LitNet

LitNet

Gewildste plasings op LitNet: 29 Oktober tot 4 November 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-11-05

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 29 Oktober tot 4 November 2025.

Persverklaring: Prestasieprys van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar 

LitNet NeerlandiNet 2025-11-05

Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasieprys van R100 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, naamlik om die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin te bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.

Persverklaring: RSG Radioteater se Daar leef mense daar, ’n huldeblyk aan Athol Fugard

LitNet Leefstyl 2025-11-04

Daar leef mense daar deur Athol Fugard word op 6 November om 20:00 op RSG en op rsg.co.za uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op rsg.co.za as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Pasverskyn: Klein woordeboek / Little dictionary (Pharos)

LitNet Boeke en skrywers 2025-11-04

Hierdie tweetalige woordeboek (Afrikaans-Engels | Engels-Afrikaans) is ’n splinternuwe, kompakte naslaanwerk wat ontwerp is vir vinnige toegang tot hedendaagse taalgebruik. Taalleiding sluit lettergreepverdeling, woordsoorte, verbuigings en genommerde vertalings in.

Persverklaring: Erfenisstigting en Akademia ontsluit saam kennisskatkis

LitNet Akademies en skole 2025-11-04

Die samewerkingsooreenkoms beteken dat Akademia se nuwe akademiese programme – veral in geskiedenis en verwante studierigtings – nou regstreeks by hierdie unieke hulpbronne kan baat vind. Vir studente en dosente ontsluit dit ’n ryk, geïntegreerde navorsingsomgewing waar teorie en oorspronklike materiaal mekaar aanvul.

Graad 9: Natuurwetenskappe-vraestel en memorandum, derde en vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-04

Is jy in graad 9 en het jy krag vir die eksamen? Van krag gepraat: In hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Rouxlyn Botha is daar oefeninge oor elektrisiteit en stroombane – en die res van die werk wat jy vir jou eksamen moet hersien. Begin sommer nou voorberei en daar sal vir jou ’n lig opgaan sodat jy die werk beter sal verstaan!

Uitnodiging: FilosofieKafee – Die enigmatiese verbintenis van die romankuns en die filosofie

LitNet Menings 2025-11-04

Alle belangstellendes word uitgenooi na die laaste FilosofieKafee-gesprek van 2025 op Vrydag 7 November in Wellington. Charl-Pierre Naudé is die spreker.

Graad 11: Wiskunde-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-03

Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Dan moet jy gou uitwerk wat die waarskynlikheid is dat Leslie en sy vriende vandag gaan fliek en of hulle eerder gaan branderplankry. Daar is ook nog meer oefenvoorbeelde in hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld. Werk die vraestel uit en vaar goed in jou Wiskunde-eksamen! Binnekort is dit vakansie.

Graad 7: Wiskunde-oefenvraestel 1 en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-10-31

Is jy in graad 7 en gee Algebra jou ’n allemintige hoofpyn? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memo deur Wilhelm du Toit af en oefen die voorbeelde totdat jy dit regkry! Van ag nee tot A plus!

Wiskunde: Graad 10-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-10-31

Is jy in graad 10 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Jy kan gerus hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai en saam met Jan, in die voorbeeldsom, uitwerk wat die koste is van ’n skootrekenaar wat hy vir skool benodig. Daar is natuurlik ook baie ander oefenvoorbeelde. Voorspoed met die voorbereiding!

Persverklaring: Joalette vat weer die pad met haar potjie deur Namibië

LitNet kykNET Portaal 2025-10-31

Ná ’n geurige eerste seisoen is Op pad met my potjie terug vir nog heerlike avonture vanaf Vrydag 28 November 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) – en dié keer verken Joalette de Villiers ander dele van Namibië. Sy reis verder en dieper die land in om nog meer unieke gemeenskappe, plekke en potjies te ontdek.

LitNet: Daar was al ’n brand hier

LitNet Nuusbrief 2025-10-30

LitNet: Daar was al ’n brand hier

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordtrofees-benoemings 2025 "van indrukwekkende gehalte"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-29

Die benoemings vir die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir 2025 is bekend. Die wenners word op 13 November by ’n geleentheid in die Endlersaal op Stellenbosch vereer.

New from Naledi: Don’t start… Buy! (e-book) by Jade W Blake

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-29

Don’t start… Buy! flips the script on entrepreneurship, offering a bold and practical alternative to the high-risk world of startups. With over 1 million businesses in South Africa set to change hands in the next decade, this book reveals how you can seize the opportunity to acquire an established, cash-flowing business and start earning from day one.

Nuut by Naledi: Uilvlug in die skemer deur Anton A van Niekerk

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-29

Idees is die bloedsomloop van beskaafde samelewing. Idees is daardie denkmiddele waarmee ons interpreterend probeer sin maak van die wêreld van ons ervaring. Anton van Niekerk, bekende filosoof van Stellenbosch, se rubrieke, wat in hierdie bundel versamel word, begelei sy lesers in sy eie volhardende soeke na sin, maar deins nie terug vir onkonvensionele en kontroversiële gesigspunte wat hy deurentyd aan die orde stel nie.

Top