
Onlangse Buckfever Underground ’n sterk uitreiking
2020-06-11"Op Last days of beautiful kom soorte hedendaagse rotskunsdrome by, tuimelende persepsies, hoop, ideale en ’n wye blik op hier- en menswees. Die snitte sing en alles is moontlik daarop."

Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?
2020-04-24"Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie maar net so 'geregtig' as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie ..."

Formateer
2020-02-27"’n Reuse-hert beweeg stadig deur die lug na die kyker. Dit spring van papier, na ’n glibberige strook mikrofiche en dan deur ’n rekenaarskerm waarna dit bestaan uit ’n digte, spokerig gloeiende string ene en nulle in die vorm van ’n hert."

Orwellington se nuwe album ’n trefseker uitnodiging na hul optredes
2020-01-07"Orwellington spring met gemak die dans van die groot mark vry deur dít waarvoor hulle kennelik lief is, op ’n kompromislose wyse te doen."

Louise Viljoen stel ondersoek in na hoe Antjie Krog Nederlanders bewus maak van raakpunte met SA samelewing
2019-07-10Globalisering en die nuwe tegnologieë lei eintlik noodwendig tot interaksie tussen kulture en samelewings en dus wég van ’n insulêre bestaan, skryf die Stellenbosse literator Louise Viljoen in ’n artikel wat onlangs op LitNet Akademies gepubliseer is. Sy het Willem de Vries se vrae beantwoord oor “Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande”.

Afrikaans is a major African asset – Dele Olojede
The more we eliminate this diversity, the lesser we become, says Africa’s first Pulitzer Prize winner
2018-11-22
What does Afrikaans mean in the context of Africa? And what can an institution such as Stellenbosch University gain, should it make work of ensuring there is no lesser place for it? Willem de Vries spoke to Dele Olojede, who has become a supporter of the campaign, Gelyke Kanse (Equal Opportunities).

Tuin van digters en vertaalkuns: Hugo en T’Sjoen aan die woord oor literêre vertaling en die poësie van De Coninck, Van hee en Nolens
2018-09-20"Is Belgiese Nederlands net so belangrik en interessant as Nederlandse Nederlands? Nie net soveel nie – véél interessanter, meen Hugo uit hoofde van die feit dat hy al werk van Vlaminge, sowel as Nederlandse skrywers vertaal het."

Bergplek: ’n Tweeluik
2018-07-11"heeltyd speel as klankbaan hier buite
sang uit die klip, klink applous uit die kluite
lang riete skilder stadig, die middag verkleur
terwyl die berg wind tot musiek bekeer"

Meneer Vraagom skryf weer
2018-03-22"’n Leeftyd se koerante het onder in sy verbeelding ’n laag leesstof gevorm, en nou blaas die aktualiteit dit aan tot vorme en lewe: ’n Wolk vlermuise klits die lug bo ’n skryftafel waar ’n skrywer ook maar blindelings die werklikheid met sy eie radar op papier probeer aftas."

Die robot
2017-11-14"Die geboutjie was weg. In die plek daarvan is ’n slagboom wat rus op ’n mik. ’n Metaalboks steek vir die motoriste ’n papiertong uit. Dan lig die slagboom op."

Hedendaagse problematiek en geskiedenis praat saam in Ware mense
2017-11-01"Ware mense bestaan uit twee verhale, het Hugo verduidelik: Die geskiedenis en die huidige posisie van Khoi-Khoin-mense en -afstammelinge in Suider-Afrika, asook die verhaal van die navorsing, hoe De Graaff by die mense uitgekom en hul stories gehoor het."

Internasionale betrokkenheid by Afrikaans neem toe
2017-09-27"Met die bou van brûe tussen die Weste en Afrika bly wen Afrikaans aan relevansie vir Suid-Afrikaanse én buitelandse universiteite. Die rol wat dit speel in die Suid-Afrikaanse taallandskap kring uit oor landsgrense heen."

Venter en Nystrøm: Musici in verset teen die massamens
2017-08-10"Vervreemding in musiek is niks nuuts nie, maar tog: Die wyse waarop Venter en Nystrøm verrassende klankpalette skep en bymekaar voeg, vra van ’n gehoor om, weg van die konsertsaal, ánders te luister."

’n Berlynse dagboek
2017-06-01"Verhale, musiek en rolprente kan jou help om jou by ’n stad in te verbeel. Ek wou al vir jare meer weet van die Berlyn van Wim Wenders se stad in Der Himmel über Berlin, ook hoe die groep Einstürzende Neubauten sy skrootsimfonieë in die stad geskep het."

Wellingtonse gemeenskapsleiers voer oop gesprek oor taal en identiteit
2017-03-23Edwena Goff tydens die gesprek: “Wat bring ons vanoggend bymekaar? Ons taal en die identiteit wat ons vind in ons taal. Vir my, wanneer dit kom by my taal, is ek deel van ’n nierassige volk, nie ’n veelrassige volk nie.”