Persverklaring: Pretdag vir Paasfees by Taalmonument / Easter fun day at Taalmonument

  • 0

Prent: Canva

Speelparke, speletjies, geskenke en pieknieks om almal gelukkig te hou!

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi families hartlik uit na ’n heerlike Paasfees-pretdag op Saterdag 4 April 2026 op die pragtige Paarlberg wat tans in die allermooiste herfskleure getooi is.

Terwyl ouers en vriende die unieke atmosfeer, uitstallings en uitsigte by die monument inadem, kan die jonges hope plesier te wagte wees danksy verskeie speletjies, skeppende aktiwiteite en spesiale gratis bederfpakkies. Boonop is daar groot inheemse tuine en sagte grasperke met speelparke wat die laaste kinderenergie sal absorbeer.

Gaste is welkom om hul eie spys en drank (geen glas/vure toegelaat) te bring. Gratis, veilige parkering is beskikbaar. Die geleentheid is vanaf 09:00 tot 13:00, maar die terrein bly oop tot 17:00.

R40 per volwassene | R60 per kind

Easter fun day at Taalmonument

Playgrounds, games, gifts and picnics to keep everyone happy!

The Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) cordially invites families to a wonderful Easter fun day on Saturday, 4 April 2026, on the beautiful Paarl Mountain, which is currently adorned in the loveliest autumn colours.

While parents and friends breathe in the unique atmosphere, exhibitions and views at the monument, the youngsters can expect loads of fun thanks to various games, creative activities and special free gift boxes. In addition, there are large indigenous gardens and soft lawns with playgrounds that will absorb the last of the children's energy.

Guests are welcome to bring their own food and drinks (no glass/fires allowed). Free, secure parking is available. The event is from 09:00 to 13:00, but the grounds remain open until 17:00.

R40 per adult | R60 per child

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top