Persverklaring: Stories onnerie DAK by KKNK 2026

  • 0

3 April (16:30) & 4 April 2026 (12:30) in kykNET Leefarea

Stories Onnerie DAK is ’n unieke één-volle-uur-ervaring vir storie-liefhebbers! In dié aanbieding het die gehoor net soveel sê as die vertellers op die verhoog! Die gehoor gooi woorde na twee spanne vertellers (van 2 lede elk) wat dan ’n storie uit dié woord moet bou en vertel!

Soos regte kokke, sal kluitjies gebak word. Daar sal selfs gepoog word om nie spek te skiet nie, maar die gehoor sommer met die hele vark te gooi!

Gesoute vertellers soos Poem Mooney, Elias P Nel, Andre Boezak, en Willem Fransman Jr tree op. Karin Daniels is die hoofkok (wat die bevele gaan uitroep) en Danie van Wyk (Tydhouer), tree ook as die twee proëers (beoordelaars) op!

Die "houtlepel" kry nuwe betekenis wanneer die wenspan die sjef’s-mussie oor die verloorders se oë gaan trek.

Hier is nog inligting om die gesprekke gratis by te woon.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top