LitNet

LitNet

Nuut by Human & Rousseau: Tjoppie se sussie deur Liz de Villiers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02

Tjoppie is baie opgewonde – maar ook ’n bietjie op sy senuwees – om ’n nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik oopgaan, sien Tjoppie ’n oulike klein hondjie met ’n pienk rokkie aan. Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.  

Nuut by Human & Rousseau: Tjoppie gaan skool toe deur Liz de Villiers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02
Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker. Tjoppie hou baie van skool! 
 

Nuut by Human & Rousseau: Hondman 6: Wild en woes deur Div Pilkey

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02

Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewêreld vind?

Pasverskyn: Klein konings deur Theo Kemp

LitNet Boeke en skrywers 2025-09-02

Pixley, afkomstig van die Zoeloe-adelstand, en Joubert, glo van sy betoorgrootmoeder se kant ’n afstammeling van generaal Piet Joubert, se paaie kruis toe Minister hulle die opdrag gee om ou standbeelde en monumente in die land te besoek en te evalueer. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle reis op soek na ’n geskiedenis waarvan sommige eerder wil vergeet, kom talle spoke uit hulle persoonlike verlede na vore.

Persverklaring: Teksmark vier tien jaar van nuwe teatertekste

LitNet KKNK 2025-09-02

Teksmark, die KKNK se teksontwikkelingsprojek, vier op Donderdag 4 en Vrydag 5 September ’n dekade van unieke stories. Gehore wat Teksmark in die Baxter Studio by die Baxter-teatersentrum bywoon, kan uitsien na kreatiewe teksidees van Nicola Hanekom, Saartjie Botha, Willem Anker, Tertius Kapp, Veronique Jephtas, Nico Scheepers, Jason Jacobs en Devon Delmar, Carla Smith, Amee Lekas en Wilken Calitz.

Gespierde Afrikaans

LitNet Akademies en skole 2025-09-02

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.

Uitnodiging: FilosofieKafee – Wat kan Machiavelli ons leer oor ekonomiese oorlog?

LitNet Menings 2025-09-01

Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 5 September in Wellington. Raenette Gottardo (voorheen Taljaard) en Lydia von Wielligh-Steyn sal in gesprek wees.

Invitation: Amazwi Heritage Carnival

LitNet Books and writers 2025-09-01

Amazwi is hosting its annual Heritage Carnival on 20 September, in celebration of Heritage Day.

Invitation: Amazwi 2026 Literature Heritage Ecology Conference

LitNet Books and writers 2025-09-01

The conference theme is "People and other animals". Registration and the submission of abstracts can be done at the links provided.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-09-01

Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Afrikaans Huistaal-toets as deel van jou toetsreeks? Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestel en memorandum gratis hier af. Een van die leesvoorbeelde handel oor ’n meisie wat so mooi soos ’n voëltjie sing. Jy sal ook sommer ’n vrolike lentelied sing as jy hierdie kwartaal jou rapportpunte sien!

LitNet: Jou fees van woorde

LitNet Nuusbrief 2025-08-30

LitNet: Jou fees van woorde

Uitnodiging: Merang en sang, ’n fees vir Afrikaans as inklusiewe taal

LitNet Boeke en skrywers 2025-08-28

Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap (UNISA) nooi jou hartlik uit na ’n spesiale aand van poësie, gesprek en musiek.

Nuut by Lapa: Die dertiende dag in Chengdu deur De Wet Hugo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-27

Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal ’n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en legendes? 

New from Tafelberg: Confessor Cop: The detective who persuaded killers to talk by Jonathan Morris and Michael Behr

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-27

Captain Jonathan Morris, the Confessor Cop, used empathy to extract confessions from even the toughest criminals. With a 99% success rate, his cases, from catching serial killer Jimmy Maketta to investigating the Sizzler’s Massacre, earned him the respect of prosecutors and profilers. In this memoir, Michael Behr explores Morris’s high-profile investigations and personal struggles, revealing the man behind the badge in a gripping blend of true crime and personal story.

Nuut by Naledi: die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-27

In die helfte is jou nie vertel nie verken Thérèse beide die noodsaaklikheid én beperkings van die geskrewe woord. Sy keer terug na die orale, klankryke tradisie van poësie – veral as dit gaan oor die ervarings van mense wat nie kon lees of skryf nie, of wat deur die gemeenskap stemloos gelaat is. Daarom het Thérèse met Jitsvinger saamgewerk om "klankbane" te skep vir elf van haar gedigte.

Top