LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Liefde vir die vreemdeling in Levitikus 19: uiteenlopende sienings oor vreemdelinge in die Heiligheidswetgewing
2015-10-01"Die voorkoms van vreemdelinge in ’n samelewing met die vrees en haat wat dikwels daarmee gepaardgaan is nie ’n moderne verskynsel nie. Ou Nabye Oosterse tekste soos die Ou Testament het ook met hierdie probleem geworstel."
Vonnisbespreking: Die toepassing van die gemeenregtelike in duplum-reël tydens gedingvoering, grondwetlike proporsionaliteit en die skeiding van magte
2015-09-22"Wanneer daar selfs op so ’n hoë vlak meningsverskille tussen regters bestaan sonder dat feite aangebied word om die standpunte te staaf, word aanbeveel dat die standpunt van appèlregter Willis in die hoogste hof van appèl in die Paulsen-saak gevolg word, naamlik dat die hof ’n diskresie behoort te hê om die in duplum-reël in gepaste omstandighede gedurende gedingvoering te laat geld of nie te laat geld nie."
Huisies aan die Rand: Ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond
2015-09-22Sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond word aan die hand van verskillende vertakkings van ekokritiek bespreek.
Tyd in ons tyd: Oor teologie en toekomsgeoriënteerde herinnering
2015-09-09"In hierdie artikel word daar na die moontlike kontoere en belofte van ’n teologie van toekomsgeoriënteerde herinnering gevra, as deel van die soeke na ’n verantwoordelike en konstruktiewe omgang met die verlede."
Leerspraak in mentorinteraksies – ’n ondersoek na die interaksionele aard van leer
2015-09-09"Die diepgaande ontleding van twee leerinteraksies in hierdie studie demonstreer die perspektiewe op die interaksionele aard van leer wat deur gespreksontledingsmetodes oopgemaak word."
Wat die drome nie genees nie: kan toestemming tot benadeling steeds aanspreeklikheid weens sportbeserings uitsluit?
2015-09-09"Sportfederasies behoort meer te doen om die veiligheid van spelers te bevorder, sodat hulle latere eise van oudspelers kan vermy."
Gebrokenheid en geweld: enkele voorbeelde van hedendaagse Suid-Afrikaanse kuns
2015-09-03Die artikel ondersoek op maniere waarop voorstellings van ’n radikale menslike gebrokenheid verhoudings tussen kuns en godsdiens kan verdiep en verryk. Daar word gefokus op die werk van sommige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat beduidend beïnvloed is deur die huidige gewelddadige klimaat in Suid-Afrika.
’n Verskuiwing na ’n oper en meer “pragmatiese” lees van Romeine 13:1–7?
2015-08-26"Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer."
Paul Ricoeur se begrip van transendensie met betrekking tot tyd en narratief
2015-08-25"Paul Ricoeur se verstaan van die narratiewe struktuur van menslike “tydlikheid” bevat ’n dialektiese begrip van die transendensie van tyd, ’n begrip wat meer inhou as die gebruiklike tweedeligheid van transendensie en immanensie."
Die nuwe bekostigbaarheidsassessering-regulasies ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 van naderby beskou
2015-08-25"Regulasie 23A word met maatreëls in verband met die kredietgewer se verpligting om die verbruiker se skuldterugbetalingsgeskiedenis ingevolge kredietooreenkomste in ag te neem, asook bepalings ter regulering van diverse aangeleenthede afgesluit. Die doel van hierdie bespreking is om regulasie 23A en die definisies wat daarmee verband hou, onder die loep te neem en oor die moontlike gevolge daarvan te besin."
“Rubriekmaak” à la ryk, ryker, Rykie – Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers
2015-08-19Kan ’n nuwe generasie (blog)rubriekskrywers baat vind by die stylkenmerke van Rykie van Reenen se rubrieke? Lizette Rabe ondersoek Van Reenen se “rubriekmaak”.
Die ekstrinsieke-getuienis-reël: Universele vennootskappe en die huwelik buite gemeenskap van goed met uitsluiting van wins en verlies en aanwas
2015-08-11Die kwessie of partye wat buite gemeenskap van goed getroud is, ’n universele vennootskap met mekaar mag sluit, is nie nuut nie en loop hand aan hand met die debat oor die informele verandering van ’n huweliksgoederebedeling stante matrimonio.
Die "sluipmoordenaar" en die "patriot": Hendrik van den Bergh, John Vorster, John Harris en die Johannesburgse stasiebom, 24 Julie 1964
2015-08-04"Die artikel demonstreer dat historici ’n verantwoordelikheid en plig het om die mynveld van historiese onwaarhede wat deur propagandiste vir en teen apartheid agtergelaat is, op te ruim."
’n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank
2015-07-30"Die sterk reaksie wat 2092: God van Klank ontlok en die gewildheid van die stuk by ’n gesaghebbende Afrikaanse kunstefees soos die Woordfees, wys dat Calitz se toneelstuk oor die beheer van musiek ’n gevoelige snaar aanraak in ’n tyd wat gekenmerk word deur Afrikaners se kulturele angs."
Vonnisbespreking: Owerspel as gedingsvatbare aksiegrond
2015-07-21Wat is die impak van die hof se beslissing dat owerspel nie meer onregmatig is nie?
Dis net ’n film: Bernard Stiegler se tegnoteologiese, rolprentmatige geloof
2015-07-15"Dit is nie om dowe neute dat Stiegler sy aansprake op die transsubstansiërende en eskatologiese kragte van die rolprent baseer op ’n verwysing na ’n uitstaande voorbeeld van moderne, liturgiese ontwrigting nie, ’n “vervelige Sondagmiddag” – die dag wat die hoogtepunt van die Christelike liturgiese week is."
Die aanwending van die gestruktureerde interdik in die Suid-Afrikaanse konstitusionele regsbedeling: 'n eiesoortige beregtingsproses.
2015-07-15"Hierdie artikel beklemtoon dat die gestruktureerde interdik, wat sy ontstaan in die VSA gehad het, ’n belangrike rol kan speel om toepaslike grondwetlike remedies te skep waar grondwetlike regte geskend word."
Die allesomvattende materiële dimensie van ons bestaan: aspekte van die nuwe materialisme in Vuurklip van Marié Heese
2015-07-07"Marié Heese se roman Vuurklip (2013) word bestudeer met behulp van die leesstrategieë van die nuwe materialisme en om te bepaal watter waarde of verruimende perspektief te vind kan wees in die spesifieke voorstellingswyse van die landskap in hierdie roman."
’n Veelvlakkige netwerkontleding van die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk (1994–2014)
2015-07-01"Hierdie artikel stel ondersoek in na die struktuur van die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk as komplekse netwerk en gebruik hiervoor ’n omvattende datastel wat self direk vanaf die films saamgestel is."
Vonnisbespreking: Aksie weens onregmatige lyding vanweë gestremdheid (wrongful life)
2015-06-25"Ons doen aan die hand dat die aksie weens onregmatige lyding vanweë gestremdheid wel binne die sfeer van die deliktereg erken behoort te word, omdat al die elemente van ’n delik goedskiks binne die toepassingsgebied van die aksie neerslag kan vind."




