Nuut by Naledi: Opgeklim en weer gery deur Dirk van Zyl Smit
2025-10-29Dirk van Zyl Smit bied vir die leser motivering en praktiese wenke oor die omkeer van ’n negatiewe situasie in ’n suksesverhaal. Deur positiewe denke, geloof en harde werk het hy dit reggekry om een keer meer op te staan as wat hy geval het. Sy lewe was een van afval en seerkry, maar opklim en weer ry.
Persverklaring: Wimpy kid help biblioteke
2025-10-29Sedert hulle ontstaan in 2010 het The Bookery meer as 98 skoolbiblioteke in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng gestig en het hulle meer as 375 500 boeke landwyd versprei.
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, vierde kwartaal
2025-10-29Is jy in graad 5 en wonder jy wie is die drie susters op hierdie prent? In hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen gaan jy kan lees oor die drie susters van Drie Susters in die Karoo. Die vraestel sal jou ook met nog meer stories en voorbeeldoefeninge vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal kan help voorberei. Voorspoed met die eksamen!
Gewildste plasings op LitNet: 22 tot 28 Oktober 2025
2025-10-29Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 22 tot 28 Oktober 2025.
Graad 4: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-10-29Ons ry 468 km na ons vakansiebestemming. Die rit duur 6 uur. As jy in graad 4 is, wil jy dalk vra: Waarheen is ons op pad? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gaan jou eers help met die Wiskundesom (jy gaan moet uitwerk hoe ver het julle in 2 ure gery). As jy klaar eksamen geskryf het, kan jy lekker gaan vakansie hou. Laai die oefenvraestel en memorandum gratis hier af.
Pasverskyn: Alten akkedis se sewe sterte deur Riana Scheepers
2025-10-28Alten, ’n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te verloor en weer te laat groei, vind homself in ’n tuin vol gevare. Wanneer sy vriend Frida, die verkleurmannetjie, in die moeilikheid beland, moet Alten sy moed bymekaar skraap om haar te red. ’n Verhaal vol humor, spanning en die krag van ware vriendskap.
Graad 5: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-10-28Die snoepie verkoop 357 sappies per dag. Hoeveel verkoop hulle in 1 week? As jy in graad 5 is, sal jy met somme soos hierdie een vir jou Wiskunde-eksamen kan voorberei. Laai hierdie oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis hier af!
Wen met ’n vertelling oor jou troue!
2025-10-27LitNet wil graag interessante, mooi, snaakse of selfs hartseer stories hoor oor julle troues. Wat was spesiaal aan julle geleentheid? Daar is ’n prys van R2 000 te wen vir die beste vertelling.
Persverklaring: Die Klerksdorp Boekefees kondig die Sandy Schoeman-kortverhaalprys aan
2025-10-27Op Saterdag 25 Oktober 2025 het die organiseerders van die Klerksdorp Boekefees ’n nuwe kortverhaalkompetisie met ’n prysgeld van R2 500 aangekondig.
Persverklaring: Kunstekaap laat Riversdal gons met die kunste en opvoedkunde!
2025-10-24Elke jaar word ’n nuwe dorp gekies waar lokale soos ’n skool of gemeenskapsaal omskep word in ’n ten volle toegeruste teater.
Nuut by Queillerie: Die laaste leuen deur Anita du Preez
2025-10-22Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak. Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken, Rebecca, geval het. Swart. Niks. Toe sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, met ’n bloederige wond aan sy kop. Wie het Max reg hier in hul leefkamer aangeval? Dit kan tog nie wees dat sý ... ? Sy sal bitter vinnig ’n manier moet vind om haar onskuld te bewys – al kan sy niks onthou nie.
New from Tafelberg: Healing the mother wound by Moshitadi Lehlomela
2025-10-22A much-anticipated and requested follow-up from the author of The girl who survived her mother, this is a comprehensive guide for individuals healing from the mother wound – psychological trauma resulting from maternal neglect, abuse, or emotional unavailability. This is a must-have guide for the modern woman ready to soar.
Nuut by Naledi: Briewe van heldinne vertaal deur WJ Henderson
2025-10-22Agtien beroemde vroue uit die Griekse mitologie en geskiedenis skryf aan hulle minnaars om te verneem hoekom hulle nie skryf of terugkom nie. Die tragiese ironie is dat die helde óf omgekom óf iemand anders gevind het. Die briewe vertoon ’n wye spektrum van gevoelens, gedagtes, omstandighede en gedrag. Die ongeveer vyf-en-twintigjarige Ovidius, ’n Romeinse man in die laaste dekade vC, verbaas die leser van vandag met sy uitgebreide kennis van die mitologie en vernuftige skildering van die vroulike psige.
Nuut by Naledi: Vandagsedag deur Lanie van Reenen
2025-10-22In Vandagsedag deel Lanie van Reenen die juwele van die kleiner, onder-die-radar-lewe; die huis wat sy liefderik restoureer in die plattelandse dorpie waar sy land, hoe sy, ten spyte van die beperkinge wat met die ouderdom saamkom, steeds ja sê vir avonture. Sy beleef die laaste jare van haar ma se lewe intens en bring haar eie gedagtes oor oudword in perspektief. Sy verlustig haar in die klein detail van ’n vervullende alleenlewe, besef dat sy dit tot ’n kunsvorm kan verhef in die wete dat al wat sy – ons almal – het, is inderdaad vandag se dag.
