Nuut by Human & Rousseau: Volmaan in Baviaanskloof deur Jeanette Stals

  • 0

Fransien Theron, ’n jong kunstenaar, se lewe stort in duie wanneer haar man besluit om twee jaar ná hul babaseun se dood van haar te skei. Sy vlug na ’n afgesonderde kothuis in die Baviaanskloof, waar sy beplan om ’n einde aan alles te maak. Maar eers wil sy met volmaan bo-op die berg kom en vir oulaas gelukkiger tye herroep.

Die oggend van volmaan begin Fransien haar tog na die berg se kruin en onder die waaksame blik van die maan gebeur iets wat Fransien se lewe onherroeplik verander. 

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top