Persverklaring: Heritage Travel Magazine-gedigkompetisie 2026

  • 0

Heritage Travel Magazine se gedigkompetisie bied weer ’n geleentheid om ’n gepubliseerde digter te word. Die gedigkompetisie het oor die jare vele mense geraak, inspireer en gemotiveer om hulle gedigte die lig te laat sien, en moedig mense aan om aan te hou skryf. Gemeenskappe wat gedigte in hul harte dra, is ’n gesonde gemeenskap. Ons bring hulde aan die Suidoosterfees en ander feeste. Die kompetisie het twee temas: “Feeste” en “Suidoosterfees”. Dit is ter ere van die Suidoosterfees se 23ste jaar.

Die kompetisie is gratis vir almal 23 jaar en jonger.

Dit is ’n goue geleentheid om in te skryf en gepubliseer te word.

Die wenner kry ook ’n jaar se intekening van Heritage Travel Magazine. Die wengedig word in die tydskrif publiseer en eervolle vermeldings sal ook gepubliseer word. Volg ons op Facebook, TikTok, Instagram en bly op hoogte.

Dit kos (vir mense ouers as 23) R50 om in te skryf. Tot drie gediginskrywings kan gestuur word na heritrav1@gmail.com of Whatsapp 0615496102 saam met bewys van betaling en jou gedigte.

Die kompetisie sluit 15 April 2026.

Betaal hier:
FNB, rekeningnommer: 63121793293
Takkode: 250655
Verwysing: Gedig en naam

Reëls:

  • Gedigte mag nie langer as 33 lyne wees nie
  • Die kompetisie het 2 temas:
    • Feeste
    • Suidoosterfees
  • Kompetisie sluit 15 April 2026
  • Almal mag deelneem, van enige plek in die wêreld.
  • Gedigte kan in Afrikaans en Engels geskryf word.

Voorwaardes:

  • Die uitgewers se besluit is finaal.
  • Pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Die uitgewers behou die reg om ‘n gedig te publiseer of nie.
  • Die inskrywingsfooi is kan nie terugbetaal word nie.
  • Deur in te skryf gee die digter toestemming vir hul gedig om gepubliseer te word, deur keuring te gaan, vir hul gedig om verander te word.
  • Gedigte kan per epos of WhatsApp ingeskryf word.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top