New from Tafelberg: When the world was by Pippa Skotnes
2025-09-02In the beginning before time began, the world was alive with possibilities. Animals were people, people could command the wind and the rain, and the sun had the power of speech. Many languages were spoken and stories, carried by the breath of those who spoke them, floated on the wind. But then things changed and the world lost its magic. This book tells a story of wonder and loss and the possibility of redemption.
Nuut by Lux Verbi: Paris, ’n prinses met ’n missie deur Demi-Leigh Tebow
2025-09-02Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.
Nuut by Human & Rousseau: Tjoppie se sussie deur Liz de Villiers
2025-09-02Tjoppie is baie opgewonde – maar ook ’n bietjie op sy senuwees – om ’n nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik oopgaan, sien Tjoppie ’n oulike klein hondjie met ’n pienk rokkie aan. Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.
Nuut by Human & Rousseau: Hondman 6: Wild en woes deur Div Pilkey
2025-09-02Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewêreld vind?
Pasverskyn: Klein konings deur Theo Kemp
2025-09-02Pixley, afkomstig van die Zoeloe-adelstand, en Joubert, glo van sy betoorgrootmoeder se kant ’n afstammeling van generaal Piet Joubert, se paaie kruis toe Minister hulle die opdrag gee om ou standbeelde en monumente in die land te besoek en te evalueer. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle reis op soek na ’n geskiedenis waarvan sommige eerder wil vergeet, kom talle spoke uit hulle persoonlike verlede na vore.
Persverklaring: Teksmark vier tien jaar van nuwe teatertekste
2025-09-02Teksmark, die KKNK se teksontwikkelingsprojek, vier op Donderdag 4 en Vrydag 5 September ’n dekade van unieke stories. Gehore wat Teksmark in die Baxter Studio by die Baxter-teatersentrum bywoon, kan uitsien na kreatiewe teksidees van Nicola Hanekom, Saartjie Botha, Willem Anker, Tertius Kapp, Veronique Jephtas, Nico Scheepers, Jason Jacobs en Devon Delmar, Carla Smith, Amee Lekas en Wilken Calitz.
Gespierde Afrikaans
2025-09-02Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
Uitnodiging: FilosofieKafee – Wat kan Machiavelli ons leer oor ekonomiese oorlog?
2025-09-01Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 5 September in Wellington. Raenette Gottardo (voorheen Taljaard) en Lydia von Wielligh-Steyn sal in gesprek wees.
Invitation: Amazwi Heritage Carnival
2025-09-01Amazwi is hosting its annual Heritage Carnival on 20 September, in celebration of Heritage Day.
Invitation: Amazwi 2026 Literature Heritage Ecology Conference
2025-09-01The conference theme is "People and other animals". Registration and the submission of abstracts can be done at the links provided.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2025-09-01Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Afrikaans Huistaal-toets as deel van jou toetsreeks? Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestel en memorandum gratis hier af. Een van die leesvoorbeelde handel oor ’n meisie wat so mooi soos ’n voëltjie sing. Jy sal ook sommer ’n vrolike lentelied sing as jy hierdie kwartaal jou rapportpunte sien!
Uitnodiging: Merang en sang, ’n fees vir Afrikaans as inklusiewe taal
2025-08-28Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap (UNISA) nooi jou hartlik uit na ’n spesiale aand van poësie, gesprek en musiek.
Nuut by Lapa: Die dertiende dag in Chengdu deur De Wet Hugo
2025-08-27Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal ’n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en legendes?
