Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026: ’n onderhoud met Donovan Lawrence

“[W]at my telkens bemoedig, is dat geen goeie idee ooit verlore gaan nie – baie van die skrywers wat nie die beurs ontvang het nie, gaan later tog voort om hul projekte te voltooi en te publiseer. Die beurs dra dus nie net by deur die wenner nie, maar deur die kultuur van moontlikheid, geloof en ondersteuning wat dit in die Afrikaanse letterkunde kweek.”