LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van ’n loodsondersoek

Nerina Bosman, Annél Otto LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-17

In hierdie artikel lewer Nerina Bosman en Annél Otto verslag van ’n kwantitatiewe loodsstudie na die gebruik van u.

Ontslag van ’n beskuldigde na die sluiting van die vervolgingsaak: openbare mening en die reg op ’n billike verhoor ingevolge die akkusatoriese strafprosesregstelsel

Deon Erasmus LitNet Akademies (Regte) 2015-12-15

"Adjunkregterpresident Traverso het op 8 Desember 2014 die aansoek om ontslag, na sluiting van die vervolgingsaak teen Shrien Dewani, wat aangekla was van sameswering tot ontvoering, roof en moord van sy vrou, Anni, toegestaan. Hierdie beslissing was vir die oorledene se familie en lede van die publiek in die algemeen ’n skok ..."

Sin van plek, ingeplaastheid en bioregionaliteit in ’n kunstenaarsboek-installasie, Mooirivier: weerspieëling en weerklank

Franci Greyling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-14

"Hierdie artikel bespreek ʼn praktykgebaseerde navorsingsprojek: ʼn kunstenaarsboek-installasie met die Mooirivier in die Potchefstroom-omgewing as tema."

Protreptiek en paranese: perspektiewe op die wending in boek 10 van Augustinus se Confessiones

Annemaré Kotzé LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-12-14

"Die openingsparagrawe van boek 10 van die Confessiones word ontleed om aan te toon hoe dit ’n kontras vorm met die voorafgaande nege boeke, waar protreptiese kommunikatiewe doelstellings sterk op die voorgrond is."

’n Kritiese vergelyking tussen Basilius van Sesarea, Johannes Chrysostomus en Ambrosiaster se sienswyses aangaande die behandeling van slawe

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-12-09

"Al drie die skrywers op wie hierdie artikel fokus, het slawerny aanbeveel solank as wat slawe regverdig behandel is en lyfstraf slegs met gematigde geweld toegepas is."

Menseregte, die omgewing en omgewingskonstitusionalisme

Louis Kotzé LitNet Akademies (Regte) 2015-12-08

"Deurdat omgewingsbewaring toenemend verskans word in grondwette, vernaamlik by wyse van omgewingsmenseregte, word die moontlikheid geskep om omgewingsbelange in ’n juridiese sin te verhef en om geleidelik aan die omgewing groter status te verleen binne die grondwetlik-beskermende domein van regstelsels oor die wêreld heen."

“Akkedisdis eet die visvis”: Orale narratief en persoonlike transformasie in die Karoo – ’n gevallestudie

Jaco Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-07

"De Wee se narratief verwoord haar pogings om haarself en haar sosiale omgewing te transformeer deur die beklemtoning van sekere persoonlike en sosiale kwessies, veral haar stryd met epilepsie en ongeletterdheid, asook die dinamika van politiek, klas, gender en ouderdom."

Aanspreeklikheid weens ’n late: Versoening tussen die tradisionele en nuwe toets vir deliktuele onregmatigheid, of nie?

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2015-12-03

"Aangesien ons howe ’n konserwatiewe benadering tot die uitbreiding van Aquiliese aanspreeklikheid volg en daar nie voldoende positiewe beleidsoorwegings was wat aanspreeklikheid rugsteun nie, verdien die slotsom dat die late nie onregmatig was nie, instemming. Dan geld die basiese uitgangspunt in ons reg dat skade rus waar dit val (res perit domino)."

Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyke van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp

Henry Fillies, Aslam Fataar LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2015-12-03

Henry Fillies en Aslam Fataar fokus in hierdie artikel op die aanpassings wat werkersklasleerders moet maak om hul leerpraktyke te bou. Hulle bied insig in wat dit verg om ’n leerder in ’n landelike werkersklasdorp te wees. Die artikel bied veral begrip van hul produktiewe leeridentiteitspraktyke te midde van diepgewortelde armoede.

Sinskonstruksies kenmerkend van Afrikaanse regstaal

Eleanor Cornelius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-02

"Lekelesers ondervind gereeld probleme met die taalgebruik in regsdokumente soos parlementswette en in verbruikersdokumente soos koopooreenkomste en testamente." 

Die soeke na God in “Groot ode” van N.P. Van Wyk Louw

Pieter Verster LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-11-20

"Ons weet nie ons weet nie
hoe ver die liefde lê nie
die wat sê die weet nie
die wat weet die sê nie."

“Navorsing voed my siel”: Die verkenning van passie en produktiwiteit in die vertellings van erkende navorsers

Eleanor Lemmer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-11-18

"Akademiese gesprekke oor die persoonlike en emosionele betekenis van navorsing, soos passie, in die openbaar is grootliks taboe."

Bernard Stiegler se esteteologie en die nuwe otium van die volk

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-11-11

Johann Rossouw ontleed Bernard Stiegler se politieke ideaal, die nuwe otium van die volk.

Christus ongedaan – 'n evaluering van die betekenisverlies van die term gesalfde

Pieter van Staden LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-11-11

Waar kom die naam Christus vandaan? In hierdie artikel herwin Pieter van Staden die aanvanklike kragtige inhoud van die woord.

’n Kwantifisering van kleinwêreldsheid in Afrikaanse kultuurnetwerke in vergelyking met ander komplekse netwerke

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2015-11-05

"Hierdie artikel stel ondersoek in na die kleinwêreldverskynsel in Afrikaanse kultuurnetwerke met spesifieke verwysing na die Afrikaanse filmbedryf en die Afrikaanse literêre sisteem."

Outeuridentifikasie: ’n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal

Lezandra Grundlingh LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-10-29

"Die doel van die huidige navorsing was om te bepaal tot watter mate dit moontlik is om vas te stel of ’n spesifieke individu die outeur van ’n spesifieke, beperkte stel (Afrikaanse) SMS’e is." 

Wanneer jou kantoorgebou herbou word terwyl jy werk: ’n Studie oor die invloed van epistemologiese, politieke en nasionale veranderinge op onderwysersopleiding in afstandsonderrig

Anna Hugo LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2015-10-26

"Die doel van die artikel is om van die kennis en ervaring wat oor die jare opgedoen is, beskikbaar te stel vir nuwelinge in die veld van onderwysersopleiding."

Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

Minette Jacobs, Carel van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-10-21

"Die kognitiewe en taalontwikkelingsvlak eie aan die peuterontwikkelingsfase maak forensiese assessering van die peuter ingewikkeld en dikwels selfs onmoontlik, en peuters kan nie ʼn onderskeid tussen fantasie en realiteit tref nie."

Herinnering op die verhoog: performatiwiteit in David Kramer en Taliep Petersen se Kat and the Kings

Paula Fourie LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-10-15

"Vanweë die verweefdheid van wat agter die skerms gebeur en wat op die verhoog gebeur, word Kat and the Kings in hierdie artikel bespreek as ’n uitvoering en opvoering van die uitvoering en opvoering van herinnering."

Hans Huyssen se Little Portrait of the World: Allegorical Wind Quintet with Narration (1993)

Martina Viljoen, Nicol Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-10-08

Martina Viljoen en Nicol Viljoen ondersoek die mate waartoe programmatiese en simboliese elemente van storievertelling in Little Portrait meewerk om die komponis se verbintenis tot kwessies van ’n eksistensiële aard te belig.

Top