Persverklaring: dig- en skryfkompetisie
2026-01-21Ink Skryf in Afrikaans bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in drie spogbloemlesings opgeneem gaan word.
Graad 12: Onderwêreld deur Fanie Viljoen – opsomming en analise
2026-01-21As jy vanjaar in matriek is, is Onderwêreld deur Fanie Viljoen waarskynlik jou voorgeskrewe boek in Afrikaans Huistaal. Lees die boek en laai dan Cecilia Klopper se opsomming en analise gratis hier in PDF hier af om die teks onder die knie te kry!
Gewildste plasings op LitNet: 14 tot 20 Januarie 2026
2026-01-21Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 14 tot 20 Januarie 2026.
Nuut by Naledi: Die spoegvanger deur Stefanus S Vivier
2026-01-20Die spoegvanger is die ontstellende, maar roerende vertelling van ’n jong seun wat grootword op ’n plaas aan die Vaalrivier. Hy is ’n kind met ’n fyn waarnemingsvermoë, vasgevang in ’n wêreld van stilte, geheime en harde waarhede. Sy pa is ’n onderwyser, ’n politikus-in-wording, en die draer van ’n ideologie wat sy wêreld inkleur. Dis egter in die vriendskap met ’n Xhosa-seun dat die kind iets van ’n ander waarheid begin raaksien waarvoor daar in sy huis, en sy land, min plek is.
Nuut by Protea: Kolam deur Fourie Botha
2026-01-20In hierdie bundel verweef Botha uiteenlopende temas op ’n vernuftige wyse. Die bundel sluit reisbeskrywings, erotiese gedigte, tekste oor argitektuur, familie, diere, die belewenis van die Covid-pandemie en die omgewing in.
Nuut by Protea: Stinkhout deur Philip Rademeyer
2026-01-20Dit is ’n Afrikaanse toneelstuk oor Gert en Louw, ’n pa en seun wat mekaar weer by die gesin se huis ontmoet vir die begrafnis van Louw se jonger broer, Schalkie. Na nege jaar uitmekaar, maak Schalkie se skielike dood ou wonde weer oop en pa en seun sukkel om mekaar te vind.
Nuut by Protea: Waar die lammers nie suip nie deur Daniël Lötter
2026-01-20Waar die lammers nie suip nie is ’n aangrypende verhaal wat afspeel in ’n afgeleë Karoo-plaasdorp en draai om die tragiese gebeure van die Kersnaweek van 1977, waar ’n gruwelike insident die gemeenskap diep skud.
Nuut by Queillerie: Een keer om die son deur François Bloemhof
2026-01-20Die aangrypende verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig is, maar dan vind ’n tragedie plaas wat tergende vrae tot gevolg het, en alles verander oornag. Menseverhoudinge is kompleks en dié verhaal beeld dit in alle skakerings uit.
Pasverskyn: Die Anglo-Boereoorlog in kleur, volume II deur Tinus le Roux
2026-01-20Volume 2 dek die guerrillaoorlogvoering vanaf 1900 tot 1902 en beeld onder andere die tragedie van die verskroeideaardebeleid uit, asook die daaglikse roetine van Boeregevangenes in die konsentrasiekampe, plaaslik en oorsee. Die vredesproses ná vredesluiting en interessanthede oor die nasleep van die oorlog word ook uitgelig.
Persverklaring: Proscenium-dramakompetisie 2026 (Inskrywings sluit 29 Januarie)
2026-01-20Inskrywings vir die Proscenium-dramakompetisie 2026 sluit op 29 Januarie 2026, en aspirant jong kunstenaars word aangemoedig om dié unieke geleentheid aan te gryp.
Persverklaring: Oproep om voorleggings vir Lina Spies-huldigingsbundel, Onthou is die dag wat breek
2026-01-19Hiermee word jy hartlik uitgenooi om tot hoogstens drie voorheen ongepubliseerde gedigte voor te lê vir die Lina Spies-huldigingsbundel wat later vanjaar by Naledi sal verskyn.
Persverklaring en boekbekendstellingsuitnodiging: waar daar eens ’n see was deur Jennifer Pape
2026-01-19Sluit aan by Daniël Hugo vir die boekbekendstelling van Jennifer Pape se digbundel, waar daar eens 'n see was op Saterdag 24 Januarie 2026 om 10:00 in Jannie se Leeskamer.
Persverklaring: Oproep om nominasies – SA Akademiepryse 2026
2026-01-16Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2026 vir toekenning oorweeg word.
Nuut by Naledi: Van ’n afstand af deur Koos van die Waterberge
2026-01-15Van ’n afstand af is ’n versameling van memoires, verhale, sketse en vertellings as deel van ’n terugskouing oor ’n leeftyd.
