Uitnodiging na die simposium: "Afrikaans – 100 jaar amptelik: verlede, hede, toekoms"
2025-08-15Hiermee inligting oor vanjaar se algemene simposium deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat in hibriede formaat aangebied word. Akademielede en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi om die simposium by te woon.
Gewildste plasings op LitNet: 6 tot 12 Augustus 2025
2025-08-15Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 6 tot 12 Augustus 2025.
Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag is mondig
2025-08-14Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, vier op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met sy 21ste Koop-’n-Afrikaanse-boekdag.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – 2025-finaliste bekend
2025-08-14Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Die 2025-finaliste is nou bekend.
Pasverskyn: Roulette deur Sidney Gilroy
2025-08-12Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak? Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.
Afrikaans Amptelik 100-skolekompetisie-persverklaring: Wys ons hoe Afrikaans julle skool leef!
2025-08-12Dié nasionale kompetisie, wat oop is vir alle skole vanaf 1 Mei tot 15 September 2025, is deel van die landwye vieringe van 100 jaar sedert Afrikaans as amptelike taal erken is.
Writer’s residency: Brussels to Karoo
2025-08-11There are no mentors involved and both emerging and established writers of all genres are invited to apply.
Skrywersresidensie: Brussel tot Karoo
2025-08-11Daar is geen mentors betrokke nie en beide opkomende en gevestigde skrywers van alle genres is welkom om in die toekoms aansoek te doen.
Call for papers: Third annual Amazwi conference on children’s literature
2025-08-11Amazwi South African Museum of Literature invites you to a conference that explores all aspects of children’s literature, from picture books to young adult fiction. The conference brings together authors, illustrators, translators, academics, publishers, teachers, librarians, booksellers, reviewers and all organisations and individuals working to promote or study children’s books, get children reading, and to get books to children.
Persverklaring: ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-semifinaliste 2025 bekend
2025-08-11ATKV-Taalgenoot-Ruk en Rym, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak, het tot 28 Julie inskrywings ontvang en ná ’n rekordgetal – ’n allemintige 93 – musikante hul kuns met die Ruk en Rym-keurders gedeel het, is die 20 semifinaliste van die kompetisie nou bekend.
Persverklaring: Kortlyste van die Netwerk24-kykNET-Rapport-boekpryse bekend
2025-08-10Hier is vanjaar se kortlyste.
Veldsoirée 2026: Hier is die datums.
2025-08-08Teken dit asseblief in jou dagboek aan en bespreek sommer nou reeds jou akkommodasie by die ruimteborge.
Afrikaans EAT: Graad 4-vraestel en memo, derde kwartaal
2025-08-08Is jy in graad 4 en wens jy jy kon eerder ’n roomys eet as om ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel te skryf? Gelukkig is hierdie gratis vraestel en memorandum deur Annelie Botha sommer baie pret. Daar is oefenvoorbeelde wat juis oor roomyse handel. Werk die vraestel uit en proe die soet smaak van sukses as jy hierdie kwartaal goeie punte behaal!
Persverklaring: Die bloei van blomme deur Pirow Bekker
2025-08-07Dit is ’n groot hartseer dat Pirow Bekker, wat onlangs op die rype ouderdom van negentig jaar oorlede is, nooit sy nuutste digbundel, Die bloei van blomme, wat by Naledi verskyn, in sy hande sal kan vashou nie.
