
Doller as kopaf bied ’n knipoog-kykie na die doen en late van ’n groep afgetredenes in ’n luukse, maar uiters saai, aftreeoord. Freek se pretprojek – geloods teen die advies van sy vriende, die bek-af Dawid en die skatryk alleenloper, Hardus, in – beloof om dinge bietjie op te kikker en om vooropgestelde idees te beproef.

