen te herbedink

Louis Kotzé LitNet Akademies (Regte) 2013-03-21

Die woord antroposeen beskryf ... ook die nuwe konteks waarin ons voortaan sal moet besin oor hoe ons die uitwerking van globale antropogene ekologiese verandering moet hanteer. In hierdie bydrae word aandag gegee aan hoe die samestelling, funksies en oogmerke van globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen moontlik herbedink sal moet word.

Afrikaanssprekende emigrante: verliese en verwagtinge

Maria Marchetti-Mercer, Louw Roos 2013-03-20 "Dié artikel, wat deel vorm van ’n groter navorsingsprojek, fokus op sommige van die ondervindings eie aan Afrikaanssprekende emigrante. Die groter projek fokus op die impak wat emigrasie op die Suid-Afrikaanse gesinslewe het."

Postvonnis-regte en verwagtinge van slagoffers en oortreders in geweldsmisdade met verwysing na die rolprent The secret in their eyes

Annette van der Merwe 2013-03-18 "Suid-Afrikaanse slagoffers van gewelddadige misdade soos verkragting en moord kan tans verwag dat lewenslange gevangenisstraf as die swaarste moontlike vonnis aan hul oortreders opgelê word. Na vonnisoplegging is die werklike termyn van aanhouding wat uitgedien moet word, nie net vir die oortreder van belang nie, maar ook vir die slagoffer."

Op pad van ’n verdeelde na ’n gedeelde toekoms in die Afrikaanse taalgemeenskap: Die rol van die Afrikaanse Taalraad in die proses van versoening

Wannie Carstens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-03-15

"In hierdie artikel kom die toekoms van Afrikaans ook ter sprake [...] vanuit [...] hoe die taal se toekoms verseker kan word deur die inklusiewe Afrikaanse gemeenskap hierby te betrek. In watter mate die Afrikaanse Taalraad (ATR) hierdie rol kan vervul, en die werk wat hierdie liggaam sedert 2003 gedoen het, word hier bespreek."

’n Verkennende ondersoek na die ervaring van Suid-Afrikaanse universiteitstudente as lesers van Rut 2 aan die hand van Ignatiaanse meditasie

Helen Efthimiadis-Keith , Graham Lindegger 2013-03-13 "Hierdie artikel beskryf ’n verkennende ondersoek na die belewenis van ’n groep teologiese studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) by die lees van Rut 2 aan die hand van Ignatius van Lojola se meditatiewe tegnieke."
Top