Uitnodiging: 54ste JBM Hertzoggedenklesing
2025-10-06Die 54ste JBM Hertzoggedenklesing vind op 22 Oktober in Pretoria plaas. Suléne Pilon, voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie, is die gasspreker. Die lesing sal ook regstreeks op die SA Akademie se YouTube-kanaal beskikbaar wees.
Persverklaring: ’n Huldeblyk, herdenkings en vermaak in RSG se tweede Radioteaterseisoen
2025-10-02RSG se tweede Radioteaterseisoen duur vanaf 2 Oktober tot 25 Desember. Luisteraars gaan bederf word met kreatiewe, oorspronklike tekste, iets uit die argief en ’n geskiedkundige heropname. Radioteater word elke Donderdagaand om 20:00 uitgesaai.
Persverklaring: Foxwoodfees 2025
2025-10-02Die Foxwoodfees vier in Oktober sy 11de jaarlikse Oktober-aanbieding van die werk van Suid-Afrikaanse kunstenaars. Die fees vind 24 Oktober tot 2 November 2025 in Johannesburg plaas.
Afrikaans Huistaal: Graad 8-vraestelle en memoranda, derde kwartaal
2025-10-02Is jy in graad 8 en hou jy van sokkie en dans? LitNet kan jou help om vir Afrikaans Huistaal voor te berei en sommer ook lekker stories te lees van ander graad 8-leerders wat ook hou van dans. Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda gratis hier af.
Persverklaring: RSG Radioteater bied aan Die besoeker, Donderdag 2 Oktober om 20:00
2025-10-01Skakel in op RSG op 2 Oktober om 20:00 om na Die besoeker, ’n nuwe radiodrama deur Herman Cronjé, te luister.
Gewildste plasings op LitNet: 24 tot 30 September 2025
2025-10-01Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 24 tot 30 September 2025.
Nuut by Tafelberg: Met ander woorde deur Wilna Adriaanse
2025-09-30Toe Kristina een aand vermis raak nadat sy gaan draf het, bel haar huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure teen die berg. Sy kan nie onthou wat met haar gebeur het nie; daar is ook geen verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy ondergaan het nie. Ten einde raad word die hulp van psigiater Ben Krige ingeroep.
Press release: Zimbabwean writer NoViolet Bulawayo wins the 2025 Best of Caine Award
2025-09-29The Caine Prize for African Writing is delighted to announce that Zimbabwean writer NoViolet Bulawayo has been awarded the 2025 Best of Caine Award for her short story, "Hitting Budapest". Marking the Prize’s 25th anniversary, the Best of Caine Award is an honorary prize celebrating the most outstanding winning story from the Prize’s 25 year history.
Persverklaring: Versevlei – ’n eietydse middagvervolgverhaal op RSG
2025-09-29Versevlei is ’n oorspronklike middagvervolgverhaal wat vanaf 29 September, elke weeksdag om 14:45 uitgesaai word.
Persverklaring: Netwerk24 kykNET Rapport-pryse 2025
2025-09-27"Trantraal en Africa is twee van die sewe pryswenners wat Saterdagaand 27 September 2025 op ’n glansfunksie by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad bekroon is vir skryfwerk wat gedurende 2024 verskyn het. Altesaam vyf boekpryse en twee resensiepryse met ’n totale prysgeld van R1,4 miljoen was op die spel."
Uitnodiging: Die bekendstelling van Windvogel en Cupido deur De Graaff en Grootscholten
2025-09-26Die bekendstelling van Windvogel en Cupido: Die herkoms en betekenis van Nederlandsklinkende Khoisan-vanne in Suid-Afrika deur Bart de Graaff en Miriam Grootscholten vind op 25 Oktober plaas.
Wiskunde: Graad 9-vraestel en memo, derde kwartaal
2025-09-25As jy in graad 9 is, het jy al met koördinate te doen gehad. Hierdie gratis Wiskundevraestel en memorandum sal jou help om voorbeeldsomme daarvan te oefen – en ook ander somme om jou vir hierdie kwartaal se toets voor te berei. Laai die vraestel en memorandum af, en bemeester die werk!
