Persverklaring: ATKV vereer woordkunstenaars (poësie, romanse, ’n dramateks en die Woordwystoekenning)
2025-09-18Met die ATKV-Woordveertjies bekroon die ATKV outeurs wat deur hul woordkuns ’n lewende erfenis bou.
Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, derde kwartaal
2025-09-18As jy in graad 8 is, weet jy teen hierdie tyd dat statiese elektrisiteit en ballonne iets met mekaar te doen het. In hierdie gratis NW-oefenvraestel deur Rita Engelbrecht gaan jy nog meer oefenvoorbeelde ten opsigte van statiese elektrisiteit en ander werk wat julle hierdie kwartaal behandel, aantref. Laai dit af en behaal goeie punte in jou toets!
Persverklaring: ATKV vier krag van lees en boeke
2025-09-17Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei.
Nuut by Human & Rousseau: Kleinkat 1: Kleinkat se strokiesklub deur Dav Pilkey
2025-09-17Kleinkat leer vir ’n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep. Terwyl die paddavissies se wilde verbeeldings hulle na verskillende vertelgenres lei – van ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster – sal lesers leer oor samewerking, empatie en vreeslose selfuitdrukking.
Nuut by Human & Rousseau: Weg is nie ’n plek nie deur Santie van der Merwe
2025-09-17Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18 afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?
Gewildste plasings op LitNet: 10 tot 16 September 2025
2025-09-17Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 10 tot 16 September 2025.
Persverklaring: Simposium wys Afrikaans se krag as wetenskapstaal
2025-09-17Die SA Akademie het op 11 en 12 September 2015 hul jaarlikse algemene simposium met die tema "Afrikaans – 100 jaar amptelik: verlede, hede, toekoms" in Stellenbosch aangebied. Die byeenkoms was ’n kragtige tentoonstelling van die beoefening van Afrikaans as wetenskapstaal en het vooraanstaande akademici, skrywers, opvoedkundiges, regsgeleerdes, filosowe, kunstenaars en natuurwetenskaplikes byeengebring.
Pasverskyn: Atrium. Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert
2025-09-17Dit is vanjaar die bekroonde digter Marlise Joubert se 80ste verjaarsdag. Om die geleentheid te herdenk, het Karen de Wet ’n keur uit Joubert se digbundels saamgestel. Atrium is ’n versamelaarsitem wat op elke poësieliefhebber se boekrak hoort.
Persverklaring: Die SA Akademie se bekroningsplegtigheid 2025
2025-09-16Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarlikse bekroningsplegtigheid het op 12 September 2025 in Stellenbosch plaasgevind. By dié statige geleentheid is die SA Akademie se gesogte pryse aan vooraanstaande skrywers, kunstenaars, natuurwetenskaplikes en akademici toegeken.
Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar
2025-09-15Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!
Uitnodiging na die opening van Tuin van Digters 2025 se kunsuitstallings: wanatoe? soentoe en Gee, aangee: nooit opgee
2025-09-12Kunstenaars kon Breyten se digkuns én skilderkuns as vertrekpunt en inspirasie gebruik om kunswerke te skep wat Breyten se nalatenskap eer, erken en verder neem.
Persverklaring: 5de SAS-simposium
2025-09-11Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek, Universiteit van Wes-Kaapland bied vanaf 10–11 Oktober 2025 die 5de SAS-simposium aan. Onder die skrywers wat reeds hul deelname bevestig het, is Antjie Krog, Bettina Wyngaard, Diana Ferrus, Elias P Nel, Gaireyah Fredericks, Jeremy Vearey, Jolyn Phillips, Lynthia Julius, Valda Jansen en Willem Fransman jnr.
Press release: Karavan Press bags Creative Africa Nexus (CANEX) Book Factory Prize for Publishing in Africa 2025
2025-09-11Karavan Press was recognised for its book In silence my heart speaks by Thobeka Yose, winning the $20,000 top prize. The Prize was presented by Algeria’s Minister of Culture and Arts Azzedine Mihoubi.
Hier is die deelnemers aan vanjaar se Kommadagga-slypskool en -residensie
2025-09-10Die skrywers sal onder leiding van ons bekwame mentor, Fourie Botha, digter, ervare uitgewer van gerekende skrywers en literêre agent, tydens die residensie skaaf aan kortverhale.
