LitNet

LitNet

Nuut by Queillerie: Patmos deur Willem Anker

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-09

Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie. Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike "nou" ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.

Gewildste plasings op LitNet: 2 tot 8 Julie 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-07-09

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 2 tot 8 Julie 2025.

Pasverskyn: Bloedblou deur Jan Vermeulen

LitNet Boeke en skrywers 2025-07-08

Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het.

Uitnodiging: Boekbespreking van Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn – Oude Leeskamer, 23 Julie 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-07-07

Sluit aan by die bekendstelling van Franklin Sonn se indrukwekkende outobiografie, Karooseun van Vosburg, tydens ’n gesprek met Michael le Cordeur by Oude Leeskamer in Stellenbosch op 23 Julie 2025. Die boek vertel van hierdie vryheidsvegter-ikoon se vormingsjare in Queenstown in die Oos-Kaap, ná sy geboorte in Vosburg in die Karoo in 1939. Moenie hierdie merkwaardige geleentheid misloop nie.

LitNet: Genadendal-onderwysberaad

LitNet Nuusbrief 2025-07-04

LitNet: Genadendal-onderwysberaad

Nuut by Naledi: Die speletjie deur Celeste Slabber-Loriston

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

Talia is in Graad 8. 13, amper 14 jaar oud. Sy is slim. Jy kan amper sê sy is ’n superkind. Dit is juis die slimheid wat haar en haar beste vriendin, Nzingha, op Hoërskool Ruiterhof se Graad 8-akademiese toer neem. Die toer begin by die grillerige Huis Fabergé met die vreemde eienaar, Vladlena. Die huis met ’n toegespykerde deur, vreemde beeld in die voorportaal, en ’n meisie met hartseer oë wat haar smeek om haar en haar ma te help. Talia word deel van ’n magiese wêreld waar sy ’n veer, skulp, ster en diamant moet vind om die raaisel van die roossteen op te los.

Nuut by Tafelberg: Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

’n Aardbewing op ’n Vrystaatse myndorp laat ’n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat ’n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie ...

Nuut by Tafelberg: Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer. 

New from Jonathan Ball: The shortest history of England by James Hawes

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

England – begetter of parliaments and globe-spanning empires, star of beloved period dramas, and home of the House of Windsor – is not quite the stalwart island fortress that many of us imagine. Riven by an ancient fault line that predates even the Romans, its fate has ever been bound up with that of its neighbours; and for the past millennia, it has harboured a class system like nowhere else. There has never been a better time to understand why England is the way it is – and there is no better guide.

Pasverskyn: Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton

LitNet Boeke en skrywers 2025-07-03
Pa is weg, en skielik moet ek ’n grootmens wees. Ek wil nie die man van die huis wees nie. Ek wil nie hoor hoe Ma in die stilte huil nie. Ek wil nie hê Mason moet eendag opdaag en vra "Waar is Pa?" nie. Ek wil teruggaan na twee jaar gelede – toe ek nog net Ethan was. Ethan met die cool broer en ôsim ouers. Ethan wie se ouers Sondagmiddae in die agterplaas gedans het. Maar op Vrydagaand het die dood Pa kom haal. Hoe oorleef ek my eerste week sonder hom – en alles wat nou anders is? Hoe haal ek nou asem?

Uitnodiging: Fritz Ponelis-gedenklesing 2025

LitNet Akademies en skole 2025-07-03

Alle belangstellendes word uitgenooi na vanjaar se Fritz Ponelis-gedenklesing op 30 Julie in Stellenbosch. Die spreker is Suléne Pilon en die onderwerp is: "Oor wat is en wat was: ’n gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse sintaktiese konstruksies met wees".

Gewildste plasings op LitNet: 25 Junie tot 1 Julie 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-07-02

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 25 Junie tot 1 Julie 2025.

Persverklaring: Afrikaans blom in ’n meertalige UV-konteks

LitNet Akademies en skole 2025-07-01

Hiermee wil die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die UV die persepsie dat die dae van Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat getel is kontekstualiseer.

Press release: Stellenbosch International Chamber Music Festival celebrates 20 years – 4 to 13 July 2025

LitNet Lifestyle and entertainment 2025-07-01

The 20th Stellenbosch International Chamber Music Festival kicks off this coming week from 4 to 13 July at the US Konservatorium in Stellenbosch. SICMF artists this year include Andrey Baranov, Daniel Rowland, Maja Bogdanović, David Cohen, Dwight Parry, YaoGuang Zhai, Emanuil Ivanov, Bram van Sambeek and José Garcia Gutìérrez. Lovers of jazz will also have a lot to enjoy with composers like Kapustin and Artie Shaw on the bill. 

Oproep om referaatvoorstelle: Algemene simposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-07-01

Die simposium bring kundiges, skrywers en wetenskaplikes byeen om terug te kyk op ’n eeu van taalontwikkeling, én vorentoe te kyk na die volhoubaarheid en veelstemmigheid van Afrikaans. Jy word hartlik uitgenooi om ’n referaatvoorstel voor te lê ten einde deel te wees van hierdie merkwaardige geleentheid.

Top