
Foto van SP Benjamin: verskaf
Robert Balfour, rektor en vise-kanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), kondig met trots aan dat die Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs vir 2026 aan SP Benjamin toegeken is. Hierdie beurs is gevestig uit ’n bemaking van wyle Marjorie Wallace ter bevordering van kreatiewe skryfwerk in Afrikaans.
"Sedert die eerste toekenning in 2010, is die Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs die grootste beurs in Suid-Afrika vir die bevordering van skeppende skryfwerk. Dit dra kragtige getuienis van Jan Rabie en Marjorie Wallace se volgehoue visie om gehalte Afrikaanse kreatiewe werk te ondersteun. Die universiteit, saam met die skrywers, is trots op die erkenning en pryse wat talle van die publikasies wat uit hierdie beurs voortgespruit het, reeds ontvang het," sê Balfour.
Hy spreek ook sy waardering uit teenoor die fondsbestuurder en die Jan Rabie en Marjorie Wallace-bestuurskomitee vir die verantwoordelike en vooruitdenkende bestuur van die bemaking, wat jaarlikse inflasie-verwante aanpassings aan die beurs moontlik maak. "Dit stel UWK in staat om gestalte te gee aan Wallace se wens om vir skrywers die nodige tyd en ruimte te skep om te skryf — vry van die bekommernis om ’n inkomste te genereer."
’n Beurskomitee, bestaande uit kundiges in die skrywerswêreld, het eenparig SP Benjamin se aansoek aanbeveel. Die komitee het 31 projekvoorstelle oorweeg en beskryf die gehalte van inskrywings as "besonder indrukwekkend in omvang, kwaliteit en opsigtelike talent".
Volgens die Beurskomitee het die voorgestelde temas nuwe gronde betree en gewissel van merkwaardige, maar vergete geskiedkundige gebeurtenisse; verskeie fases van vrouwees; spioenasie en satire; tot randfigure soos sekswerkers en gevangenes wat met hulle komplekse verlede worstel. Die kandidate het gewissel van debuutskrywers tot Hertzogpryswenners. Die komitee beklemtoon dat die groot aantal sterk inskrywings duidelik toon dat die behoefte aan groter ondersteuning vir skrywers toeneem en dat daar "potensiaal is vir die letterkunde om ’n buitengewone springlewendige hoogbloei te beleef".
SP Benjamin se voorgestelde roman fokus op ’n ongewone, verrassende tema en ontgin op unieke wyse die interpersoonlike verhoudings tussen mense uit uiteenlopende agtergronde. Hy beskryf homself as ’n skrywer wat nog altyd kategorisering en voorspelbaarheid weerstaan het, en wat onderwerpe aanpak wat ander skrywers óf vermy óf met groot versigtigheid benader. Benjamin is bekend as ’n vreeslose, vernuwende stem in die Afrikaanse letterkunde, en uiteindelik was dit hierdie oorspronklikheid wat die beoordelaars oortuig het om sy voorstel bo die talle ander verdienstelike inskrywings te bekroon.
ENGLISH
Robert Balfour, Rector and Vice-Chancellor of the University of the Western Cape (UWC), is pleased to announce that the Jan Rabie & Marjorie Wallace Writers’ Bursary for 2026 has been awarded to SP Benjamin. The bursary was established through a bequest from the late Marjorie Wallace to support creative writing in Afrikaans.
"Since its first award in 2010, the Jan Rabie and Marjorie Wallace Writers’ Bursary has been the largest bursary in South Africa dedicated to the promotion of creative writing. It stands as powerful testimony to Jan Rabie and Marjorie Wallace’s enduring vision to support high-quality creative work in Afrikaans. The University, together with the writers, is proud of the recognition and prizes that so many of the publications produced through this bursary have already received," says Balfour.
He also expressed his appreciation to the fund manager and the Jan Rabie and Marjorie Wallace Steering Committee for their responsible and forward-looking management of the bequest, which makes annual inflation-related adjustments to the bursary possible. "This enables UWC to fulfil Wallace’s wish to provide writers with the necessary time and space to write — free from the worry of generating an income."
A bursary committee consisting of experts in the literary field unanimously recommended SP Benjamin’s application. The committee reviewed 31 project proposals and described the overall quality of submissions as "highly impressive in scope, quality, and conspicuous talent".
According to the committee, the themes proposed by applicants broke new ground, ranging from remarkable but forgotten historical events, various phases of womanhood, espionage and satire, to marginalised figures such as sex workers and prisoners grappling with complex pasts. Candidates ranged from debut authors to recipients of the prestigious Hertzog Prize. The committee emphasised that the large number of strong submissions clearly shows the growing need for greater support for writers, and that there is "potential for the literature to enter an extraordinarily vibrant period of flourishing".
SP Benjamin’s proposed novel explores an unusual, surprising theme and explores interpersonal relationships among people from diverse backgrounds in a distinctive and original manner. He describes himself as a writer who has always resisted categorisation and predictability, and who engages topics that other writers either avoid or approach with great caution. Benjamin is known as a fearless, innovative voice in Afrikaans literature, and ultimately, it was this originality that convinced the judges to select his proposal above the many other deserving entries.
Lees ook:
Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026: ’n onderhoud met Donovan Lawrence

