Marietjie Warrington

My noemnaam is Marietjie Warrington, maar ek is gedoop Maria Catharina Fredericka. In 1965 matrikuleer ek in Johannesburg en kwalifiseer hierna in 1968 as taalonderwyseres aan die destydse Pretoria Onderwyskollege met Engels, Bybelkunde en Drama- en Spraakopleiding as hoofvakke. Tydens my loopbaan was ek ’n joernalis, teaterresensent en rubriekskrywer. My eerste rubriek het in die vroeë tagtigs in die Pretoria-Ooskoerant onder die opskrif "Van Rose en Turksvye" verskyn. My laaste standplaas as joernalis was by die Servamus, die SA polisiëringstydskrif. My mees onlangse publikasie was op afrikaans.com – blog van die week: "Die Kleintjie Willemse-storie" wat op 1 Julie 2019 verskyn het. My liefde vir Afrikaans is aanvanklik deur my moeder, Dolly Pieterse, geprikkel. In plaas van Rooikappie en Sneeuwitjie het ma saans met slapenstyd uit CJ Langenhoven se Versamelde Werke voorgelees. Ek sal graag alvorens ek by die "goue hekke" aanmeld ’n bundel met my kortverhale wil publiseer. My geliefkoosde skrywers is Johan Bakkes, Margaret Bakkes, Koos Kombuis, Andre P Brink, PG du Plessis en Lina Spies. Ek woon tans in Linden, Johannesburg, saam met my broer.

Tienerswangerskappe: Ons dogters brand in COVID-19-spervuur en nóg gloei die kole …

Marietjie Warrington Menings 2022-07-20

"Luidens die Departement van Gesondheid het die aantal babas van tienermoeders in Suid-Afrika se mees bevolkte provinsie, Gauteng, sedert die begin van die COVID-19-pandemie met 60% gestyg."

COVID-19 pluk stigma-angel uit geestesongesteldheid

Marietjie Warrington Seminare en essays 2022-03-29

"Zamo Mbele, ’n kliniese sielkundige, het tydens die webinaar gesê dis verblydend dat veral mans nou meer openlike gesprekke voer rondom geestesongesteldheid en dat geestesgesondheid eintlik almal se probleem is."

COVID-19 en rioolwater: Hoe om die morsige virus op te spoor

Marietjie Warrington Seminare en essays 2021-11-26

"Turton sê dié platform kan ingespan word om te waarsku wanneer ’n nuwe vlaag op pad is en dit is ook moontlik om blokke of selfs geboue uit te wys waar besmette individue hul bevind."

COVID-19-traumanalatenskap dalk nog vir geslagte met ons

Marietjie Warrington Seminare en essays 2021-10-04

"Trauma wat uit mense se emosionele belewenisse tydens die pandemie spruit, kan aan nageslagte oorgedra word."

Die impak van COVID-19 op studente en tersiêre instellings

Marietjie Warrington Universiteitseminaar | University Seminar 2020-12-15

"Met ingang van 2021 is COVID-19 steeds met ons. Selfs ’n tweede vlaag word nou ’n werklikheid. Meyer sê die impak hiervan op die ekonomie sal ’n lang u-vorm aanneem."

COVID-19, die klas van 2020 en loopbaankeuses

Marietjie Warrington Skole 2020-10-06

"Zak Nel, ’n loopbaanvoorligter in Linden, Johannesburg sê in die 40 jaar wat hy as professionele loopbaanvoorligter praktiseer, hy nog nooit ’n enkele gebeurtenis ervaar het wat so ’n dramatiese uitwerking op jongmense se loopbaankeuses gehad het soos die COVID-19-grendelstaatimpak nie."

’n Onderhoud met die land se kaalbaskoning – ’n oudjoernalis onthou ...

Marietjie Warrington In memoriam 2020-08-03

"Vandag se jongmense sal heelwaarskynlik nie sy naam eien nie, maar vir baie van ons oudjoernaliste wat tydens die ‘80’s en ‘90’s gewerk het, sal dit moeilik wees om die kleurvolle persoonlikheid te vergeet."

Troeteldiere in COVID-19-spervuur: fopnuus en vrees

Marietjie Warrington Menings 2020-07-20

"Diereskuilings is skielik oorval met groot getalle losloperinnames en daar is bevind dat talle plaaslike en internasionale sentrums nou uit hul nate bars."

Jou grendeltyd: Elke dag ’n Sondag sonder die Bybel …

Marietjie Warrington Menings 2020-04-29

"Dis in dié tyd dat ek na my ouma Bekker se kennis en wysheid verlang. Sy’t groot donkertes in haar leeftyd deurmaak en tog altyd daarin geslaag om haar wese met geesdrif te omarm: die Anglo-Boereoorlog, konsentrasiekampgruwels by Volksrust, die 1914-Rebellie, 1918 se Spaanse griep en die verlammende Groot Depressie van die jare dertig, om maar ’n paar te noem."

Dinge vir ’n kind? Liggaamsopvoeding in skole

Marietjie Warrington SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-02-11

"Die leerplan fokus op seksualiteitsopvoeding, verhoudings, waardes en weerbaarheid. Slegs ouderdomsgepaste inligting is ingesluit."

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

Marietjie Warrington Skryfkompetisies 2019-08-06

LitNet se Vrouedag-skryfkompetisie – Vonkfiksie deur Marietjie Warrington: "Sy kon met ’n passie vertel van haar laaste rit op ’n ossewa, die eerste Fordjie, die pennies omdraai tydens die Depressiejare, die hartseer storie van Jopie Fourie, en die dame met die goue hart, Emily Hobhouse."

Top