LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Inaedificatio en die ius tollendi

Ina Knobel 2014-11-04 Ina Knobel belig in hierdie bydrae die verwyderingsreg van huurders wat roerende sake gedurende ’n huurtermyn aan huurgrond geheg het.

Die Suid-Afrikaanse regstaat na twintig jaar: gekonsolideer of besig om in outoritarisme te verval?

Chris Nelson 2014-10-29 Die vraag is of Suid-Afrika met die viering van sy 20ste bestaansjaar as demokratiese regstaat as gekonsolideer beskou kan word en of die staat besig is om in outoritarisme te verval. Chris Nelson ondersoek in hierdie artikel twee denkrigtings na aanleiding van hierdie vraag.

Die Suid-Afrikaanse konsertpianis Steven DeGroote, die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die Koue Oorlog

Cara Kleynhans 2014-10-22 Hierdie artikel belig Steven DeGroote se deelname aan en sege in die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die ontwikkeling van sy loopbaan in die lig van die Koue Oorlog tussen die Weste en die Ooste.

Die regsaard van mediaregte in sport

Steve Cornelius 2014-10-14 In hierdie artikel ondersoek Steve Cornelius of mediaregte in sport inderdaad bestaan en, indien wel, wat die aard en omvang van hierdie regte is en in wie hulle vestig.

Bokskiet, bokspring en bokjol: skuld- en vergifnisrituele in 30 nagte in Amsterdam (Etienne van Heerden)

Roela Hattingh, Henning Pieterse 2014-10-08 Roela Hattingh en Henning Pieterse lewer in hierdie artikel ’n ondersoekende blik op die rituele van skuld en vergifnis soos dit in 30 nagte in Amsterdam, ’n roman deur Etienne van Heerden (2008), vergestalt word.

Voeging en skeiding van beskuldigdes in strafverhore: prosessuele onderskeid tussen die Child Justice Act 75 van 2008 en die Strafproseswet 51 van 1977

Inez Bezuidenhout, Michelle Gail Karels 2014-10-06 Hierdie artikel loods 'n regsteoretiese ondersoek na die prosessuele en geregtigheidsoorwegings tydens die gesamentlike verhoor van ’n volwasse beskuldigde en ’n kind.

Ontgroeningspraktyke in uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise: ’n verkennende studie

Eduard Potgieter, Corene de Wet, Lynette Jacobs, Kevin Teise 2014-10-01 Hierdie artikel lewer verslag oor ’n verkennende tweefase-ondersoek oor ontgroeningspraktyke en -beleide by uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise.

Vonnisbespreking: Kan repudiëring ooit aanvaarbaar wees?

André Mukheibir 2014-09-23 André Mukheibir bespreek, na aanleiding van die Comwezi-saak, die vraag of repudiëring as sodanig kontrakbreuk daarstel, en of die repudiëring neerkom op kontrakbreuk eers wanneer dit aanvaar word.

“Sagte mag” in Afrika: China se soeke na invloed op mediaterrein

Herman Wasserman 2014-09-18 Hierdie artikel ondersoek die invloed van China se mags- en invloedsuitbreiding in Afrika, hoe hierdie pogings deur plaaslike media-instellings ervaar word, en wat die implikasies van hierdie teenwoordigheid van ‘n staatsbeheerde media vir diskoerse oor persvryheid in Afrika is.

Die verhewe simboliese kapitaal van skoolhoofde op ’n plattelandse dorp

Japie Spies, Aslam Fataar 2014-09-11 "Hierdie artikel fokus op die inwerking van ’n plattelandse-dorp-konteks op skoolhoofde se leierskappraktyke."

Die problematiek en potensiaal van die huishoudelike ruimte in Klaaglied vir Koos (1984) deur Lettie Viljoen

Bibi Burger 2014-09-03 Bibi Burger ondersoek die huishoudelike ruimte wat met vroulikheid geassosieer word in die eksperimentele feministiese novelle, Klaaglied vir Koos.

Suid-Afrikaanse vuurwapenwetgewing onder skoot: Hoe koeëlvas is die Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000?

Rinda Botha, Hendrik Maree 2014-08-28 Rinda Botha en Hendrik Maree  se praktiese ontleding lei onder meer tot die gevolgtrekking dat drakoniese vuurwapenwetgewing nie noodwendig die antwoord op Suid-Afrika se misdaadprobleem is nie.

’n Nuwe bedeling, ’n ou bewussyn: Die verhale van ’n lyfeiene

Jan K Coetzee 2014-08-25 "Hierdie artikel plaas die soeklig op ’n enkele individu en sy lewensverhale. Die verhale word geplaas teen die agtergrond van die sosiale struktuur waarbinne hy sy leefwêreld beleef."

“Ek is ...”: Oor die problematiek van enkelvoudige en meervoudige identiteit

Bernard Lategan 2014-08-21 Bernard Lategan ondersoek die moontlikhede van ’n meervoudige identiteit en oorweeg geskikte strategieë om meervoudige identiteitsvorming te bevorder.

Die manifestering van teorie in die skoolhoof se rol in onderwysersamewerking: ’n gevallestudie

Trudie Steyn 2014-08-13 Wat is die rol van die skoolhoof in die bevordering van 'n samewerkingskultuur? Trudie Steyn ondersoek die skakel tussen skoolleierskap en geselekteerde leierskaps- en onderwysersamewerkingsteorieë.

’n Taalkundige perspektief op woordeboekgebruik in die hof: die woordeboek as toevlugsoord

Terrence R Carney, Luna Bergh 2014-08-07 Hierdie navorsingsverslag stel ondersoek in na die verskynsel van woordeboekgebruik in ’n hof en kyk ook kortliks na die situasie in Suid-Afrika.

Beelde van gebrokenheid: ’n verdere verkenning en uitbreiding van die gebroke-kosmos-tradisie

Jeanne Joubert 2014-08-06 Die artikel ondersoek die verskille tussen die mistieke tradisie en die gebroke-kosmos-tradisie, wat beide erkenning aan gebrokenheid gee.

Seks, ras en boeremusiek: agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees

Willemien Froneman 2014-07-31 Het wit Afrikaners 'n gebrek aan sanglus gehad in die 20ste-eeu? Willemien Froneman ondersoek die impak van boeremusiek by die 1938-Eeufeesvieringe.

Opvoeding vanuit ’n post-postfundamentistiese perspektief

Hannes van der Walt LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-07-22

"Post-postfundamentisme het betreklik onlangs sy verskyning gemaak in reaksie teen sowel die fundamentisme as die postfundamentisme, ook deur sommiges die postmodernisme genoem."

Volhoubare ontwikkeling, omgewingskonstitusionalisme en die oppergesag van die reg vir die omgewing: ’n Grondwetlike beskouing

Louis Kotzé 2014-07-15 Die land het ’n fundamentele omgewingsreg verskans in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 en ’n omvattende korpus omgewingsreg aanvaar om uitvoering aan die breër beleide daarvan en die menigte grondwetlike oogmerke van die nuwe omgewingsreg te gee.
Top