Gewildste plasings op LitNet: 26 November tot 2 Desember 2025
2025-12-03Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 26 November tot 2 Desember 2025.
Persverklaring: Artscape Accessibility-fees 3–6 Desember
2025-11-28Ons is verheug om Kunstekaap se Accessibility-fees, ter viering van persone met gestremdhede deur middel van kreatiewe uitdrukking, aan te kondig wat van 3–6 Desember plaasvind en sodoende die Internasionale dag vir persone met gestremdhede (IDPD) te herdenk.
Pasverskyn: Neo se onsigbare kombers deur Salamina Mosese
2025-11-27Neo is lief vir avonture, maar soms voel hy ’n bietjie bang. Gelukkig is sy suster, Thandi, sterk en dapper en sy het ’n slim plan om Neo veilig te laat voel. Sy gee hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare kombers. En dit werk!
Graad 10: Afrikaans Huistaal-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-27Is jy in graad 10 en dink jy aan die natuurreservaat waar julle gesin binnekort gaan vakansie hou? In hierdie gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel van Cecilia Klopper is daar ’n strookprentoefening wat oor renosterstropery handel, en nog hope ander interessante voorbeelde waarmee jy jou taalvaardighede kan oefen. Voorspoed met die heel laaste eksamen van die jaar!
New from Kwela: Three echoes by Marina Auer
2025-11-26Sara Buhle, a troubled obstetrician, is thrust into a frantic search for a missing newborn in Durban. Sara is pulled into the search by rising SAPS star Vuyi Vilakazi.
Nuut by Jasmyn: Ena Murray-speurverhale
2025-11-26Drie van Ena Murray se heel beste speur- en spanningsverhale.
Elders gesien: Clinton V du Plessis se "Gebed" deur KI gesing
2025-11-26LitNet het toestemming gekry om hierdie video van die gedig "Gebed" te deel. Die gedig het in Clinton V du Plessis se bundel Verslag verskyn. Wat dink ons lesers van hierdie eindproduk? Deel asseblief julle sienings oor hierdie soort gebruik van KI, en ook oor die musiek.
Gewildste plasings op LitNet: 19 tot 25 November 2025
2025-11-26Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 19 tot 25 November 2025.
Persverklaring: Vervolgverhaalveteraan bied feestydvermaak op RSG
2025-11-25Kersversierings van hoop deur Joe Kleinhans is ’n oorspronklike middagvervolgverhaal.
Graad 5: Natuurwetenskappe en Tegnologie-vraestel en memorandum, kwartaal 3 en 4
2025-11-25As jy in graad 5 is en nog hierdie week Natuurwetenskappe en Tegnologie-eksamen skryf, kan Rouxlyn Botha se gratis oefenvraestel en memorandum jou help. Een van die vrae is om na hierdie prent te kyk en te beantwoord watter van die volgende stelsels van wiele en asse gebruikmaak. Laat die wiele rol – eers in die rigting van goeie punte, en dan na jou vakansiebestemming toe!
Persverklaring: Freek Robinson tree finaal uit die aktiewe joernalistiek
2025-11-24In die besonder wil hy dankie sê aan derduisende kykers, luisteraars en lesers vir dekades se ondersteuning en bereidwilligheid om hul stories met hom te deel. Selfs nou nog sal mense hom voorkeer om te groet en praatjies te maak.
Press Release: Early-bird registration for Amazwi’s Literature Heritage Ecology Conference
2025-11-24The early bird gets the coffee and the doughnuts!
Graad 7: Wiskunde-vraestel 2 en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-23As jy in graad 7 is, weet jy hoërskool is net om die hoek ... of eerder: net om die draai. In hierdie gratis Meetkunde-vraestel deur Wilhelm du Toit, gaan jy baie van hoeke leer. Daar is ook baie ander oefenvoorbeelde. Laai die vraestel en memorandum af en behaal goeie punte in jou laaste Wiskunde-eksamen in die laerskool!
Graad 10: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
2025-11-23Is jy in graad 10 en skryf jy nog binnekort Afrikaans Eerste Addisionele Taal-eksamen? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af om jou werk te oefen. Een van die oefenvoorbeelde in die vraestel kom uit Faeed se jeugboek wat onlangs verskyn het, Life is ’n biets.
