LitNet

LitNet

Wil jy kaartjies wen? Impetus-teatertoneelgroep bring Koebaai ou Koba na die planke

LitNet Teater 2025-11-17

Die Impetus-teatertoneelgroep nooi gehore uit om hul lagspiere gereed te kry vir die skreeusnaakse klug Koebaai ou Koba wat van 20 tot 22 November by Impetus Teater opgevoer word. Jy kan dalkies twee kaartjies wen!

LitNet: Afrikaner, Afrikaan, Afrikaans

LitNet Nuusbrief 2025-11-14

LitNet: Afrikaner, Afrikaan, Afrikaans

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-11-14

Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Hier’s ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld om jou werk mee te oefen.

Toyota Stellenbosch Woordfees-persverklaring: Woordtrofees-wenners vir 2025 bekend

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-14

Die wenners van die Woordtrofees vir 2025 is op 13 November tydens ’n toekenningsgeleentheid in die US Konservatorium op Stellenbosch bekroon.

Persverklaring: Suidooster is 10: "Shukran, my darling" vir ’n dekade van drama, deernis en dapperheid

LitNet Leefstyl 2025-11-13

Op 16 November vanjaar vier een van Suid-Afrika se gewildste en baanbrekersepies ’n volle tien jaar van topgehaltevermaak op die kassie. Wie sou destyds kon raai dat die karakters van hierdie sepie wat so eg Kaaps is, so ongelooflik diep in kykers se harte sou kruip?

Persverklaring: RSG Radioteater se Desembersterre deur Helena Hugo

LitNet Leefstyl 2025-11-13

Desembersterre deur Helena Hugo met Lizelle Pike, Dihan Keun, Botha Enslin, Mia-Anne O’Kennedy, Sean Brebnor en Rian Terblanche in die rolverdeling. Estel de Beer het die regie behartig. Skakel in op 13 November om 20:00 op RSG of rsg.co.za. Beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Nuut by Human & Rousseau: Skorpio deur Deon Meyer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-11-13

Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het ... was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind ...

Nuut by Hemel en See: Die ongelukkige en treurige verhaal van die skip die Gouden Buys, 1693

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-11-13

In Mei 1693 monster Lourens Thijszoon Vijselaar en Daniël Silleman in Nederland aan op die VOC-skip die Gouden Buys. Nog voordat die kus van Suidelike Afrika op die horison verskyn, was byna die hele bemanning van 190 al oorlede aan skeurbuik en ander siektes. Vijselaar en Silleman het aan land gegaan om hulp te soek. Ná driehonderd jaar kon daar in argiewe en museums nog heelwat tasbare bewyse opgespoor word om die oorspronklike verhaal mee aan te vul en die rampspoedige reis van die Gouden Buys vir die hedendaagse leser verder tot lewe te wek. Die teks van die eerste druk is vir hierdie uitgawe in Afrikaans vertaal en voorsien van aanvullings, woordverklarings, aantekeninge en illustrasies.

Nuut by Best Books: Huisgenoot: Het jy geweet?

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-11-13

Het jy geweet dat sebras eintlik swart met wit strepe is? Dat die Bloukransbrug die hoogste brug in Afrika is? Of dat Tafelberg miljoene jare gelede die bodem van ’n vallei was? ’n Versameling onderwerpe uit Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks is nou vir die eerste keer beskikbaar. Verstommende feite en infografika sal help om nuuskierige kinders te kweek en volwassenes opnuut laat besef hoe min hulle eintlik oor Suid-Afrika en die fassinerende wêreld om ons weet.

Pasverskyn: 30 minute: Suid-Afrikaanse lugbraaierkookboek deur Louisa Holst

LitNet Boeke en skrywers 2025-11-13

Topverkoper Louisa Holst is terug met nog ’n treffer propvol watertandgeregte, wat in ’n japtrap in jou lugbraaier gemaak kan word. Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeño-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan – onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.

Persverklaring: Kwena Music gee met vennoot- en borgskap groot hupstoot aan Crescendo se gesogte mentorskapprogram

LitNet ATKV-Portaal 2025-11-13

Met net minder as twee maande oor word aspirantliedjieskrywers nou aangemoedig om hul oorspronklike liedjies in te skryf vir oorweging vir deelname aan die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram 2026.

Gewildste plasings op LitNet: 5 tot 11 November 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-11-12

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 5 tot 11 November 2025.

Persverklaring: Ingrid Jonker kom eindelik huis toe

LitNet Boeke en skrywers 2025-11-07

Uiteindelik het SASNEV die inisiatief oorgeneem, die onderhandelinge afgerond en danksy ’n bereidwillige skenker die veilige vervoer van dié argief befonds.

LitNet: Winternag

LitNet Nuusbrief 2025-11-07

LitNet: Winternag

Persverklaring en uitnodiging: Voorleggings ingewag vir Jan Rabie-Rapportprys 2026

LitNet Boeke en skrywers 2025-11-06

Uitgewers word uitgenooi om boeke in te skryf vir die Jan Rabie-Rapportprys 2026 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die prys maak deel uit van die Netwerk24 kykNET Rapport-boekpryse en word jaarliks toegeken.

Top