
Hierdie boeiende jeugverhaal uit debuutskrywer Mariane le Roux se pen sal lesers se hartsnare roer.
Alwyn se pa sterf onverwags gewelddadig. Die tienerseun moet die onomkeerbare realiteit daarvan daagliks vierkantig in die oë kyk en ook daar wees vir sy ma.
Die polisieondersoek en uiteindelike hofsaak veroorsaak verdere trauma, maar een middag is Duif net daar. Alwyn ontferm hom oor die beseerde geveerte. Hierdie teer daad bring ’n nuwe, betekenisvolle wending aan hoe hy en sy ma hulle rousmart verwerk.

