LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die tergende toekoms van provokasie as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg

Rinda Botha, Mieke van der Merwe 2013-06-25 "Die omstrede S v Eadie-uitspraak van 2002 het die toekoms van provokasie as verweer in Suid-Afrika dermate in gedrang gebring dat sommige tans glo dat dit geheel en al afgeskaf is."

Die historiese verloop van die Unesco MAB-program in Suid-Afrika

Ruida Pool-Stanvliet 2013-06-19 "Biosfeerreservate is baie spesiale landskappe wat internasionaal deur Unesco volgens die Mens-en-Biosfeer-program (Man and the Biosphere Program, oftewel MAB Program) geregistreer word. Die eerste biosfeerreservaat is in 1998 in Suid-Afrika geregistreer en tans is daar ses geregistreerde biosfeerreservate in die land."

Rondo as metafoor vir Christa Steyn se lewe

Ockie Vermeulen 2013-06-11 "In hierdie interpretatiewe studie, gegiet in die vorm van ’n gevallestudie, word Rondo ontleed om die betekenisvolle verband tussen komponis en komposisie  te beskryf."

’n Konseptuele raamwerk vir voortgesette professionele ontwikkeling van onderwysers in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel

Trudie Steyn 2013-06-05 "Hierdie artikel fokus spesifiek op die Nasionale Raamwerk vir Onderwysersopleiding en -ontwikkeling, die Geïntegreerde Strategiese Beplanningsraamwerk in Suid-Afrika en amptelike dokumente van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders."

Stefans Grové se Raka as musikale narratief

Bertha Spies LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-05-29

"Waar die meeste van die interpretasies van Louw se Raka verwys na die verwoestende invloed van eksterne magte op die lotgevalle van ’n groep mense, konsentreer hierdie artikel op ’n interpretasie van Raka as die simboliese voorstelling van interne botsende magte in die psige van die mens."

Aantekening: Die plek en gesag van internasionale reg in die Suid-Afrikaanse plaaslike reg, met verwysing na die Glenister-uitspraak

Neels Swanepoel 2013-05-28 "Die verpligtinge wat Suid-Afrika ingevolge internasionale verdrae opdoen, veral wanneer dit aan die hand van die Grondwet uitgelê word, neem in sowel getal as omvang toe. Plaaslike howe is daarom dikwels genoodsaak om die plek en gesag van internasionale reg in die Suid-Afrikaanse nasionale reg te oorweeg."

Onderweg na goeie wetenskap 4: Evaluasie en kommunikasie

Braam Roux, Fanie de Beer 2013-05-22 "Ewekniebeoordeling vertoon fundamentele gebreke, soos wisselende oordele en ’n onvermoë om werklik nuwe kennis te waardeer. As oorsaak word kruipende subjektiwiteit aangevoer en dit dui op onaanvaarbare aannames oor werklikheid, mens, kennis en wetenskap."

Betlehem én Beaufort-Wes is beautiful: Die ontwikkeling van ’n intertekstueel-inkulturerende homiletiese praxis-model

Cas Wepener, Cas Vos 2013-05-15 "Die oogmerk van hierdie bydrae is om, met verwysing na die twee dorpe Beaufort-Wes en Betlehem en die wyses waarop hierdie dorpe en soortgelyke ruimtes in verskillende kunsvorme tot uitdrukking gekom het, aan te toon watter moontlikhede die kunste vir die homiletiese proses bied."

Die sing van “Vlaglied” in sommige wit Afrikaanse skole in die 1980’s

Carol Steyn 2013-05-14 "Ek het ook bevind dat die "Vlaglied" geskik was vir indoktrinasie in die apartheidsideologie. Musiek kon kulturele werk doen waar die politiek nie langer kon bykom nie."

Aantekening: Weerlegging van die vermoede van vaderskap en die beskerming van “beoogde” gesinslewe binne konteks van die ongetroude biologiese vader se reg op kontak met sy kind

Anton van der Linde 2013-05-08 "In die lig van die besondere feite van die sake onder bespreking word die regsposisie in Suid-Afrika wat die betwisting en erkenning van vaderskap betref, ook onder die loep geneem en met Europese tendense vergelyk."

Die tradisionele Christelike godsdiens en teologie in die greep van ’n verouderde paradigma: diagnose en prognose

Sakkie Spangenberg 2013-05-07 "Sondeval-Verlossing-Eindoordeel. Hierdie paradigma het geloof en wetenskap in die Westerse wêreld vir meer as vyftien eeue oorheers. Wetenskaplike ontdekkings sedert die 16de eeu het dit egter begin ondermyn en ’n kloof tussen wetenskap en geloof geskep."

Die narratief van verlies: Die Bloubaardnarratief as interteks in Die burg van hertog Bloubaard deur H.J. Pieterse

Ihette Senekal 2013-05-06 " Daar word aangevoer dat die verwerking van verlies ’n inkeer tot die innerlike inhou, en daarmee saam ’n poging tot die verwoording daarvan, tot die skep van ’n nuwe narratief in poëtiese vorm."

Verteerbare patriargie? Angus Buchan, die Mighty Men en manlikheid

Kobus du Pisani 2013-05-01 "Die belangrikste teoretiese vraag is of die feministiese kritiek teen Buchan geregverdig is, naamlik dat sy soort “sagte patriargie” gevaarlik is omdat dit ’n subtiele manier is om patriargale magsverhoudings in die samelewing in stand te hou, wat huishoudelike geweld eerder sal bevorder as verminder."

Vonnisbespreking: Rasionaliteit – die president se eie administratiefreg?

IM Rautenbach 2013-04-30 "Dit is duidelik dat die howe besig is om ’n parallelle administratiefreg vir die president te ontwikkel. Dit is ’n proses wat sy loop neem soos wat howe die een na die ander geval oorweeg waarin optrede van die president ter sprake is."

Metakognitiewe bewustheid as vereiste vir die effektiewe onderrig van leesbegripstrategieë

Betsie Klopper 2013-04-29 "Hierdie studie het [...] sonder twyfel getoon dat die eksplisiete onderrig van leesbegripstrategieë ’n werkbare oplossing vir die probleme rakende geletterdheid wat tans binne die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ondervind word, bied."

Vonnisbespreking: Steeds meningsverskil oor die deliktuele-nalatigheid-toets vir onderwysers

Johan Potgieter 2013-04-17 "Selfs vandag nog bestaan daar in die hoogste hof van appèl nie eenstemmigheid oor die formulering (en selfs toepassing) van die deliktuele-nalatigheid-toets vir onderwysers nie."

Eensaamheid, alleenheid, vryheid: Joseph Joachim se F-A-E-lewensmotto (“Frei aber einsam”) en Karel Schoeman se roman Hierdie lewe

Heinrich van der Mescht LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-04-17

"Volgens Dahlberg (2007) kan eensaamheid beteken om sonder ander mense te wees, of alleen te voel tussen ander mense, maar ook om rustig en kreatief te voel binne jou eie eensaamheid. Laasgenoemde kan alleenheid (solitude) genoem word."

Vonnisbespreking: Aanspreeklikheid van die staat vir tuberkulose in die gevangenis

Johan Potgieter, Johann Neethling 2013-04-10 "’n Toepassing van die geykte but for-toets, selfs in sy soepele gedaante, kan in bepaalde gevalle (soos in Fairchild, die Romeinsregtelike slaaf en die drie jagters) daartoe lei dat aanspreeklikheid ontken word weens die afwesigheid van ’n feitelike kousale verband omdat dit meer waarskynlik is dat die verweerder(s) nie die gewraakte gevolg veroorsaak het nie as omgekeerd."

Versoening met God in 30 Nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden

Pieter Verster 2013-04-10 "In hierdie artikel word gepoog om die uitgangspunte van Etienne van Heerden in die roman 30 Nagte in Amsterdam rakende die versoening met God te oorweeg."

Voorstelle rondom ’n multimodale diensleweringsmodel ter bevordering van geestesgesondheid in Suid-Afrika

Henry Steel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-04-09

"Hierdie artikel voer aan dat die model van individuele psigoterapie en ander verwante vorme van tradisionele dienslewering op geestesgesondheidsgebied in Suid-Afrika uitgebrei behoort te word tot ’n multimodale model waarin andersoortige metodes ook benut word."

Top