Nuut by Lapa: Afrikanerkind – Boerestories deur Wendy Maartens
2025-07-15Afrikanerkind – Boerestories is ’n versameling ware kinderstories wat die lewens van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel. Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilike omstandighede.
Nuut by Lapa: Suurlemoen! deur Jaco Jacobs
2025-07-15Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin … 1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak. 2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies. 3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie. Ons het al die reëls oortree …
Nuut by Tafelberg: Op die spoorweg: Die storie van ons treine deur David Williams
2025-07-15Op die spoorweg neem lesers mee in Suid-Afrika se lewendige spoorwegerfenis. Ontdek die ingenieurswonderwerke wat die moeilike terreine oorwin het en die lewendige spoorwegdorpe wat gemeenskappe onderhou. Williams skroom nie om die bitter werklikheid van rasseskeiding te bespreek nie. Hy balanseer vaardig die glans van die spoorweë teen die skerp waarhede.
Pasverskyn: Rietspruit deur Johann Lodewyk Marais
2025-07-15Rietspruit is Afrikaans se voorste ekodigter se 15de digbundel. Rietspruit is ’n digterlike herbesoek aan kinderdae met ’n herbeklemtoning van die belangrikheid van die natuur en word as sodanig ’n huldeblyk aan die verweefdheid van ons wêreld.
Invitation: Book launch of Behind prison walls by Edwin Cameron, Rebecca Gore and Sohela Surajpal in Cape Town, 24 July 2025
2025-07-14Khomotso Moshikaro will be in conversation with Edwin Cameron, Rebecca Gore and Sohela Surajpal at the book launch of Behind prison walls: Unlocking a safer South Africa at The Book Lounge in Cape Town on 24 July at 17:30 for 18:00.
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Literatuur is steeds die hart
2025-07-14Die bekroonde digter Bibi Slippers het ’n eklektiese program vir die EasyEquities Skrywersfees saamgestel. Die fees spog vanjaar vir die eerste keer met twee feesdigters. Antjie Krog en Siphokazi Jonas deel vanjaar hierdie posisie van feesdigter.
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Kaartjieverkope is oop!
2025-07-14Die kaartjieverkope vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees is nou oop en jy kan jou kaartjies aanlyn by Quicket koop of by die kaartjiekantoor by die Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. Die gratis gedrukte feesgids is ook nou hier beskikbaar. Te danke aan Aramex kan jy nou die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees se sagtebandfeesgids gratis by jou huis laat aflewer.
Persverklaring: ATKV-tak PEAAT bied aan Ma skryf matriek, ’n skreeusnaakse toneelstuk wat jy moet sien!
2025-07-11Maak gereed vir ’n aand van lekkerlag en familiemanewales wanneer die ATKV-tak, Port Elizabethse Afrikaanse Amateur-toneelvereniging, met trots Ma skryf matriek aanbied, ’n opwindende gemeenskapsteaterproduksie wat ’n hoogtepunt op die plaaslike vermaaklikheidskalender gaan wees.
Persverklaring: Die Hulde aan helde-reeks by die Vrystaat Kunstefees 2025
2025-07-10Kom vier die lewens en bydraes van drie ikoniese figure in Afrikaanse letterkunde en teater: Peter Blum (met Henning Pieterse en Andries Visagie in gesprek), Corlia Fourie (in gesprek met Leana Lategan) en Nico Luwes (in gesprek met Anthea van Jaarsveld) by die ATKV Boeke-oase, UV-kampus, tydens die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein op 15, 17 en 18 Julie 2025.
Nuut by Queillerie: Patmos deur Willem Anker
2025-07-09Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie. Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike "nou" ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.
Gewildste plasings op LitNet: 2 tot 8 Julie 2025
2025-07-09Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 2 tot 8 Julie 2025.
Pasverskyn: Bloedblou deur Jan Vermeulen
2025-07-08Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het.
Uitnodiging: Boekbespreking van Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn – Oude Leeskamer, 23 Julie 2025
2025-07-07Sluit aan by die bekendstelling van Franklin Sonn se indrukwekkende outobiografie, Karooseun van Vosburg, tydens ’n gesprek met Michael le Cordeur by Oude Leeskamer in Stellenbosch op 23 Julie 2025. Die boek vertel van hierdie vryheidsvegter-ikoon se vormingsjare in Queenstown in die Oos-Kaap, ná sy geboorte in Vosburg in die Karoo in 1939. Moenie hierdie merkwaardige geleentheid misloop nie.
