LitNet

LitNet

Persverklaring: Tuin van Digters 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-06-30

Waarheen (en hoe) loop die pad vir oud en jonk, ook gevestigde en nuwe digters ná Breyten Breytenbach se heengaan op 24 November 2024 in Parys, Frankryk? Dit is die fokus van vanjaar se Tuin van Digters-poësiefees – met die tema wanatoe – wat op Vrydag 12 en Saterdag 13 September 2025 by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaasvind.

Uitnodiging: Kom vier die lewe van C Johan Bakkes

LitNet Boeke en skrywers 2025-06-30

Vrydag 4 Julie 2025 om 16:00. Deel gerus die uitnodiging, maar RSVP asseblief. Klik vir die nodige inligting.

Uitnodiging: FilosofieKafee – Oorlog in ’n tegnologiese era

LitNet Menings 2025-06-30

Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 4 Julie in Wellington. Pieter Duvenage is die spreker, met Mariana Kruger as medereder.

LitNet: Jou 728 bladsye splinternuwe Afrikaanse akademiese navorsing

LitNet Nuusbrief 2025-06-27

LitNet: Jou 728 bladsye splinternuwe Afrikaanse akademiese navorsing

New from Jonathan Ball: The shortest history of Germany by James Hawes

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-26

With more than 100 maps and images, this is a fresh, concise and entertaining history which since release has sold over 300 000 copies internationally.

Nuut by Naledi: Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotze-Odendaal

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-26

Vir ons vroue maak drie goed saak. Dit bepaal wat jy sien en voel wanneer jy in die spieël kyk. Is jy jou pa se Prinses? Is jou eerste liefde jou ridder op ’n wit perd? Is jou huwelik in die hemel gemaak?

Nuut by Lapa: Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-26

Ek wil teruggaan na twee jaar gelede – toe ek nog net Ethan was. Ethan met die cool broer en ôsim ouers. Ethan wie se ouers Sondagmiddae in die agterplaas gedans het.

Nuut by Lapa: Pampoenpit en die Geheime Helde deur Bianca Flanders

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-26

Pampoenpit word een oggend wakker van ’n geraas. Toe sy en Toets die kat by die venster uitloer, sien hulle mense wat besig is om rommel te verwyder. Die mans en vroue skitter en blink in hul uniforms, soos ware helde. ’n Pragtige storie wat vir kinders wys dat daar Geheime Helde oral in ons wêreld is, mens moet hulle net soek!

Persverklaring: RSG Radioteater se Die Damhuis op Donderdagaand 26 Junie om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-06-25

Toe die kaptein, sy vrou Gesina en twee slawe, Kassien April en ’n jong vrou genaamd Mali, in die laat 1700’s daar aangekom het, was daar nog niks. Net melkbosse.

Press release: The Caine Prize for African Writing announces online editing programme

LitNet Books and writers 2025-06-25

As part of its landmark 25th anniversary celebrations, the Caine Prize for African Writing is pleased to announce the return of its online editing programme.

Gewildste plasings op LitNet: 18 tot 24 Junie 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-06-25

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 18 tot 24 Junie 2025.

Press release: The FW de Klerk Foundation’s Constitutional Rights Conference on achieving an inclusive economy

LitNet Persverklaring 2025-06-25

On the 24th of July 2025, the FW de Klerk Foundation’s Constitutional Rights Conference will focus on achieving an inclusive economy. The following will be discussed: How can we achieve an inclusive economy to make the Constitution a lived reality for all South Africans? More information available here.

Uitnodiging: Digtersaand – Sproeireën en Kantelson

LitNet Boeke en skrywers 2025-06-25

Die FAK nooi jou na ’n besonderse geleentheid op 19 Julie in Stellenbosch waartydens die literêre nalatenskap van Ingrid Jonker en DJ Opperman in woord, vers en klank gevier sal word. Gaste kan uitsien na gedenklesings deur Wium en Dorothea van Zyl, voorlesings deur Carel Trichardt en Petru Wessels, en sang deur Grethe van der Merwe.

Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 10-vraestel en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-24

Is jy in graad 10 en skryf jy binne die volgende paar dae jou laaste Afrikaans Eerste Addisonele Taal-vraestel? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af en maak seker dat jy nie ’n F vir Afrikaans behaal nie. Dis nou tensy die F staan vir "fantasties".

Pasverskyn: Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers

LitNet Boeke en skrywers 2025-06-24

’n Jong man begin werk by ’n apteek in Bloemfontein maar is gou ontnugter deur sy lot. Is werk, eet en slaap al wat die volgende vyftig jaar vir hom voorlê? Wanneer hy afkom op die mistikus Thomas à Kempis se geskrifte, begin hy droom oor ’n asketiese lewe – weg van geldmaak en ambisie. Op die vooraand van sy reis na ’n Franse klooster, ontdek hy hy het ’n oom wat ’n Katolieke priester geword het, en nou woon in Parys. ’n Aangrypende roman oor ’n pelgrimstog na aanvaarding van die self.

Top