New from Tafelberg: Confessor Cop: The detective who persuaded killers to talk by Jonathan Morris and Michael Behr
2025-08-27Captain Jonathan Morris, the Confessor Cop, used empathy to extract confessions from even the toughest criminals. With a 99% success rate, his cases, from catching serial killer Jimmy Maketta to investigating the Sizzler’s Massacre, earned him the respect of prosecutors and profilers. In this memoir, Michael Behr explores Morris’s high-profile investigations and personal struggles, revealing the man behind the badge in a gripping blend of true crime and personal story.
Nuut by Naledi: die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman
2025-08-27In die helfte is jou nie vertel nie verken Thérèse beide die noodsaaklikheid én beperkings van die geskrewe woord. Sy keer terug na die orale, klankryke tradisie van poësie – veral as dit gaan oor die ervarings van mense wat nie kon lees of skryf nie, of wat deur die gemeenskap stemloos gelaat is. Daarom het Thérèse met Jitsvinger saamgewerk om "klankbane" te skep vir elf van haar gedigte.
Pasverskyn: My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver
2025-08-27Toe COVID-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om van die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis.
Persverklaring: Ingrid Jonker-pryswenner 2025
2025-08-27Die wenner van die Ingrid Jonker-prys is pas aangekondig.
Afrikaans Huistaal: Graad 9-vraestel en memorandum, derde kwartaal
2025-08-27Is jy in graad 9 en moeg vir die lewe in die stad, lok jou die wandelpad? Moenie in die versoeking wees om nou te gaan voetslaan nie. Wag vir die vakansie. Stap nou eerder na hierdie gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel deur Cecilia Klopper en berei voor vir jou toetsreeks hierdie kwartaal. Daar is baie lekker leesoefeninge oor staproetes wat jou brein goeie oefening sal laat doen.
Persverklaring: Hoërskool Dramafees-wenners in Kaapstad aangekondig
2025-08-27Die Hoërskool Dramafees, aangebied deur Artscape en Suidoosterfees van 18 tot 22 Augustus 2025, is met groot sukses afgesluit. Tien skole het gedurende die feesweek in Kaapstad meegeding en produksies van uitstaande gehalte gelewer.
Gewildste plasings op LitNet: 20 tot 26 Augustus 2025
2025-08-27Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 20 tot 26 Augustus 2025.
Wiskunde 2: Graad 12-vraestel en memorandum, derde kwartaal
2025-08-25Is jy in matriek en voel jy of jy moet meet en pas om elke dag genoeg ure tot jou beskikking te hê om vir jou rekordeksamen voor te berei? Lee-Ann Langeveld se Meetkunde-vraestel en memorandum kan jou met jou voorbereiding help. Klik hier om dit gratis af te laai.
Wiskunde 1: Graad 12-vraestel en memorandum, derde kwartaal
2025-08-25As jy vanjaar in matriek is, het LitNet ’n voorstel vir wat jy in jou vryetyd kan doen. Jy kan Lee-Ann Langeveld se Wiskunde-vraestel gratis hier aflaai en voorberei vir jou rekordeksamen! Die memorandum sal jou help sien of jy op die regte spoor is. Een van haar voorbeeldsomme handel juis oor jongmense en hul vryetydsbesteding. Voorspoed met die voorbereiding.
Uitnodiging: Bekendstelling van Kwaailappies deur Ronel van Oort, 23 Augustus 2025, Oude Leeskamer
2025-08-20Jy is genooi na die boekbekendstelling van Kwaailappies: ’n Storie van Afrikaans se komvandaan deur Ronel van Oort op Saterdag 23 Augustus in Jannie se Leeskamer by Oude Leeskamer in Stellenbosch. Kom ontmoet Ronel van Oort in gesprek met Magdel Vorster, hoor die stories agter die stories, en vier saam in die ryk erfenis van Afrikaans.
Gewildste plasings op LitNet: 13 tot 19 Augustus 2025
2025-08-20Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 13 tot 19 Augustus 2025.
Nuut by Tafelberg: Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman
2025-08-20Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven ... Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.
Nuut by Lapa: Lara se nare prinseshare deur Fanie Viljoen
2025-08-20"Jou nuwe haarstyl vang vlieë!" sê Ronita Snotnagel. Lara Winters is baie opgewonde. Vandag gaan sy haar hare by die gewilde Gilda Glinster sny. Lara ontwerp sommer self haar haarstyl. Oe, sy gaan soos ’n prinses lyk! Maar dan gaan iets verkeerd. En Lara kry die aakligste haarstyl ooit. Jip, een wat regtig vlieë vang. Hoe kon dit so verkeerd loop? Hoekom het sy nare prinseshare gekry? Net Ronita Snotnagel weet ...
Nuut by Naledi: Alles van waarde is weerloos deur Melanie Grobler
2025-08-20Alles van waarde is weerloos is die bekroonde digter Melanie Grobler se vyfde digbundel. In haar kenmerkende liriese en beeldryke digterstem word die temas van tyd, verganklikheid, verlies en vernuwing wat ook in haar vorige werk ondersoek word, verder verdiep. In hierdie bundel fokus sy veral op gedigte oor die heengaan van haar lewensmaat.
